{"id":11945,"date":"2012-02-19T17:47:43","date_gmt":"2012-02-19T17:47:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11945"},"modified":"2012-02-19T17:47:43","modified_gmt":"2012-02-19T17:47:43","slug":"sa-leviatan-verslind-11-kiwis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11945","title":{"rendered":"SA Leviatan verslind 11 Kiwi\u2019s"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vir die eerste helfte van vanoggend se T20 kriekettoets het die Nieu-Seelanders soos \u2019n miljoen dollars gelyk en die Proteas soos \u2019n gekreukelde R20-noot. Dis toe dat \u2019n blonde blanke jong Kapenaar, gebou soos \u2019n loskopstut, sy kolf getrek en die veld geneem het. Sestien boulbeurte later was daar van die swierige Swart Pet net rokerige rafels oor. Die Kiwi\u2019s, soos op hierdie webblad voorspel, het nie geweet wanneer om bekommerd, baie bekommerd, te raak nie. Nou weet hulle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle selfversekerdheid was opgepomp deur \u2019n&nbsp; wegtoetsoorwinning oor \u2019n Aussie span wat nog aan bomskok gely het na hulle toer Suid-Afrika toe, en \u2019n afknouery van \u2019n span uit daardie krieketsterfabriek genaamd Zimbabwe. Boonop het hulle Suid-Afrika \u2013 wat aan \u2019n w\u00eareldbekerdroom gestik het \u2013 in hulle laaste EDI-wedstryd uit daardie toernooi geboender. Al wat dit nog geverg het om vir hulle \u2019n&nbsp; algehele oorskatting van hulle eie kolf-en-balvoortreflikhede te gee, was om \u2019n slofvoetende Suid-Afrikaanse span in die eerste T20 \u2019n paar dae gelede te klop. Maar nou is hulle weer herinner aan wat dit is om teen \u2019n regte span te speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AB Div het die loot gewen en die bal aangevra. Suid-Afrika, op soek na \u2019n werkbare beurteindeboulaanval het vir Wayne Parnell in Rusty Theron se plek betrek \u2013 en hulle moet seker nou besef dat d\u00e1\u00e1r nie vreugde te vinde is nie. Die Suid-Afrikaanse boulers het vir Guptill, en later Brendon McCullam met lui balle weerskante van die penne gevoer en die kolwers soos w\u00eareldkloppers laat lyk. Die geheimenis rondom Johan Botha se weglating teen die Sri Lankane het verdiep, want hy was die \u00e9\u00e9n bouler wat raaisels aan die Nieu-Seelandse kolwers gestel het wat hulle nie kon uitwerk nie. Sy variasie en beheer het die kolwers verfonkfaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander boulers het lekkernye aangedra en die kolwers het gevreet, en as daar ooit \u2019n&nbsp; krieketveld is om op baldadig \u2013 verskoning! \u2013 te raak, is dit Seddon Park in Hamilton. Nieu-Seeland maak mos eintlik vir net een sport voorsiening \u2013 rugby, en die Kiwi\u2019s moet voetbalvelde vir krieketwedstryde gebruik. \u2019n Gesmeerde krieketbal trek verder as \u2019n&nbsp; rugbybal wat selfs deur Frans Steyn geskop is. Terwyl die Nieu-Seelanders gehalleluja het oor al die sesse wat hulle slaan, het dit hulle betaam om te onthou dat \u2019n ses haaks van die paaltjies maar net meer as vyftig meter moes trek om \u2019n skaduwee oor die grens te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2019n hero\u00efese gesloegery deur Nieu-Seeland het hulle 173 lopies \u2013 kan dit wees na al daardie gemoker van swak balle oor kort grense? \u2013 ja, 173 lopies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trek die gordyn weg vir die Tweede Bedryf. In stap die bre\u00eb Richard Levi. Die Nieu-Seelanders het \u2019n plan teen hom: Boul vol op die bypen. Dis \u2019n swak plan, swak ge\u00efmplementeer. Levi swaai na alles wat hy sien met al die subtiliteit van \u2019n&nbsp; houtkapper wat \u2019n baie dik boom voor sonsondergang probeer afkap. Sy eerste treffer is \u2019n skramsskoot; die bal ontmoet die kolf op die buiterand \u2013 en skoert oor die grens vir \u2019n ses. Daarna is dit voltreffer na voltreffer en die een bal na die ander word