{"id":11926,"date":"2012-02-16T05:28:17","date_gmt":"2012-02-16T05:28:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11926"},"modified":"2012-02-16T05:28:17","modified_gmt":"2012-02-16T05:28:17","slug":"vryheid-van-sa-mynbedryf-noodsaaklik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11926","title":{"rendered":"Vryheid van SA-mynbedryf noodsaaklik"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die ANC-ondersoekkommissie se verslag oor staatsinmenging in die ekonomie afsien van volskaalse nasionalisering en president Zuma Vrydagoggend, soos berig, beklemtoon het dat &#8220;nasionalisering nie ANC- of regeringsbeleid is nie&#8221;, is daar geen gronde vir gerustheid nie, het die vakbond Solidariteit vandag gewaarsku. Die vakbond is besorg dat nasionalisering verruil word vir \u0149 &#8220;gemengde ekonomie&#8221;, soos die president dit stel, en meen dat dit ongelukkig strook met die vakbond se voorspelling in \u0149 studie, wat verlede jaar onderneem is, dat daar vir eers ten minste bloot in naam van nasionalisering afgesien sal word. Die vakbond maak Donderdag \u0149 verslag oor die waarde van Suid-Afrika se privaat mynbedryf bekend.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Piet le Roux, senior ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is Zuma se afwysing van nasionalisering ten gunste van \u0149 sogenaamde &#8220;gemengde ekonomie&#8221; rede tot verdere kommer oor die toekoms van die mynbedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Sekerheid oor eiendomsreg is \u0149 hoeksteen van \u0149 vreedsame en voorspoedige samelewing. Wat die president met \u0149 gemengde ekonomie in gedagte het, ondermyn eiendomsreg en is dus \u0149 wesenlike bedreiging vir die welvaart van feitlik alle Suid-Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die huidige idee van \u0149 gemengde ekonomie is waarskynlik ge\u00efnspireer deur die skynbare staatsgeleide groei oor die laaste paar jaar in voormalig kommunistiese lande soos China. Ons is egter bekommerd dat die ANC en die president van mening is dat daardie groei te danke is aan staatsinmenging, terwyl die verbeteringe in daardie lande in werklikheid te danke is aan die vermindering van staatsinmenging sedert belangrike vryemarkhervormings sedert die laat 1970&#8217;s daar ingestel is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Le Roux is dit nie verbasend dat die ANC-kommissie, wat ondersoek na staatsinmenging in die minerale sektor (SIMS) moes instel, in sy voorlopige verslag afsien van direkte nasionalisering nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Di\u00e9 beleidsposisie bied egter geen gronde vir gerustheid nie. Die onderliggende intervensionistiese denke wat tot die oproep om nasionalisering \u2013 en nou die sogenaamde gemengde ekonomie \u2013 aanleiding gegee het, is steeds ewe aanwesig by die ANC. Die SIMS-verslag bevind immers, soos ons voorspel het, dat nasionalisering maar net een instrument is waarmee die ANC sy doelwitte kan bereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Boonop is minerale hulpbronne, soos die SIMS-verslag ook erken, reeds met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne van 2002 genasionaliseer. Dit bied die nodige hefboom waarmee omvattende staatsinmenging in die mynbedryf kan en reeds geskied. Die voorgestelde versmelting van BBSEB-, staat- en vakbondeienaarskap in \u0149 sogenaamde enkele &#8220;special purpose vehicle&#8221;-eienaarsgroep, met \u0149 minimum gesamentlike stemgeregtigde eienaarskap van 30% in mynmaatskappye vir BBSEB-aandeelhouers en die staat, is \u0149 aanduiding van sodanige verdere staatsinmenging en bied rede tot kommer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SNI het gedurende die afgelope ses maande twee studies oor die nasionaliseringskwessie onderneem. Die eerste studie, getiteld Building on no foundation \u2013 the logical incoherence of nationalisation and its interventionism, is reeds verlede jaar by die betrokke ANC-kommissie ingedien. (Klik hier om die verslag te lees.