{"id":11818,"date":"2012-01-29T07:15:36","date_gmt":"2012-01-29T07:15:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11818"},"modified":"2012-01-29T07:15:36","modified_gmt":"2012-01-29T07:15:36","slug":"moet-fw-de-klerk-stigting-ons-toekoms-bepaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11818","title":{"rendered":"Moet FW de Klerk-stigting ons toekoms bepaal?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Mnr. Tertius Delport het my &#8216;n paar jaar gelede vertel wat een oggend  in 1992 by die Uniegebou gebeur het. Ondanks Delport se smekinge, het  mnr. FW de Klerk argeloos die Afrikaner se soewereiniteit weggeteken en  die sogenaamde &#8220;rekord van verstandhouding&#8221; op 26 September  aanvaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Delport moes as hoofhandelaar van die Nasionale Party  bedank en daarna het die Groot Jabroer, Roelf Meyer, oorgeneem. Maar  eintlik was die koe\u00ebl reeds deur die kerk en was die ware oomblik van  &#8220;oorgawe sonder neerlaag&#8221;, soos Hermann Giliomee daarna verwys het,  reeds op 26 September 1992, daardie fatale dag in ons geskiedenis,  verby.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek dit reeds elders gestel het, het mnr. De Klerk &#8216;n  blanko tjek uitgeskryf en die ANC is nog steeds besig om die nulle in te  vul. Ons het reeds van al ons grondgebied, openbare maatskappye en  ander volksbates afstand gedoen en steeds is dit nie genoeg nie. Selfs  ons Afrikaanse staatskole word nou wesentlik bedreig. (Terloops, as u  dit nie reeds gedoen het nie, teken asseblief die <a href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=463\" data-mce-href=\"..\/?p=463\">Petisie vir Afrikaanse skole in Gauteng<\/a>.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedane  sake het geen keer, soos hulle s\u00ea. Maar wat my bekommer, is dat die FW  de Klerk-stigting steeds &#8216;n vername rol in die huidige Afrikanerpolitiek  speel. Oral waar die vernaamste Afrikaanse organisasies vergader, is  die FW de Klerk-stigting insgelyks verteenwoordig. Die stigting beskik  oor geen bewese steunbasis nie en verkry sy &#8220;legitimiteit&#8221; van die  voormalige pos wat mnr. De Klerk as president van Suid-Afrika beklee  het. Omdat hy vir die ANC &#8216;n min of meer bloedlose revolusie in ons land  verseker het, word hy ook deur die meeste geswore vyande van die  Afrikaner as &#8216;n held beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. De Klerk en sy stigting word  insgelyks deur die Nasperskoerante gesteun, wat gereeld oor hul doen en  late berig. Hoewel Beeld, Die Burger en Rapport in die meer onlangse tyd  kritiek teen die ANC-bewind uitspreek, word mnr. De Klerk se historiese  rol steeds deur hulle as voortreflik voorgehou. Die oorgawe sonder  neerlaag, asook die gepaardgaande oorhandiging van alle pantser en  outomatiese wapens aan Umkhonto we Sizwe was &#8220;onvermydelik&#8221;. Die meeste  Naspers-meningsprekers het al male sonder tal die rympie opges\u00ea dat &#8220;ons  geen ander keuse (as oorgawe)&#8221; had nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die meer onlangse tyd  het die FW de Klerk-stigting hom begin druk maak oor die voortbestaan  van Afrikaans. Verlede jaar het mnr. De Klerk die sogenaamde <a href=\"https:\/\/www.givengain.com\/cause_data\/images\/2137\/11_08_11_Taalmonument.pdf\" data-mce-href=\"https:\/\/www.givengain.com\/cause_data\/images\/2137\/11_08_11_Taalmonument.pdf\">Mathews Posa-gedenklesing<\/a> by die Afrikaanse Taalmuseum gelewer waarin hy sy standpunt stel dat  ons in die eerste plek moet &#8220;aanvaar dat die toekoms van ons taal in ons  eie hande l\u00ea. Dit is ons wat sal besluit of Afrikaans voortleef en  floreer, en of dit sal agteruitgaan en uitsterf. Ons is nie van die  regering afhanklik vir ons oorlewing nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met so &#8216;n stelling  misken mnr. De Klerk dat hy die staatsmag in die hande van  Engelstaliges, of dan Afro-Saksers wat Engels as voertaal verkies,  geplaas het. Hoe kan &#8216;n taal soos Afrikaans oorleef as dit gedurig deur  &#8216;n vyandige staatstruktuur soos di\u00e9 van Suid-Afrika aangeval word?  