{"id":11944,"date":"2012-02-19T07:32:26","date_gmt":"2012-02-19T07:32:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11944"},"modified":"2012-02-19T07:32:26","modified_gmt":"2012-02-19T07:32:26","slug":"kom-ons-trek-laer-rondom-pieter-mulder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11944","title":{"rendered":"Kom ons trek laer rondom Pieter Mulder"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" width=\"251\" \/>Soos ek in <a href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=491\" data-mce-href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=491\">my vorige rubriek<\/a> te kenne gegee het, het daar begin Februarie iets ongeloofliks gebeur,  toe genl. Johan van der Merwe die Belhar-belydenis se voorstanders met  die waarheid oor die terreuraanslag teen Suid-Afrika in die tagtigerjare  gekonfronteer het. Kort op die hakke daarvan, kom vandeesweek se  verklaring deur dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus dat swartes  in die verlede nooit die hele Suid-Afrika bewoon het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Praag.co.za het reeds Donderdag Mulder se <a href=\"nuus-magazine-402\/afrikaanse-nuus-magazine-401\/11025-gronddebat-moet-oor-feite-handel.html\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/praag.co.za\/nuus-magazine-402\/afrikaanse-nuus-magazine-401\/11025-gronddebat-moet-oor-feite-handel.html\">hele toespraak<\/a> gepubliseer, maar die gewraakte sinne waaroor Zuma, asook Zille se DA  en vandag Mondli Makhanya van die Sunday Times histeries raak, is die  volgende:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">&#8220;&#8216;Africans  in particular&#8217; het nooit in die verlede in die hele Suid-Afrika gewoon  nie. Die Bantoesprekendes het van die ewenaar af afbeweeg terwyl die  wittes van die Kaap af op beweeg het om mekaar by die Keirivier te  ontmoet. Daar is genoeg bewyse dat daar geen Bantoesprekendes in die  Wes-Kaap en Noordwes Kaap gewees het nie. Hierdie gedeeltes beslaan 40%  van Suid-Afrika se oppervlakte.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Volgens  Makhanya het Mulder hiermee &#8220;&#8216;n kru vorm van apartheidsontkenning  gepleeg&#8230; Hy het &#8216;n skerp mes in die maag van swart Suid-Afrikaners  gesteek en een van hul mees pynlike oomblikke weggesmyt.&#8221; Die Sunday  Times het ook in gemengde Engels en Afrikaans vir Pieter Mulder tot  &#8220;mamparra van die week&#8221; verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Oor  die afgelope tyd het die Vryheidsfront en veral dr. Pieter Mulder  heelwat kritiek verduur weens sy adjunkministerspos in die ANC-kabinet,  asook die swak vertoning van die party tydens die munisipale verkiesing  verlede jaar. Feit is egter dat daar nou belangriker kwessies op die  spel is en dat dit tyd is vir die Afrikaner om vir sy regte, sy  geskiedenis, sy taal en sy voortbestaan op te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Dit het tyd geword om die ou Latynse spreuk te volg: <em>unus pro omnibus, omnes pro uno<\/em>, &#8220;een vir almal en almal vir een&#8221;, wat deur Alexandre Dumas in sy boek, <em>Die drie musketiers<\/em>, beroemd gemaak is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Pieter  Mulder het, nes Johan van der Merwe, gepoog om die waarheid oor ons  geskiedenis te praat en daarvoor word hy nou baie sterk aangeval. Want  ons weet dat die ANC hierdie land met propaganda en leuens verower het  en daarom is die party en sy lakeie besonder sensitief vir enige idees  wat dalk &#8216;n alternatiewe siening van ons geskiedenis en politiek mag  skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  goddelike reg van die swartman op grond, wat &#8220;van hom deur die blanke  gesteel is&#8221;, is deur sowel die ANC as Naspers en die DA oor die afgelope  dekade uitgebasuin. Die besonderhede en feite van ons geskiedenis is  eenvoudig verontagsaam en vertrap ter wille van hierdie Marxistiese  weergawe van die Suid-Afrikaanse verlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ons  weet dat die ANC en die SAKP &#8211; ook daardie kommunistiese mummie, Jeremy  Cronin, het vandeesweek oor blanke wreedhede gefulmineer &#8211; &#8220;die  geskiedenis as &#8216;n terrein van stryd&#8221; beskou. Soos George Orwell ges\u00ea  het, &#8220;Hy wat die hede beheer, beheer die verlede. Hy wat die verlede  beheer, beheer die toekoms.