{"id":11931,"date":"2012-02-16T15:23:54","date_gmt":"2012-02-16T15:23:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11931"},"modified":"2012-02-16T15:23:54","modified_gmt":"2012-02-16T15:23:54","slug":"da-se-mulder-kort-n-geskiedenisles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11931","title":{"rendered":"DA s\u00ea Mulder kort &#8216;n &#8216;geskiedenisles&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder moet herinner word aan die &#8220;ware geskiedenis&#8221; van Suid-Afrika, het die DA gister ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In plaas daarvan om ons geskiedenis te ontken, soos die heer Mulder doen, moet ons alles in ons vermo\u00eb doen om te verseker dat mense toegang tot grond kry. Ons moet die foute van die verlede regstel,&#8221; het die Demokratiese Alliansie se nasionale woordvoerder Mmusi Maimane in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons kan eenvoudig nie dit wil wegwens nie. Regstelling is &#8216;n demokratiese noodsaak. Maar ons moet die sondes van apartheid regstel op &#8216;n manier wat volhoubaar is, sodat alle Suid-Afrikaners kan voordeel trek uit die rykdom van ons grond. &#8220;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woensdag, het Mulder voorgestel in die Parlement dat swart &#8220;Bantoe-sprekende&#8221; mense geen historiese aanspraak op 40 persent van die land het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Swartes in die besonder het nooit in die verlede oor die hele Suid-Afrika geleef nie,&#8221; het hy tydens die debat in die Nasionale Vergadering na verlede week se presidentstoespraak ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maimane het ges\u00ea daar is baie grond wat vir grondhervorming beskikbaar is, en Suid-Afrika het &#8216;n grondhervormingsprogram nodig wat regverdig is en ekonomies lewensvatbaar is en die antwoord is nie om weg te doen met die gewillige-verkoper, gewillige-koper-model nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die oplossing is &#8216;n doeltreffende departement van landelike ontwikkeling wat eise vinnig kan hanteer en die doeltreffende en regverdige verdeling van grond kan fasiliteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As ons dit kan regkry, sal dit nie vir enige iemand nodig wees &#8211; vir Julius Malema of Pieter Mulder &#8211; om die emosionele kwessie van grond te gebruik om hul eie eng kiesafdelings te probeer be\u00efndruk nie,&#8221; s\u00ea Maimane.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder se kommentaar Woensdag is begroet met &#8216;n verwoede reaksie van die regerende party se banke, wat tot &#8216;n klimaks gestyg het toe hy verduidelik het: &#8220;Daar is voldoende bewys dat daar geen Bantoe-sprekende mense in die Wes-Kaap en Noord-Kaap was nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie gebiede vorm 40 persent van Suid-Afrika se landoppervlak, het hy aan LP&#8217;s ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder dien in president Jacob Zuma se kabinet as adjunk-minister van landbou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy toespraak het Zuma ges\u00ea dat die gewillige-koper, gewillige-verkoper-opsie &#8220;nie die beste manier is om die probleem aan te spreek&#8221; as dit by die herverdeling van grond kom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder het ges\u00ea die kwessie van grondbesit is &#8216;n emosionele probleem wat baie oorlo\u00eb veroorsaak het. Hy het &#8216;n probleem met die grondeienaarskapsyfers soos aangehaal deur Zuma in sy toespraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die president se aanhalings in sy toespraak kom van die departement van landelike ontwikkeling se syfers oor grondhervorming.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Volgens [hierdie], het wit mense 87 persent van die land in besit geneem, en die regering het slegs agt persent van die 30 persent [grondhervorming] teiken bereik. Ek verskil ernstig van hierdie syfers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoe het die departement die agt persent bereken? Daar is nie &#8216;n grond-oudit waarteen ons hierdie &#8220;feite&#8221; kan toets nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika het in 2001 bereken dat 44% van die land se grond aan blankes, 20% aan swartes, 9% aan bruin mense en 1% aan Asi\u00ebrs behoort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die manier waarop die departement die 30 persent en agt persent bereken, skep die indruk dat hulle self besig is om te misluk.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder het ges\u00ea hy verskil ernstig met die stelling dat wit mense grond gesteel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met verwysing na Zuma se opmerkings oor die gewillige-koper, gewillige-verkoper-opsie, het hy ges\u00ea dat, in eenvoudige taal, beteken dit dat die regering in die nasionalisering van landbougrond glo. Maar, enige iemand wat met grondhervorming te make het, weet dat die probleem nie oor daardie beginsel handel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder het ges\u00ea hy hoop daar sal &#8216;n tyd kom wanneer beide wit en swart kommersi\u00eble boere nie hoef te kyk vir geleenthede elders in Afrika nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus-leier, Pieter Mulder moet herinner word aan die &#8220;ware geskiedenis&#8221; van Suid-Afrika, het die DA gister ges\u00ea. &#8220;In plaas daarvan om ons geskiedenis te ontken, soos die heer Mulder doen, moet ons alles in ons vermo\u00eb doen om te verseker dat mense toegang tot grond kry. Ons moet die foute van die verlede &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11931\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA s\u00ea Mulder kort &#8216;n &#8216;geskiedenisles&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11931","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11931","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11931"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11931\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11931"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11931"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11931"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}