{"id":11896,"date":"2012-02-09T09:59:45","date_gmt":"2012-02-09T09:59:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11896"},"modified":"2012-02-09T09:59:45","modified_gmt":"2012-02-09T09:59:45","slug":"belhar-naspers-verdedig-hul-marxistiese-groot-leuen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11896","title":{"rendered":"Belhar: Naspers verdedig hul Marxistiese &#8216;Groot Leuen&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Iets ongeloofliks het oor die afgelope week of wat gebeur. N\u00e1 die  publikasie van genl. Johan van der Merwe se <a href=\"feuilleton-magazine-386\/opstelle-magazine-389\/10963-die-belydenis-van-belhar.html\">memorandum oor die  Belhar-belydenis<\/a>, wat blykbaar aanvanklik deur Neels Jackson van Beeld  &#8220;uitgelek&#8221; is, het daar &#8216;n angsvallige trilling deur Heerengracht 40 in  Kaapstad getrek, daar waar Naspers gesetel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor jare heen het  Beeld, Die Burger, Rapport en ander publikasies in die Naspersgroep  saamgewerk om die &#8220;Groot Leuen&#8221; in Suid-Afrika te vestig. Die Groot  Leuen berus op die Marxistiese siening van ons geskiedenis wat, soos  Mbeki dit ook per geleentheid gestel het, die Suid-Afrikaanse samelewing  as &#8220;kolonialisme van &#8216;n spesiale tipe&#8221; beskou. Hiervolgens was enige  vorm van geweld of terreur in die verlede teen die vorige bewind  geregverdig en indien Nelson Mandela nie Jesus Christus is nie, is hy  wel naby daaraan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Almal wat hom ken, bevestig dat genl. Johan van  der Merwe waarskynlik die briljantste polisieman is wat di\u00e9 land n\u00f3g  opgelewer het. Vergelyk hom byvoorbeeld met Jacky Selebi, die ANC se  idee van &#8216;n polisiehoof wat nou tronkstraf vir korrupsie uitdien. Maar  Van der Merwe is ook &#8216;n gelowige en skerpsinnige denker wat in sy  onlangse memorandum &#8216;n baie nugter blik op die Belhar-belydenis werp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  kern van sy beswaar is dat Belhar destyds in die tagtigerjare bedoel  was om &#8216;n teologiese regverdiging vir terreur en politieke geweld te  bied. As iemand wat destyds hoof van die polisie se Veiligheidstak was,  weet hy baie goed in watter mate die Engelstalige kerke destyds, asook  die NG Sendingkerk, deel was van die revolusion\u00eare aanslag teen die ou  regering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten einde Belhar vandag vir gewone NG-lidmate  aanvaarbaar te maak, word dit voorgestel as een of ander uitdrukking van  &#8220;solidariteit met die armes&#8221;. Die historiese betekenis van die dokument  is daarmee verdoesel, want dit spruit uit die sogenaamde teologie van  die revolusie wat Karl Marx en die Bybel met mekaar probeer versoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat  Van der Merwe se memorandum &#8216;n teer punt aangeraak het, is helder.  Sedertdien poog &#8216;n horde van Beeld en Die Burger se linkse  (neo-Marxistiese?) rubriekskrywers om vure dood te slaan. Miskien is die  gemiddelde NG-lidmaat toe nie so na\u00efef en goedgelowig as wat die  revolusion\u00eare gedink het nie en mag sommige selfs begin ag slaan op die  intellektuele en teologiese debat wat daar nou ook buite die kerk rondom  die Belhar-manifes begin loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christina Landman en Neels Jackson  het albei in Beeld gepoog om die skade wat die Van der Merwe-memorandum  reeds aangerig het, ongedaan te probeer maak. Ongelukkig is beide  intellektuele liggewigte wat nie in staat is om op Van der Merwe se  beginselbeswaar teen Belhar te antwoord nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink nie daar was  al ooit &#8216;n land waarvan die geskiedenis so grondig verdraai en diensbaar  aan die politiek van die dag gemaak is soos di\u00e9 van Suid-Afrika nie.  