{"id":11901,"date":"2012-02-11T04:23:13","date_gmt":"2012-02-11T04:23:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11901"},"modified":"2012-02-11T04:23:13","modified_gmt":"2012-02-11T04:23:13","slug":"steun-media24-islamitiese-fundamentalisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11901","title":{"rendered":"Steun Media24 Islamitiese fundamentalisme?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/karinkl2.JPG\" \/>Die leier van Tunisi\u00eb se Islamitiese party al-Nahda, Rashed Ghannouchi, het nou amptelik aangekondig dat sy land nooit die bestaan van Israel  sal erken nie. Engelstalige koerante swyg in alle tale daaroor ingeval  hul jubelende odes aan &#8220;regime change&#8221; vroe\u00ebr ontmasker word vir die  onrealistiese versugting wat dit was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook bespiegelings verwerp dat Tunisi\u00eb &#8216;n sekul\u00eare stelsel soos di\u00e9 in Turkye mag aanneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Israel het noue bande met Tunisi\u00eb gehad onder die heerskappy van die VSA-gesteunde, voormalige leier, Zine El Abidine Ben Ali, wat vir 23 jaar lank die land regeer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anti-Israeliese sentimente het egter met rasse skrede toegeneem sedert die land se revolusie, wat laat in 2010 begin het en tot die afsetting van Ben Ali se bewind gelei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die al-Nahda-party het die meerderheid van die parlement\u00eare setels in Oktober verlede jaar verower, slegs maande n\u00e1 die vorige bewind se afgang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 17 Desember 2010 het Mohamed Bouazizi, &#8216;n werklose man wat gefrustreerd was met armoede en homself aan die brand gesteek het, se daad gelei tot massabetogings, wat uiteindelik op die rewolusie uitgeloop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rewolusie was die begin van &#8216;n Islamitiese ontwaking in die hele Noord-Afrika en die Midde-Ooste en het ook op die politieke veranderinge in Egipte en Libi\u00eb uitgeloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leopold Scholtz, Media24 se buitelandse korrespondent, en <a href=\"http:\/\/www.whoswhosa.co.za\/leopold-scholtz-6677\">professor extraordinaire<\/a> aan die US, stel soos  gewoonlik sy algehele insigloosheid oor die gebeure in &#8216;n berig in Beeld  (2011-01-16) ten toon en raak kortasem oor al die &#8220;korrupte  regerings&#8221; wat deur &#8220;spontane volksopstande verjaag word&#8221; en dus in hul  spore moet trap. En hy sal weet, want is hy nie die NRD  (Nasionaal-Demokratiese Rewolusie) se voorste imbongi nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke sin wat Leopold ooit skryf, is daarop gemik om die Rooi  Rewolusie in Suid-Afrika te vergoeilik en hy stel weer eens nie teleur  nie. Met sy alewige gehegtheid aan die narratief van die &#8220;opstand teen  ongeregtigheid&#8221; hoop hy ongetwyfeld dat ontevrede swart inwoners die  laaste munisipale vestings gaan afbrand, al die oorblywende riool in die  damme sal stort, plaaseienaars van hul eiendomme sal verlos en minstens &#8216;n paar ledemate en elke nog  staande biblioteek sal gaan vandaliseer sodat Mbeki en Stellenbosch se  akademici en Naspers kan beter voel dat al die &#8220;ongeregtigheid&#8221; met  die nodige opstand begroet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Scholtz verteenwoordig Afrikaners of mense wat dit waag om s\u00f3 na  hulself te verwys natuurlik die &#8220;ongeregtigheid&#8221;, of die gehate  &#8220;Nazi&#8217;s&#8221; van Suid-Afrika waarteen &#8220;spontane opstand&#8221; soos hy dit noem,  moet plaasvind. Dit verwoord hy op <a href=\"http:\/\/www.oulitnet.co.za\/fischer\/leopold_scholtz.asp\">Litnet<\/a> s\u00f3: &#8220;Baie van die helde wat die Afrikaners in die dekades voor 1994 gehad  het, is nie meer kosjer nie. Al die agtereenvolgende premiers en  presidente, van dr DF Malan tot mnr PW Botha, is \u00fa\u00edt. Selfs helde van  voor die apartheidstyd, soos pres Paul Kruger en genl JBM Hertzog, is  onder verdenking.