{"id":11820,"date":"2012-01-29T08:01:47","date_gmt":"2012-01-29T08:01:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11820"},"modified":"2012-01-29T08:01:47","modified_gmt":"2012-01-29T08:01:47","slug":"afrikaans-word-koeranttaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11820","title":{"rendered":"Afrikaans word koeranttaal"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.9872168502328317\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"'n Meer moderne uitgawe van Klaas Waarzegger se 'Zamenspraak'\" alt=\"Klaas Waarzegger\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/01\/waarzegger_klaas.jpg\" width=\"251\" \/>Louis  Henri Meurant (1812-1893) het in 1830 &#8216;n drukpers gekoop waarmee hy op  30 Desember 1831 <em>The Graham&#8217;s Town Journal<\/em> begin  uitgee het. Meurant en  die latere redakteur Robert Godlonton was die  eerste wat die  opspraakwekkende nuus oor Piet Retief en Dingane  uitvoerig gerapporteer  het. Retief se stukke is uit Hollands vertaal, en  die lesers het  soveel daarin belang gestel dat <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> dit terugvertaal het na  Nederlands. Waar die <em>Commercial Advertiser<\/em> kant gekies het teen die  trekkers, het die <em>Journal<\/em> die ander kant gestel, en sy sirkulasie  opgestoot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Meurant  het later sy aandeel in die drukkery verkoop en ander werk  gedoen,  onder meer as tolk. Hy was tolk toe die Setlaars in 1837 &#8216;n  Bybel as  afskeidsgeskenk aan die Voortrekker Jacobus Uys oorhandig het,  asook by  die onderhandelinge voor die Sandrivier-Konvensie van 1852. Van  1844  tot 1850 was hy uitgewer en redakteur van <em>Het Kaapsche Grensblad<\/em> (wat   bestaan het tot 1861). Daarin het gereeld stukke in Afrikaans verskyn.   Met die Afrikaans het Meurant die blad gewild gemaak by oosgrensboere   vir wie Nederlands al &#8216;n moeilik leesbare taal was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Voor  Meurant het Boniface, die Skot A.G. Bain, en Nederlanders onder   skuilname soms Afrikaans geskryf. Bain is die skrywer van \u201cKaatje   Kekkelbek or life among the Hottentots&#8221; (1838): \u201cMy name is Kaatje   Kekkelbek, \/ I come from Katrivier, \/ Daar is van water geen gebrek, \/   But scarce of wine and beer.\u201d Dit was tipies van die eerste skriftelike   Afrikaans: die taal van nie-blankes of anders na\u00efewe en onontwikkelde   wit mense is met &#8216;n grappige effek gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  Meurant het Afrikaans vir \u2018n ernstiger saak, die politiek, ingespan.  Dit was in 1860 en 1861 in &#8216;n stryd tussen die oostelike en westelike  distrikte in die Kolonie. Die Engelse van die ooste het  Afrikaner-oorheersing deur die weste gevrees en wou van die weste  afskei. Soos gewoonlik het die Afrikaners hulle nie aan die stryd  gesteur nie. Meurant het besef dat, as hy die Afrikaners wou be\u00efnvloed,  hy Afrikaans moes skryf. Dit was die taal wat sy Grensblad-briewe so gewild gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Om hul steun vir die afskeidingsbeweging te wen, het Meurant &#8216;n  samespraak geskryf en twee boere as sy mondstukke in hul eie taal laat  optree. Die samespraak is in Desember 1860 in <em>The Cradock News<\/em> geplaas  en het groot byval gevind: 1500 eksemplare is uitverkoop en nog 1500 is  toe gedruk. So groot was die sukses dat die uitgewers dit gebruik het  om &#8216;n nuwe blad te loods. Hulle het &#8216;n aparte Hollandse blad opgerig, <em>Het Cradockse Nieuwsblad<\/em>,  wat die samespraak sou voortsit. Daarin is die volgende vier  aflewerings geplaas. Op 6 April 1861 is dit as &#8216;n aparte boekie van 75  bladsye uitgegee onder die lang titel: <em>Zamenspraak  tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar over het onderwerp van  afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie<\/em>.  Toe dit omstreeks 1861 duidelik word dat die afskeidingsbeweging misluk  het, het Meurant opgehou om daaroor te skryf en het die klein Cradockse  &#8220;taalbeweging&#8221; tot &#8216;n einde gekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Meurant se stukke is oorgeneem deur ander Hollandse of tweetalige koerante soos <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> en <em>Het Volksblad<\/em>. Dit was die eerste keer in dertig jaar dat <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> weer Afrikaans gebruik het. Tot 1831 het di\u00e9 blad en die <em>Commercial Advertiser<\/em> &#8216;n paar stukkies Afrikaans geplaas.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Louis Henri Meurant (1812-1893) het in 1830 &#8216;n drukpers gekoop waarmee hy op 30 Desember 1831 The Graham&#8217;s Town Journal begin uitgee het. Meurant en die latere redakteur Robert Godlonton was die eerste wat die opspraakwekkende nuus oor Piet Retief en Dingane uitvoerig gerapporteer het. Retief se stukke is uit Hollands vertaal, en die lesers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11819,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11820","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11820"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11820\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11819"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}