Dis al &#8216;n clich\u00e9 om dit &#8220;Orwelliaans&#8221; te noem, n\u00e1 George Orwell, die  skrywer van 1984 en <em>Animal Farm<\/em> waarin die kommunisme gesatiriseer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  staan agterdogtig teenoor akademici wat in die Nuwe Suid-Afrika nog nie  hul werk verloor het nie. Nadat die revolusie soos &#8216;n orkaan deur die  universiteite getrek het, bly weinig akademiese vryheid of integriteit  nog oor. Daarom verbaas dit nie dat die mees fanatieke voorstanders van  die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie juis aan ons universiteite  te vinde is nie. Hulle huiwer ook nie om naakte propaganda uit te basuin  as dit daarby kom om die &#8220;kontra-revolusion\u00eare&#8221; &#8211; die gewone  middelklasmense van Suid-Afrika &#8211; te &#8220;bestry&#8221; nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof. Christina Landman begaan in haar <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Rubrieke\/Gasrubriekskrywers\/Verenig-teen-selfde-duiwels-20120205\">Beeld-rubriek<\/a> die groteske mistasting om die geskiedenis van die ANC s\u00f3 voor te stel:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Kyk,  die ding staan s\u00f3: Die ANC het nie die land met geweld oorgeneem nie.  Die ANC het \u2013 met of sonder die kerk se hulp \u2013 nie die politieke stryd  met geweld gewen nie. <\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hy het dit juis gewen wanneer hy op sy weerloosste was. Soos met Sharpe\u00adville. <\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Toe  ongewapendes met geweld uitmekaar geskiet is deur die \u201cboys on the  border back home\u201d wat ernstig deur die wit kerk ondersteun is. En die  hele w\u00eareld kon sien wat gaan aan.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie geharde,  revolusion\u00eare, Marxistiese organisasie wat tot in die tagtigerjare die  ou Sowjetunie as sy vernaamste bondgenoot gehad het, die outeurs van die  Kerkstraatbom en vele ander aanvalle op ongewapende burgerlikes, word  in Landman se Sondagskoolprosa tot die spreekwoordelike wolf in  skaapsklere omgetower. (Terloops, diegene wat by Sharpeville opgetree  het, was ook van die PAC en nie van die ANC nie.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geweld, selfs  verskrikking, was &#8216;n wesentlike deel van die ANC en SAKP se strategie om  hierdie land te verower. Daarvan getuig die meer as 400 voorvalle van  halssnoermoorde wat deur die revolusion\u00eare gepleeg is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In antwoord  op Christina Landman se stuk onverdunde propaganda, het mnr. Johan  Botha, voorsitter van die Stigting vir gelykheid voor die reg, &#8216;n uiters  saaklike en beredeneerde <a target=\"_blank\" href=\"menings-magazine-196\/briewe-magazine-230\/10997-christina-landman-se-leuen-oor-sharpeville.html\">brief<\/a> aan die rooi koerant, Beeld, gerig.  Daarin maak hy Landman attent op die wanvoorstelling wat sy van  Sharpeville pleeg:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>&#8216;n Kommissie van ondersoek onder regter P. Wessels het die Sharpevillevoorval ondersoek en die volgende feite is geboekstaaf :<\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li><em>294 Lede van die Polisie was binne &#8216;n draadomheining deur &#8216;n moordlustige skare van ongeveer 20 000 duisend vasgekeer.<\/em><\/li>\n<li><em>Hulle  was met pangas, ystervoorwerpe en stokke gewapen.&nbsp; Die skare is deur  middel van &#8216;n luidspreker herhaaldelik&nbsp; versoek om uit een te gaan.<\/em><\/li>\n<li><em>Die  polisie het die hek oopgemaak om &#8216;n lid van die skare wat om beskerming  gevra het, binne te laat. Die skare het daarna deur die hek gebars en  die lede van die polisie het uit selfverdediging begin skiet.<\/em><\/li>\n<li><em>Die  harde werklikheid is dat indien die skare die polisie sou oorweldig  het, slegs die verminkte lyke van die polisie op die toneel sou  agtergebly het.&nbsp; Talle soortgelyke gevalle soos Bergville en Cato Manor  bevestig dit.