oor die bykantgrens versend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Levi het \u2019n goeie oog, wonderlike tydsberekening, dik gewrigte en kort arms, m.a.w. hy het die presiese bouvorm van \u2019n balslagter. Kort arms gee die kolwer \u2019n kleiner swaairadius, wat beteken hy het net \u2019n snars meer tyd om sy hou aan te pas want die kolf kom net daardie bietjie vinniger op spoed. Omdat die swaairadius kleiner is, is die kolf langer op die onderskeppingsvektor. En so: David Warner van Australi\u00eb; Eoin Morgan van Engeland. En nou, Richard Levi van die Proteas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy was eenvoudig brutaal. Die balle wat nie met die trajek en hoogte van \u2019n&nbsp; re\u00ebnboog oor die grens is nie, het laag en vlammend soos ballistiese missiele oor die tou geskroei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die anderkant het Stem-in-die-Bos Amla met di\u00e9 benadering ge\u00ebksperimenteer en summier gesneuwel toe hy nie die bal oor die binnekring by halfweg kon slaan nie. Wayne Parnell het as mokerman ingestap, \u2019n mooi vier geslaan en toe homself soos \u2019n koeksister geknoop in \u2019n vergeefse poging om terug te kom in sy kolfkampie nadat hy \u2019n&nbsp; woerbal van Nicol tegemoetgehuppel en heeltemal mis geslaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AB de Villiers het ingestap gekom en \u2019n duidelike kolfplan met hom saam gebring: Hy sou Levi die slaanwerk laat doen, homself insout en dan die kastyding oorneem sodra die aanvangskolwer sy stokke verloor. Maar Levi het nie die plan mooi verstaan nie en aangehou om die huls van die bal af te slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al Nieu-Seeland se ruiters en al Nieu-Seeland se manne het saam 9 sesse geslaan; Levi het dertien alles op sy eie gefoeter. Dit is \u2019n nuwe w\u00eareldrekord, drie meer as die verwoede Chris Gayle se beste. Hy het die vinnigste T20-toetshonderdtal in die boeke geskryf \u2013 0-100 in 45 balle. Sy telling van 117 ewenaar die beste ooit, ook van die kolf van Gayle, maar omdat hy nie uit is nie, is hy nou bo-op die piramide.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nare waarheid het seker nou tot selfs die Nieu-Seelanders deurgedring. Hulle kan hulleself verder mislei deur te dink die Proteas is \u2019n span met Levi of niks. Leer sal hulle van vooraf leer van Amla, De Villiers, Morkel, Albie, Botha en selfs Duminy, almal manne wat \u2019n bouloffensief kan aanval met die doel om ernstige skade aan te rig. En wanneer die boulaanval uiteindelik sinchronisasie bereik, sal die Swart Pette \u2019n paar meelbomme of een van hulle&nbsp; rugbyskeidsregters nodig h\u00ea om hond haaraf te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eksterne aanslag op hulle en die interne druk van oorprestasie het die Nieu-Seelanders uiteindelik ingehaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit is hoe kuikenmoord begin.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir die eerste helfte van vanoggend se T20 kriekettoets het die Nieu-Seelanders soos \u2019n miljoen dollars gelyk en die Proteas soos \u2019n gekreukelde R20-noot. Dis toe dat \u2019n blonde blanke jong Kapenaar, gebou soos \u2019n loskopstut, sy kolf getrek en die veld geneem het. Sestien boulbeurte later was daar van die swierige Swart Pet net [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[],"class_list":["post-11945","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c79-krieket"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11945","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11945"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11945\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11945"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11945"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11945"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}