{"id":1186,"date":"2007-12-14T08:18:27","date_gmt":"2007-12-14T08:18:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1186"},"modified":"2007-12-14T08:18:27","modified_gmt":"2007-12-14T08:18:27","slug":"kadhafi-sirkus-tref-parys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1186","title":{"rendered":"Kadhafi-sirkus tref Parys"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Maar blykbaar het die Franse regering besluit om die Libiese leier, wat tot onlangs as &#329; internasionale terrorismestoker beskou is, met die volle eer vir &#329; besoekene staatshoof te ontvang. Die rooi tapyt is vir hom uitgerol en die Franse Republikeinse wag het hom voor die parlementsgebou, die Assembl&eacute;e Nationale, gesalueer. Persoonlik beskou Kadhafi verkiesings as &#329; &ldquo;klug&rdquo; en steur hy hom nie aan kritiek dat daar nooit in Libi&euml; verkiesings gehou word nie.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ook tydens sy ontvangs by die Elys&eacute;e-paleis is hy met dieselfde oordadige eerbetoon ontvang, nadat hy in in &#329; lang, slap, wit kar opgedaag het. Moontlik het Kadhafi teruggedink aan die vorige keer toe hy so in Frankryk ontvang is, deur president Georges Pompidou in 1973. Die jong revolusion&ecirc;r was toe net 31 jaar oud en het nie eens moeite gedoen om vir die geleentheid aan te trek nie, met net &#329; eenvoudige rooi polotrui, iets wat destyds &#329; sensasie ontketen het.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vyf-en-dertig jaar later is sy silhoe&euml;t geyk, sy gebare stadiger, sy gesig uitdrukkingloos. Die ritueel van die vuis in die lug om die aanwesiges te groet is steeds daar maar het ietwat meganies geraak.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tussen twee amptelike afsprake, tref mens Moeammar Kadhafi in &#329; okerkleurige &ldquo;abaja&rdquo; (toga) met &#329; &ldquo;kebboes&rdquo; (fes) op sy kop aan, of in sobere pak klere aan in sy tent wat in die tuin van die h&ocirc;tel Marigny opgeslaan is. Hier in die tent en nie in die gebou agter hom nie, word sy besoekers ontvang.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Hy slaap nie daar nie, maar kuier daar saam met sy gaste as &#329; teken van erkentlikheid aan sy Bidoei&euml;neoorsprong,&rdquo; verduidelik &#329; lid van sy afvaardiging. Kadhafi besit verskeie sulke tente wat elkeen omtrent 200 m<sup>2 <\/sup>groot is en met Libiese motiewe en tapyte versier is. Op elkeen van sy reise of staatsbesoeke neem hy een van hulle saam.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Bidoe&iuml;enedanseresse het Maandag &#329; vertoning in die tent gelewer. Kadhafi is &#329; groot voorstander van sy land se kunsvorme en skryf self kortverhale en gedigte oor die liefde of met &#329; nasionalistiese inslag.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gerugte wil h&ecirc; dat hy &#329; karige dieet volg, bestaande uit kameelmelk en dadels. Tydens die staatsbanket Maandagaand in die Elys&eacute;e, is koeskoes en groente, sy gunstelingdis, tesame met lamsvleis en sjokeladekoek, bedien.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Parys het so te s&ecirc; tot stilstand gekom met skerpskutters op die dakke, alles deel van die buitengewone veiligheidsmaatre&euml;ls wat getref is om sy indrukwekkende stoet van honderd voertuie te ontvang.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kadhafi vertrou net sy persoonlike lyfwagte en sy handvol &ldquo;amasones&rdquo; om hom te beskerm. Die &ldquo;amasones&rdquo;, vroulike lyfwagte in kamoefleerdrag, bestaan uit studente of vroueoffisiere van die milit&ecirc;re akademie in Tripoli en volg hom oral waar hy gaan.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vier van hulle het hom Dinsdag vergesel toe hy die ontvangslokale van die Ritz binnegekom het, &#329; duur Paryse hotel waar hy openbare persoonlikhede sou ontvang.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Oral tref mens verwysings na Afrika aan. Kadhafi dra &#329; soort borsspeld wat uit &#329; kaart van die kontinent bestaan, presies op harthoogte. Die afvaardiging het aangekom aan boord van drie vliegtuie van die Ifrikija-redery (&ldquo;Ifrikija&rdquo; beteken Afrika) met &#329; ebleem wat uit drie syfers bestaan 9 9 99, die datum waarop die Afrika-unie gestig is.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tydens &#329; byeenkoms het Kadhafi teen sy gashere uitgevaar omdat hulle nie dieselfde regte aan immigrante uit Afrika toestaan as aan Europe&euml;rs nie. Die gehoor, waaronder &#329; groot klomp swartes uit Wes-Afrika, het hom staande toegejuig.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kadhafi geniet al die aandag en hou daarvan om die media te verras. O&euml;nskynlik weens sy obsessie oor sy persoonlike veiligheid, is sy hele program in geheimsinnigheid gehul. Gaan hy die chateau van Versailles besoek? Sal hy aan &#329; jagtog in die Franse woude deelneem en, indien wel, wanneer?<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar heers ook &#329; gerug dat Kadhafi besoek wil bring aan die gedenkteken van Colombey-les-deux-Eglises in die ooste van Frankryk om hulde te bring aan die Fransman wat hy die meeste bewonder, niemand minder as die konserwatiewe generaal De Gaulle nie.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free sign<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=rec&#038;id=147165\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/kadaffi1.JPG\" width=\"320\" height=\"201\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Die leier en sy &#8216;amasones&#8217;<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die Libiese leier, kolonel Kadafhi, is tans op &#329; staatsbesoek aan Frankryk, kompleet met sy Bidoe&iuml;enetent en &#329; span vroulike lyfwagte in kamoefleerdrag. Die Franse media hanteer dit as &#329; groot publisiteitsfoefie en die kameras volg hom oral waar hy onderhoude voer, mense toespreek of besiens- waardighede in Parys aandoen.<\/p>\n<div align=\"justify\" style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Teenoor die Elys&eacute;e-paleis waar die Franse staatshoof woon, wapper &#329; groot groen Libiese vlag in die koue waar Kadhafi in &#329; amptelike Franse woning, die h&ocirc;tel de Marigny, tuisgaan. Hieroor het vele Franse protes aangeteken.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1130,21089,173],"class_list":["post-1186","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-kadhafi-sirkus-tref-parys","tag-nuus","tag-select-category"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1186\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}