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Beeld hoog opgee oor sy  verbintenis tot die Perskode en &#8220;die waarheid&#8221;, wou die koerant nie  Botha se brief plaas nie en het slegs &#8216;n reeks niksseggende briewe in  reaksie op Christina Landman se rubriek gepubliseer. Hier het ons egter  te make met &#8216;n blatante verdraaiing van historiese feite wat volgens die  Perskode &#8216;n regstelling sou vereis. Maar vir Beeld is die waarheid &#8216;n  geringe kwessie as dit kom by die koerant se groter diens aan die  Nasionale Demokratiese Revolusie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek al voorheen ges\u00ea het,  het die Berlynse muur nog nooit in hierdie land geval nie.&#8217;n Direkteur  van Naspers, Jakes Gerwel, het in Rapport bely dat hy in trane uitgebars  het toe die kommunisme in 1989 in duie begin stort het. Soos  Solsjenitsin en die Franse &#8220;nuwe filosowe&#8221; ons al telkemale verseker  het, was kommunisme die grootste meneseregteramp van die twintigste eeu,  veel groter as fascisme of apartheid. Ongeveer 100 miljoen mense het  vanwe\u00eb kommunisme gesterf. Trouens, vergeleke met die menseregterekord  van kommunistiese lande of van die gemiddelde Afrikaland n\u00e1  onafhanklikheid, was apartheid eintlik &#8216;n hoogs morele stelsel. In die  politiek is alles natuurlik relatief.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het my laat dink: As die  NG Kerk &#8216;n status confessionis aangeneem het wat bepaal dat &#8220;apartheid&#8221;  (en as &#8216;n mens die VN-konvensie se definisie daarvan lees, dan leef ons  vandag meer as ooit &#8216;n toestand van apartheid) &#8230; &#8220;sonde&#8221; was, sou die  NGK ook bereid wees om te verklaar dat kommunisme &#8220;sonde&#8221; was? En  indien wel, wat dan van die bevrydingsteologie met sy wortels vierkant  in die Marxisme, die klassestryd en die proletariese revolusie? Trouens,  daar is vir my heelwat eggo&#8217;s van Marx en Engels se Manifes in die  Belhar-belydenis, die gedagte dat die geskiedenis (en God) aan die kant  van die werkersklas is en dat revolusie daarom &#8220;histories onafwendbaar&#8221;  is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christina Landman erken presies wat genl. Van der Merwe s\u00ea,  naamlik dat die kerke &#8216;n groot rol gespeel het om die ANC se oorname te  bewerkstellig:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>En, nou ja, uiteindelik was dit hierdie swartbevrydingsteologie wat die ANC aan die bewind geplaas het.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Maar dit was nie soos die een groot, wit kerk wat die apartheidsregering ondersteun het nie.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  was egter &#8216;n groot kerk in Brittanje, nogal &#8216;n wit kerk, wat insgelyks  die ANC en sy revolusie ondersteun het: die Anglikaanse Kerk. Onder  invloed van Trevor Huddleston, het die Anglikaanse Kerk vanuit die Sint  Paulus-katedraal &#8216;n geldwasseryskema aan die gang gehou om die geldelike  steun wat Swede aan die ANC bewillig het, na Suid-Afrika te kanaliseer  om opstand en revolusie te stook. Daar was nooit enige spontane verset  teen die ou orde behalwe deur &#8216;n klein groepie linkse en veral  Marxistiese intellektuele en geestelikes nie. Sonder die geld van Swede  en die Anglikaanse Kerk se rol wat in &#8216;n ho\u00eb mate ook die buitelandse  propaganda t\u00e9\u00e9n &#8216;n hervormende Suid-Afrika verskaf het, sou daar nooit  soveel geweld en wanorde plaasgevind het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As &#8216;n mens van die  be\u00ebidigde verklarings bestudeer wat n\u00e1 die Soweto-onluste afgel\u00ea is, kom  jy ook onder die besef dat die Anglikaanse Kerk insgelyks d\u00e1\u00e1r &#8216;n rol  gespeel het om die vonk in die kruitvat te verskaf. Daar was geld,  vervoer, pamflette, organisasie en natuurlik die aanblaas van die  anti-Afrikaanse sentiment.