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In di\u00e9 studie is voorspel dat die ANC-kommissie nasionalisering waarskynlik sal verwerp, maar in die plek daarvan steeds iets sal aanbeveel wat nie wesenlik daarvan verskil nie:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Terwyl dit voorkom asof die SIMS-kommissie waarskynlik nie nasionalisering sal aanbeveel nie, kan dit \u2013 gegewe sy opdrag, wat vir intervensionistiese voorstelle vra \u2013 nie besware teen nasionalisering opper buiten di\u00e9 wat op tegniese aspekte gebaseer is nie. Terwyl die ANC w\u00e9l moontlik ag mag slaan op sodanige besware, bly dit waarskynlik dat nasionalisering slegs verwerp sal word ten gunste van iets wat nie wesenlik daarvan verskil nie. In hierdie opsig is dit dan juis gepas dat die kommissie se navorsingsprogram die Staatsinmenging in die Minerale Sektor-projek heet,&#8221; lui die verslag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SNI het ook gewaarsku teen die ANC-kommissie se oppervlakkige, tegniese benadering tot die ondersoek in plaas daarvan om die saak in beginsel te ondersoek:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Om direk na tegniese punte te spring, is om die risiko te loop van eindelose debatte oor verskillende vorme van nasionalisering \u2013 of dit nou positiewe resultate inhou al dan nie \u2012 pleks dat gevra word of intervensionisme (waarvan nasionalisering maar net een voorbeeld is) \u0149 blywende antwoord bied op probleme in die samelewing. S\u00f3 \u0149 tegniese nasionaliseringdebat sal nie die ANC-jeugliga of Solidariteit se besorgdhede aanspreek nie en ook nie meer helderheid aan die ANC bied oor sommige van die mees fundamentele vraagstukke oor die aard van die samelewing en \u00f3f en h\u00f3\u00e9 die waargenome eienskappe daarvan be\u00efnvloed kan word nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, behoort hierdie studie \u0149 belangrike verwysingspunt te vorm in die debat oor nasionalisering en staatsinmenging in die Suid-Afrikaanse ekonomie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u0149 tweede studie, wat op Donderdag, 16 Februarie deur die SNI uitgereik gaan word, wys die SNI op van die voordele van die privaat mynbedryf vir werknemers, aandeelhouers en verbruikers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In \u0149 tydvak waarin nasionaliseringspraatjies algemeen is en waarin die eienaars van kapitaal dikwels onnadenkend gekritiseer word, is dit nie ongewoon om af te kom op \u0149 besonder negatiewe hantering van die mynbedryf nie. Blootstelling aan hierdie sentimente mag \u0149 waarnemer dalk onder die indruk bring dat die mynbedryf slegs \u0149 klein aantal reeds baie ryk eienaars bevoordeel \u2013 terwyl dit andersins verantwoordelik is vir ongelykheid, te min werksgeleenthede, omgewingsvernietiging, \u0149 ondermyning van gemeenskapslewenskragtigheid en \u0149 lang lys ander probleme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Maar so \u0149 eensydige en dikwels onakkurate benadering verberg die moderniserende en welvaartskeppende effek van \u0149 bedryf waarop \u0149 groot deel van ons moderne lewenstandaard rus. Omdat Solidariteit glo dat verhoudinge tussen werkgewers in die mynbedryf en mynwerkers wedersyds voordelig kan wees, het die SNI \u0149 kort studie onderneem om te dien as herinnering aan die voordele van die mynbedryf.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alhoewel die ANC-ondersoekkommissie se verslag oor staatsinmenging in die ekonomie afsien van volskaalse nasionalisering en president Zuma Vrydagoggend, soos berig, beklemtoon het dat &#8220;nasionalisering nie ANC- of regeringsbeleid is nie&#8221;, is daar geen gronde vir gerustheid nie, het die vakbond Solidariteit vandag gewaarsku. Die vakbond is besorg dat nasionalisering verruil word vir \u0149 &#8220;gemengde ekonomie&#8221;, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11926\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vryheid van SA-mynbedryf noodsaaklik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[],"class_list":["post-11926","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11926","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11926"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11926\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11926"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11926"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11926"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}