{"id":1185,"date":"2007-12-14T07:39:06","date_gmt":"2007-12-14T07:39:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1185"},"modified":"2007-12-14T07:39:06","modified_gmt":"2007-12-14T07:39:06","slug":"british-council-nekomgedraai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1185","title":{"rendered":"British Council nekomgedraai"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<div align=\"justify\"> Rusland volg die voorbeeld van Belarus wat in 2000 die laaste <em>British Council<\/em> kantoor in di&eacute; land gesluit het. Gemaskerde belastingpolisie, geklee in swart, het reeds drie jaar gelede op die <em>Council<\/em> se hoofkantoor in Moskou toegesak en betogings is verlede week voor die Britse ambassade gehou, terwyl die Britse ambassadeur, Tony Brenton, gereeld lastig geval word.<\/p>\n<p> In Augustus verlede jaar het die Kremlin besluit om die BBC se FM-uitsaaifrekwensie op te skort vanwe&euml; anti-Russiese propaganda wat die diens klaarblyklik aanhoudend uitgesaai het. In die lig van die besluit om die <em>British Council<\/em> se aktiwiteite ook in te perk, is dit duidelik dat die aanstaande president, Dmitri Medvedev, nie beplan om gou &#8216;n einde te maak aan die gespanne verhoudinge wat tussen Rusland en Brittanje heers nie.<\/p>\n<p> &#8216;n Russiese woordvoerder van buitelandse sake het ges&ecirc; dat die <em>Council<\/em> se werkswyse &quot;abnormaal&quot; is omdat dit vanuit Britse konsulate in Rusland bedryf word. Hy het bygevoeg dat dit in stryd is met die Weense Konvensie wat konsul&ecirc;re bedrywighede re&euml;l. Denis MacShane, eertydse Britse minister vir Europa, het ges&ecirc; dat die <em>British Council<\/em> nog lank n&aacute; die huidige Russiese politieke leiers se vertrek sal bly bestaan. Of dit s&oacute; sal wees, sal net die toekoms leer aangesien al 15 streekskantore gesluit gaan word en selfs die Russiese personeel die trekpas gaan kry.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/igrushki-zheleznaya-doroga\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0430\u044f \u0436\u0435\u043b\u0435\u0437\u043d\u0430\u044f \u0434\u043e\u0440\u043e\u0433\u0430 \u043a\u0438\u0435\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die Russe het die <em>British Council <\/em>versoek om al hul streekskantore in Rusland te sluit. Die Russiese ministerie van buitelandse sake het in &#8216;n verklaring ges&ecirc; dat di&eacute; instelling onwettig in Rusland werk en Russiese belasting- en ander wette en die Weense Konvensie van 1963 oortree. Die ministerie het die kantore in Ekaterinburg en St. Petersburg gesluit verklaar vanaf 1 Januarie 2008.<\/p>\n<p>  Die Britte het met uiterste verontwaardiging gereageer op die aankondiging en ges&ecirc; die sluiting is verregaande. &#8216;n Segspersoon vir die Britse ambassade in Moskou het verklaar dat &quot;die <em>Council<\/em> &#8216;n nie-politieke kultuurorganisasie is&quot; wat &quot;mense help&quot; om Engels te leer. Hy het ook gewaarsku dat Rusland se optrede &quot;in stryd is met internasionale reg&quot;. James Kennedy, direkteur van die <em>British Council <\/em>in Rusland, het beaam dat die besluit nie geregverdig kan word nie en dat die <em>Council <\/em>sedert 1994 in Rusland is danksy &#8216;n bilaterale kultuurooreenkoms tussen die twee lande.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1129,162,21089],"class_list":["post-1185","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-british-council-nekomgedraai","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1185","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1185"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1185\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1185"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1185"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1185"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}