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Johan van der Merwe &#8216;n week gelede  op RSG gepraat het, het dr. Kobus Gerber van die NG Kerk net n\u00e1 hom  nogal neerhalend ges\u00ea dat hy &#8220;die belydenis van Belhar slegs vanuit die  perspektief van &#8216;n polisieman sien&#8221;. Hy het ook verklaar dat &#8220;elke  belydenis in &#8216;n tydperk van stryd gebore is&#8221;, asof die stryd van die  tagtigerjare iewers &#8216;n godsdienstige konflik tussen Katolieke en  Protestante was! Nee, dit was &#8216;n politieke magstryd wat oor die beheer  van die land gegaan het. En daarvoor is godsdiens en die teologie ook  ingespan, omdat die suiwer sekul\u00eare boodskap van die Marxistiese  klasserevolusie in &#8216;n land soos Suid-Afrika geen weerklank by die gewone  swartman op straat gevind het nie. Die infrastruktuur van die kerke is  egter gebruik, eerder misbruik, om die oogmerke van die revolusie te  bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drie susterskerke is eintlik al werklik Afrikaanse  instellings wat daar oor is en wat nog nie deur die revolusie  &#8220;getransformeer&#8221; is nie. In hierdie finale fase van die NDR moet selfs  ons kerke die neo-Marxistiese bevrydingsteologie aanvaar en hulself  ondergeskik aan die revolusion\u00eare maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritiek op Belhar moet  wyer uitkring en op die revolusie self van toepassing gemaak word, soos  dit in Europa in die aanloop tot 1989 geskied het. In Wes-Europa het  kloekmoedige intellektuele onder invloed van Solsjinitsin reeds in die  sewentigerjare die Marxisme as &#8216;n doktrine begin verwerp en is  aanvanklik ook deur die universiteitsgemeenskap as ketters beskou.  Daarna het die proses in Oos-Europa, in Pole, Oos-Duitsland en  uiteindelik Rusland self begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede naweek was daar &#8216;n  vergadering van &#8216;n paar Afrikaanse organisasies wat op grond van die  Afrikanerbond en die Vryheidsfront se gesamentlike dokument oor die NDR  besluit het om &#8216;n eendagkonferensie oor die Nasionale Demokratiese  Revolusie te hou. Belhar behoort een van die temas te wees, want dit  verteenwoordig die teologiese sy van die NDR waarvan die meer radikale  fase(s) nog vir ons voorl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag aan dr. Kobus Gerber en  ander NG Kerk-ampsdraers behoort te wees: Indien die Anglikaanse Kerk en  ander kerke bereid was om geld, infrastruktuur en &#8216;n teologiese  regverdiging aan die revolusion\u00eare te verskaf, wat kan die NG Kerk  vandag vir die Afrikaner en ander slagoffers van die revolusie bied? Ons  verwag nie dat die NG Kerk &#8216;n ander belydenis hoef aan te neem om ook  vir Afrikanerbevryding voorsiening te maak nie, maar die kerk behoort  minder in die ou visbalie van die Sowjetunie en sy vergange kommunisme  rond te krap en meer deernis met sy eie lidmate te ontwikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat  Christina Landman en Neels Jackson betref, sien ons hulle net vir wat  hulle is: die spreekbuise van &#8216;n immorele, gewelddadige bestel wat nie  daarvan terugdeins om godsdiens te gebruik om sy sielkundige greep op sy  onderdane te behou nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Iets ongeloofliks het oor die afgelope week of wat gebeur. N\u00e1 die publikasie van genl. Johan van der Merwe se memorandum oor die Belhar-belydenis, wat blykbaar aanvanklik deur Neels Jackson van Beeld &#8220;uitgelek&#8221; is, het daar &#8216;n angsvallige trilling deur Heerengracht 40 in Kaapstad getrek, daar waar Naspers gesetel is. Oor jare heen het Beeld, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11896\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Belhar: Naspers verdedig hul Marxistiese &#8216;Groot Leuen&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11896","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11896","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11896"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11896\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11896"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11896"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11896"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}