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Daarom  is die stryd oor ons geskiedenis wat die afgelope weke deur Johan van  der Merwe en nou deur Pieter Mulder ontketen is, van die uiterste  belang. Vir Mulder het dit moed geverg om man-alleen in die parlement op  te staan en die Bantoesprekers daaraan te herinner dat hulle nooit in  die verlede die hele land beset het nie. Trouens, selfs &#8216;n stad soos  Johannesburg het tot voor die tweede w\u00eareldoorlog &#8216;n blanke meerderheid  gehad en is slegs deur immigrasie tot vandag se Afrika-toestand  verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  Engelse intellektuele met hul voorliefde vir die Marxisme het jare lank  die argument gevoer dat ons Afrikaners die swartes uitgebuit, mishandel  en as&#8217;t ware van hul grond verdryf het. Vandaar die mite dat  Suid-Afrika eers &#8216;n &#8220;swart land&#8221; was wat deur ons, die blanke setlaars,  &#8220;gesteel is&#8221;. Ook Jeremy Cronin se uitspraak vandeesweek in reaksie op  Mulder getuig van die gebruik van emosionele propaganda. Cronin, wat  adjunkminister van vervoer is, het ges\u00ea:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy  ondergrawe sy argument geheel en al wanneer hy hierdie verskriklike  koloniale mite inbring dat die land leeg was toe die koloniste aangekom  het. Hy s\u00ea aan ons dat ons die Voortrekkerdagboeke moet lees. Maar ek  het die Voortrekkerdagboeke gelees. In daardie dagboeke spog hulle oor  hoe hulle inheemse mense gejag het asof hulle blote ongediertes was.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Cronin  verwys na &#8220;koloniale mites&#8221;. Maar wat van kommunistiese mites? Sedert  die sestigerjare, maar selfs daarvoor, het Marxistiese akademici en  historici in di\u00e9 land &#8216;n uiters eensydige, leuenagtige weergawe van ons  geskiedenis gefabriseer. Cronin en sy geesgenote van die SAKP&nbsp; het  aangesluit by Philip en Van der Kemp om <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5042-twee-eeue-van-onreg-deur-engelse-deel-i.html\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/5042-twee-eeue-van-onreg-deur-engelse-deel-i.html\">Twee eeue van onreg deur Engelse<\/a> vir ons te skep. Die joernaliste en rubriekskrywers van Naspers het dit  alles vir soetkoek opge\u00ebet en vir die afgelope dekade of twee in ons  kele afgedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  kritici van Israel praat van die &#8220;apartheidsmuur&#8221; wat in daardie land  teen Palestynse terreuraanvalle gebou is. Maar &#8216;n nuwe &#8220;apartheidsmuur&#8221;,  baie soortgelyk aan die Berlynse muur, het sedert 1994 in ons land  verrys. Dis &#8216;n muur wat steen vir steen met kommunistiese mites aanmekaar gevysel is. Soos ek al soveel kere vantevore ges\u00ea het, is die Berlynse muur nog  nooit in ons land afgebreek nie, want kommunisme word steeds as &#8216;n hoogs  morele stelsel en w\u00earelbeskouing geag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  tyd het aangebreek om daardie &#8220;apartheidsmuur&#8221; waarmee ons as setlaars  in ons eie land uitgebeeld word, finaal te bestorm. Nie met klippe en  brandende motorbande soos die gepeupel in hierdie land maak nie, maar  met woorde, feite en skerpsinnige formulerings soos Pieter Mulder enkele  dae gelede in die parlement gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Soos  die vyand met sy oordrewe reaksie getoon het, gaan die stryd egter taai  wees. Ons sal spanne mense moet vorm om bepaalde aspekte van ons  geskiedenis na te vors, veral wat grondbesit betref. Gelukkig is die  biblioteke vol Afrikaanse boeke en proefskrifte wat ons voorouers  geskryf het omdat hulle versiende genoeg was om te weet dat die  Afrikaner se plek in Suid-Afrika geensins &#8216;n gegewe is nie, maar iets  wat net deur stryd en harde werk verwerf kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">PRAAG  is uniek geplaas om die voortou in hierdie anti-kommunistiese veldtog  te neem. Ons beskik oor van die beste polemiese rubriekskrywers in die  land. Ons moet onmiddellik met &#8216;n veldtog begin om die bres wat dr.  