{"id":11940,"date":"2012-02-19T03:56:23","date_gmt":"2012-02-19T03:56:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11940"},"modified":"2012-02-19T03:56:23","modified_gmt":"2012-02-19T03:56:23","slug":"politokrasie-deur-koos-malan-n-vernuwende-en-deurdagte-ontleding-van-die-moderne-staatsbegrip-en-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11940","title":{"rendered":"Politokrasie  \u2013 &#8216;n vernuwende blik op moderne staatsbegrip"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/politokrasie.jpg\" align=\"left\" \/>Oorspronklike  en vernuwende denkers in die politieke wetenskap en filosofie is in ons  moderne tyd so skaars soos hoendertande. Professor Koos Malan het egter  deur daardie muur gebreek, en hierdie uitstekende boek die lig laat  sien, waarin hy&nbsp; die ontstaan en ontwikkeling van die  moderne staat, of soos hy dit noem: \u201cstaatlikheid\u201d ontleed en beskryf,  en aan die einde met vefrissende logika en oorspronklikheid \u2018n antwoord  bring, wat hy &#8220;politokrasie&#8221; noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  boek is \u2018n \u201cmoet lees\u201d vir almal wat belangstel in die politiek,  politieke wetenskap en staatsleer. Dit is in \u2018n boeiende trant geskryf,  en n\u00earens raak Malan in \u2018n geykte langdradige akademiese gebrabbel  vasgevang nie. Die logika van sy argumente word stapsgewys uiteengesit,  en hy bou die ontstaan, ontwikkeling en finale wese van die begrip  staatlikheid sistematies uit, tot by die krake in die moderne staat,  waarna hy die alternatief aanbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter  Eberhard Bertelsman van die Hooggeregshof beskryf die boek as \u201c\u2019n  meesterlike opsomming van die geskiedenis van die Westerse  staatsfilosofie, staatkunde en staatsreg&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Frank  Judo, advokaat in Brussel, Belgi\u00eb, vra die vraag: \u201cWordt de klassieke  trias; monarchie, aristocratie en democratie binnenkort aangevuld met  een vierde type, namelijk de politocratie?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">George  Barrie van die Universiteit van Johannesburg, s\u00ea Malan se beskrywing  van politokrasie, wat op daadwerklike demokrasie neerkom, verdien  daadwerklike en diepsinnige oorweging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malan se ysige nugtere slotsom van die <strong>moderne territoriale staat<\/strong> is soos volg:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>Dit verteenwoordig al vir drie eeue die meestersbegrip van die w\u00eareld se dink en doen in die poltiek en die reg.<\/li>\n<li>Dit  baken grense af van d\u00edt wat doenbaar, denkbaar, haalbaar en toelaatbaar is  in die openbare sfeer, en het terselfdetyd \u2018n grondige uitwerking op die  burgerlike sfeer en die private domein.<\/li>\n<li>Die  behoefte aan die instandhouding van die staatlike orde het gelei tot  die vestiging van die moderne staatlike paradigma, en daarvolgens is  wetenskaplike arbeid en ontwikkeling net gerig op die beskerming en  instandhouding van die staatlike orde.<\/li>\n<li>Een  van die basiese uitgangspunte van die staatlike paradigma is dat die  staat nie \u2018n daadwerklike gemeenskap van mense veronderstel nie, maar  dat dit bloot \u2018n bevolking van enige aantal mense huisves, ongeag of  daar enige bande van taal, kultuur, etnisiteit, godsdiens, afkoms of  enigiets dergeliks tussen hulle hoef te bestaan.<\/li>\n<li>Die  enigste twee gemeenskaplike faktore tussen individue wat die  staatsbevolking uitmaak, is, eerstens hulle teenwoordigheid in dieselfde  territorium waarvan hulle gebruik maak om private belange te bevorder,  en tweedens dat hulle aan dieselfde regsorde onderworpe is. Hulle is met  ander woorde losstaande individue wat \u2018n atomistiese bestaan ter  bevrediging van private behoeftes en ter bevordering van private belange  en voorkeure voer.<\/li>\n<li>In die mate waartoe individue moontlik wel in \u2018n taal-, godsdienstige, etniese,  kulturele of dergelike groep ingebind is, is dit blote toeval en vir die  inrig van die openbare orde juridies en polities irrelevant. Sodanige  groeperings is slegs van private betekenis en mag nie as openbare  realiteit hanteer word om sodoende die aard van die staat te bepaal nie.<\/li>\n<li>Dus, in die openbare orde \u2013 die reg en die politiek \u2013 is slegs twee entiteite relevant: die individu en die staat.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  leser word met die werklikheid gekonfronteer dat die mense binne \u2018n  staat net gebruik word om die staat as entiteit in stand te hou, en dat  die staat nie ter wille van die mense binne sy territorium bestaan nie.  Die staat het \u2018n eiegeregtige dier geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malan  definieer sy nuwe politieke model, politokrasie, soos volg: \u201cPolitokrasie  omskryf \u2018n omvattende politiek-konstitusionele orde \u2013 veelsferige  regering deur die burgers (politai) van elke politieke gemeenskap oor  die besondere res publica \u2013 die gemenebes \u2013 van die betrokke gemeenskap.\u201d  Die begrip politokrasie is ontleen aan die klassieke Griekse begrip  polis \u2013 die stadstaat. Die politai \u2013 die burgers \u2013 was die burgers van  die polis en was as sodanig daadwerklik vir die regering van die polis  verantwoordelik. Verder redeneer Malan dat met politokrasie weggedoen  word met burgerskap se uitsluitlike vereenselwiging met die territoriale  staat, en verbind dit darenteen prim\u00ear met beperkter en hegter  tuistelike gemeenskappe waar \u2018n res publica in re\u00eble terme bestaan en  meer regstreeks en intiem deur die burgery beleef word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ontleding van die moderne begrip staatlikheid en die model wat deur  Malan omskryf word, bring werklik vernuwende denke oor veral state waar  daar meer as een etniese of kulturele gemeenskap binne die moderne  territoriale staat byeen is, en elke student van politieke en  staakundige wetenskap sal armer wees om nie die boek te lees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Titel: Politokrasie: &#8216;n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir &#8216;n antwoord daarop<br \/>Outeur:     Koos Malan<br \/>ISBN:     978-0-9869857-3-7<br \/>Bladsye:     358<br \/>Omslag:     Sagteband<br \/>Datum:     2011<br \/>Uitgewer: Pretoria University Law Press<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oorspronklike en vernuwende denkers in die politieke wetenskap en filosofie is in ons moderne tyd so skaars soos hoendertande. Professor Koos Malan het egter deur daardie muur gebreek, en hierdie uitstekende boek die lig laat sien, waarin hy&nbsp; die ontstaan en ontwikkeling van die moderne staat, of soos hy dit noem: \u201cstaatlikheid\u201d ontleed en beskryf, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11939,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[],"class_list":["post-11940","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11940","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11940"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11940\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11939"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11940"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11940"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11940"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}