{"id":11886,"date":"2012-02-08T07:38:18","date_gmt":"2012-02-08T07:38:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11886"},"modified":"2012-02-08T07:38:18","modified_gmt":"2012-02-08T07:38:18","slug":"grensposnagmerrie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11886","title":{"rendered":"Grensposnagmerrie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Suid-Afrikaanse egpaar en hul Italiaanse vriend se herinneringsreis na Namibi\u00eb om hul eerste <a href=\"http:\/\/www.republikein.com.na\/politiek-en-nasionale\/algemeen\/grensposnagmerrie.141877.php\">kennismaking <\/a>met die land 25 jaar gelede te herdenk, het weens die optrede van twee immigrasiebeamptes by Sendelingsdrift in &#8216;n nagmerrie ontaard.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Franco Cancellier (51), bemarkingsbestuurder van &#8216;n Italiaanse maatskappy in Como, is in hegtenis geneem en moes &#8216;n nag in die polisieselle op Alexanderbaai deurbring omdat die immigrasiebeamptes volgehou het dat met sy paspoort gepeuter is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs n\u00e1 amptelike briewe uit Itali\u00eb via die land se konsulaat in Kaapstad om die egtheid van die paspoort te bevestig, moes die trio hoor hulle is nie welkom om Namibi\u00eb deur Sendelingsdrift binne te gaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ontstelde mnr. Herman Steyn, &#8216;n sakeman van Welgemoed in Kaapstad met belange in die tekstielbedryf, s\u00ea die betrokke immigrasiebeamptes se &#8220;wanbestuur van hul gesag&#8221; en &#8220;hul totaal rassistiese houding en arrogansie&#8221; skaad Namibi\u00eb se beeld in die buiteland. &#8220;Vir toeriste om so iets te beleef, is totaal onaanvaarbaar en berokken jul land baie skade,&#8221; het hy in &#8216;n telefoniese onderhoud uit Kaapstad ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steyn, sy vrou, Leslie, en Cancellier het op 11 Januarie vir &#8216;n besoek van 12 dae aan Namibi\u00eb uit Kaapstad vertrek. &#8220;Ons drie het 25 jaar gelede ook s\u00f3 &#8216;n toer onderneem en hierdie was &#8216;n herinneringsreis. Ons eerste bestemming was die Visrivier Lodge aan die noordekant van die spoelvallei, wat ons laat besluit het om Namibi\u00eb deur die grenspos by Oranjemund binne te gaan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea hulle is sonder enige probleme deur die grensposte aan die Suid-Afrikaanse en Namibiese kant, maar toe hulle met Namdeb se private pad van Oranjemund na Rosh Pinah wou ry, is hulle meegedeel dat hulle &#8216;n permit moet h\u00ea. Dit het die drie gedwing om terug te gaan na Suid-Afrika en die 80 km langs die Oranjerivier na Sendelingsdrift af te l\u00ea sodat hulle daar met die pont oor die rivier kon gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is sonder probleme uit Oranjemund terug na Suid-Afrika en by die Suid-Afrikaanse grenspos by Sendelingsdrift is ons ook sonder enige probleme deurgelaat.&#8221; Min het hulle egter geweet wat aan die Namibiese kant op hulle gewag het, vertel Steyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die twee Namibiese immigrasiebeamptes, &#8216;n man en &#8216;n vrou, het nadat hulle Cancellier se paspoort geskandeer het, ges\u00ea daar is mee gepeuter en hulle kan hom nie in Namibi\u00eb toelaat nie. &#8220;Ons het verduidelik ons vriend is reeds deur 20 lande, insluitend Namibi\u00eb vroe\u00ebr die dag, toegelaat, maar hulle wou niks weet nie. Ons het die idee gekry hulle wag dat ons vir hulle omkoopgeld aanbied, wat ons nie gedoen het nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steyn s\u00ea toe hulle weer sien, was daar vyf Namibiese polisiemanne by die grenspos. &#8220;Die immigrasiebeamptes en die polisiemanne is toe saam met ons met die pont terug na die Suid-Afrikaanse kant, boonop sonder dat hulle enige paspoorte by hulle gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hier het die situasie vinnig versleg. Die Suid-Afrikaanse immigrasiebeamptes onder leiding van me. Ellison Links wat ons twee ure vroe\u00ebr vriendelik deurgelaat het, het skielik omgeswaai en met die Namibi\u00ebrs saamgestem dat daar met die paspoort gepeuter is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea in &#8216;n stadium was omtrent veertien polisiemanne en doeanebeamptes van beide lande in die vertrek en die uiteinde was dat Cancellier se paspoort gekonfiskeer is. Hy is summier in hegtenis geneem, agter in &#8216;n vangwa gelaai en na die polisieselle op Alexanderbaai geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Steyns het op di\u00e9 kusdorp in &#8216;n gastehuis oornag en vroeg die volgende oggend die Italiaanse konsulaat in Kaapstad gekontak, wat weer met Itali\u00eb geskakel het. Twee amptelike briewe later, kon hulle einde ten laaste daarin slaag om hul vriend vrygelaat te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Omdat sy paspoort deur die Suid-Afrikaners by Sendelingsdrift afgeneem is, moes ons re\u00ebl dat die paspoort na Alexanderbaai gebring word. Dit was omdat die Suid-Afrikaanse beamptes vir ons ges\u00ea het die man aan die Namibiese kant het ges\u00ea hy gaan ons nie deurlaat nie en ons moet maar deur Noordoewer ingaan.&#8221; Volgens Steyn het dit beteken hulle moes &#8216;n draai van nagenoeg 320 km ry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Walderich Tibinyane, toesighouer by die Namibiese grenspos by Sendelingsdrift, het die voorval gister bevestig en ges\u00ea die drukwerk op Cancellier se paspoort het &#8216;n &#8220;dowwigheid&#8221; gewys waar die geslag van die paspoorthouer aangedui word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea al rede hoekom die &#8220;fout&#8221; nooit deur enige ander immigrasiebeampte raakgesien is nie, is omdat &#8220;my mense aan diens by die Namibiese kant baie meer opmerksaam is&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n vraag waarom die trio aangeraai is om Namibi\u00eb liewer via Noordoewer binne te gaan, het hy geantwoord: &#8220;Ek kan nie daarop kommentaar lewer nie. Vra die Suid-Afrikaners (immigrasiebeamptes).&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Suid-Afrikaanse egpaar en hul Italiaanse vriend se herinneringsreis na Namibi\u00eb om hul eerste kennismaking met die land 25 jaar gelede te herdenk, het weens die optrede van twee immigrasiebeamptes by Sendelingsdrift in &#8216;n nagmerrie ontaard. Mnr. Franco Cancellier (51), bemarkingsbestuurder van &#8216;n Italiaanse maatskappy in Como, is in hegtenis geneem en moes &#8216;n nag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11886\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grensposnagmerrie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11886","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11886","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11886"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11886\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11886"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11886"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11886"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}