Pieter Mulder geslaan het verder te vergroot, sommer &#8216;n gat in die muur  van apartheidspropaganda uit te kap. Ons moet dit op die Praagwebblad  iin Afrikaans doen,&nbsp; en van daar af via Twitter en Facebook versprei ten  einde ons eie mense in te lig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Maar  ons moet ook briewe, artikels en mediaverklarings aan al die media in  die land en selfs in die buiteland rig. Dit sal georganiseerd gedoen  moet word en die Vryheidsfront Plus, Afrikanerbond, Afrikanerfront,  asook elke moontlike Afrikaanse organisasie wat enigiets beteken of oor  talentvolle mense beskik, sal moet meedoen hieraan. Oor die radiostasies  en op TV moet ons dit met oortuiging en drif herhaal: Hierdie land is  ons s&#8217;n en ons verwerp die Marxistiese mite dat ons &#8220;setlaars&#8221; sou wees.  Elke erf en elke plaas, behalwe in die tradisionele of tuislandgebiede,  beskik oor sy kaart en transport. Die bewyslas behoort te rus op die  ANC en SAKP, asook die joernaliste van Naspers, Avusa en die ander  mediagroepe wat so graag eiendomsreg in di\u00e9 land verdag maak, om aan te  toon waar en wanneer elke plaas of erf aan &#8216;n &#8220;inheemse&#8221; swartman  behoort het, waar hy vandaan gekom het, watse paspoort of ID-dokument hy  gehad het, en so meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Net  so moet daar aan ons bewys word waarom kommunistiese Engelse soos  Cronin hulself &#8220;inheems&#8221; ag en namens die &#8220;inheemses&#8221; mag praat, en  waarom Engels en Zoeloe of Xhosa &#8220;inheems tale&#8221; is, maar Afrikaans nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  ANC is &#8216;n party en &#8216;n organisasie wat homself gewoonlik in die&nbsp; taal  van stryd en oorlog uitdruk. In die verlede het hy gereeld  oorlogsverklarings aan Suid-Afrika en aan die Afrikaner se adres gerig.  N\u00earens waar ek van weet, het hy al ooit sulke oorlogsverklarings  teruggetrek nie. Net soos wat geen ANC-minister hom nog ooit teen  plaasmoorde uitgespreek het nie. Daar is mos so iets soos &#8220;stilswyende  goedkeuring&#8221;. Die huidige propagandastryd rondom grondbesit en  eiendomsreg in ons land verteenwoordig bloot &#8216;n voortsetting van daardie  oorlog. Pleks van &#8216;n oorlog met wapens of terreuraanslae soos die  Kerkstraatbom, gaan dit nou om &#8216;n inligtingsoorlog of, om die ANC se  term te gebruik, die &#8220;ideologiese stryd&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  eerste skote in daardie stryd het lankal geklap. Tans is ons oorlewing  op meer as een manier op die spel. Laat president Jacob Zuma naderhand  huil vir sy masjiengeweer. Want anders as wat Breyten Breytenbach  destyds in sy gedig geskryf het, is dit:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Nie met die masjiengeweer nie, maar met die pen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><em>Unus pro omnibus, omnes pro uno!<\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos ek in my vorige rubriek te kenne gegee het, het daar begin Februarie iets ongeloofliks gebeur, toe genl. Johan van der Merwe die Belhar-belydenis se voorstanders met die waarheid oor die terreuraanslag teen Suid-Afrika in die tagtigerjare gekonfronteer het. Kort op die hakke daarvan, kom vandeesweek se verklaring deur dr. Pieter Mulder van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11944","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11944","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11944"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11944\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11944"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11944"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11944"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}