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As iemand nog gewonder het of die miniatuur-historikus met sy  &#8220;insig&#8221; in Europa, &#8216;n goeie woordvoerder vir sowel die FW de  Klerk-stigting as &#8216;n benepe Islam daar in die verre koue sou wees, is  alle twyfel nou uit die weg  geruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Moeammar Gaddafi, diktator van Libi\u00eb, het hom ook besonder  negatief oor die Tunisiese revolusie uitgelaat,&#8221; stoom hy &#8216;n paar  sinne later oor Tunisi\u00eb voort. Dat Gadaffi &#8216;n sekul\u00eare bewind in stand gehou het, was  seker, dink die leser dadelik, in onse Leopold se o\u00eb die ergste  oortreding. Hy het te ver van die Koran en sjariawette afgedwaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, seg die savant dadelik: &#8220;Tunisi\u00eb het \u2019n unieke posisie in die  Arabiese w\u00eareld. Dis \u2019n  sekul\u00eare land en daar is geen teken dat die Islamitiese fundamentaliste  genoeg invloed het om die opstand te kaap soos in 1979 in Iran nie.&#8221; N\u00e8!  Die man stel &#8216;n teenstrydigheid werklik onomwonde. En n\u00e1 di\u00e9, ook nog  verblindende fout, is hy onstuitbaar in sy ontleding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy meen dat  &#8220;Tunisi\u00eb na \u2019n behoorlike demokrasie beweeg&#8221;. Nie sommer jou gewone,  alledaagse demokrasie nie, nee. &#8216;n Beh\u00f3\u00f3rlike een. Scholtz noem  Suid-Afrika natuurlik ook graag &#8216;n &#8220;behoorlike&#8221; demokrasie. Die swart volkere  het voorheen onder apartheid stemreg in hul eie gemeenskappe gehad, hul  eie weermagte, skole en universiteite en les bes, taalregte! Defnitief nie demokrasie van die  Duitse Demokratiese tipe nie en uiteraard nie naastenby Leopold se nastrewenswaardige NDR nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die korrespondent sien duidelik vergesigte van die Suid-Afrikaanse  &#8220;wonderwerk&#8221; in elke ander geval ter w\u00eareld raak. Sy tweede naam  is nie verniet Von Ranke nie. Demokrasie rank soos klimop in jou tuin. Ter versagting moet &#8216;n mens darem noem dat  hy nie die enigste pretensieuse &#8220;kenner&#8221; is wat deur ons mediamonopolie  betaal word om die NDR te verkoop nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die voorbeeld van Tunisi\u00eb, meen ons internasionale denker, &#8220;ook  gevolg sal word in ander Arabiese lande lyk egter twyfelagtig&#8221;. Nou toe  nou. Daar het jy dit Sakkie, uit die donkie, ag ek bedoel die perd,  se bek. En daar was hoeveel rewolusies wat kort op die hakke van  Tunisi\u00eb gevolg het?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Janee, amper te veel om te tel. Ek het nog nie die regstelling deur  Leopold in enige Media24-publikasie raakgelees nie. Ek het &#8216;n  voorgevoel dat dit nie gou gaan gebeur as die ewe middelmatige FW de Klerk jou intellektuele mentor is nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=rec&#038;id=147165\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die leier van Tunisi\u00eb se Islamitiese party al-Nahda, Rashed Ghannouchi, het nou amptelik aangekondig dat sy land nooit die bestaan van Israel sal erken nie. Engelstalige koerante swyg in alle tale daaroor ingeval hul jubelende odes aan &#8220;regime change&#8221; vroe\u00ebr ontmasker word vir die onrealistiese versugting wat dit was. Hy het ook bespiegelings verwerp dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[],"class_list":["post-11901","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11901","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11901"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11901\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11901"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11901"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11901"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}