Dwarsdeur die w\u00eareld erken taalkundiges en sosiolingu\u00efste dat  instellings, maar veral state, &#8216;n geweldige rol by die totstandkoming en  oorlewing van tale speel. Die paradoks is dat mnr. De Klerk deur sy  oorgawe sonder neerlaag eers van Afrikaans &#8216;n staatlose taal gemaak het  en nou van ons verwag dat ons &#8220;self&#8221;, uit eie bronne, die voorbestaan  van ons taal moet verseker. Intussen gebruik die ANC ons belastings om  Engels, die internasionale taal, te bevorder en Afrikaans dood te druk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik  sien die ANC die staat, wat ons voorouers geskep en opgebou het, as die  grot van Ali Baba wat deur veertig duisend diewe na hartelus geplunder  mag word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die stigting van PRAAG in Februarie 2000, moes  ons die felle kritiek van vele ANC-gesindes, asook die Naspers-koerante  verduur. Dikwels is ons verguis en belaster as &#8220;taalbulle&#8221;, &#8220;puriste&#8221;,  &#8220;volgelinge van Adolf Hitler&#8221; en dergelike meer. Ons het egter volhard  met ons argumente rondom taalregte en die prerogatief van elke volk om  oor sy eie taal en kultuur te mag beskik, soos dit in die Universele  Verklaring van Menseregte en vele konvensies van die Verenigde Nasies  verwoord word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noudat ons so min of meer die argument oor  Afrikaanse taalregte gewen het, is mnr. De Klerk en sy stigting gou om  sonder &#8216;n kaartjie op die trein te klim. Die benadering van die FW de  Klerk-stigting dreig egter om die hele logiese onderbou van die Derde  Afrikaanse Taalbeweging onder ons uit te ruk en al ons harde werk  ongedaan te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. De Klerk stel sy hoop op &#8216;n Suid-Afrikaanse  Taalwet wat deur die ANC-meerderheid in die parlement aanvaar sal word.  Nadat &#8216;n prokureur van Brits, mnr. Kerneels Lourens, &#8216;n hofaansoek  gebring het om die regering te verplig om so &#8216;n wet aan te neem, lyk die  ANC op die punt om dit te doen. Die ironie is egter dat die ANC-bewind  so &#8216;n wet gaan gebruik om Afrikaans nog verder van die wal af in die  sloot te help. Die onbekookte en vae bepalings in die grondwet oor taal  gaan deur die ANC ge\u00efntepreteer word om twee amptelike tale in elke  provinsie in te stel: Engels en nog &#8216;n taal, wat nie Afrikaans gaan wees  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs mnr. Kerneels Lourens, wat oorspronklik sy hofaansoek  gebring het, steun nie die konsepwet wat nou deur die ANC voorgestel  word nie. Weinig Afrikaanse organisasies, behalwe die ATKV onder mnr.  Danny Titus, kan enige sin daarin sien. Eintlik is ons beter daaraan toe  s\u00f3nder &#8216;n Suid-Afrikaanse taalwet, want dan kan ons ten minste nog ons  eie interpretasie aan die grondwet heg, &#8216;n grondwet wat ook volgens  internasionale en volkeregtelike beginsels van taalregte ge\u00efnterpreteer  moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die invloed wat mnr. FW de Klerk steeds uitoefen, is  nie beperk tot die taalkwessie nie. Sy stigting handhaaf blykbaar ook  noue bande met Solidariteit en Afriforum wat hulself as die  selfaangestelde verteenwoordigers van Afrikaners sien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik  staan mnr. De Klerk vir nasiebou en die assimilasie van die Afrikaner  en sy akkulturasie by die meerderheidskultuur in Suid-Afrika. Tydens sy  toespraak oor Afrikaans se toekoms verlede jaar, het hy ook kort-kort na  Engels oorgeslaan omdat sekere van sy polities korrekte standpunte  seker moeilik in Afrikaans oorgedra kan word. Onder andere het hy  verklaar:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;For me, this also means that we are called on to reach  out across cultural borders to all our fellow South Africans; to build  together our common South Africanness; to cooperate in the search for  solutions to the problems with which our country still wrestles.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nation-building  must succeed, but can only succeed if we can assure a sustainable and  honourable role for our diversity. It is not one or the other. Both &#8211;  nation-building and diversity &#8211; necessitate carefully considered  attention in balance with one another.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. De Klerk se nasie sal  Engels praat, dit weet ons, en die enigste rol vir Afrikaans daarin sal  as oorge\u00ebrfde folklore uit die &#8220;apartheidsverlede&#8221; wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs  het ek tydens &#8216;n vergadering van Afrikanerorganisasies wat met  onderlinge dialoog besig is beswaar daarteen gemaak om die FW de  Klerk-stigting by sodanige dialoog in te sluit. Myns insiens het mnr. De  Klerk, weens sy aanvaarding van die &#8220;rekord van verstandhouding&#8221; in  1992 wesentlik as onderhandelaar misluk en &#8216;n ramp oor ons gebring. Die  teenargument is blykbaar dat &#8220;ons almal misluk het&#8221;, ook die regse  partye wat in die vroe\u00eb negentigerjare so onder mekaar baklei het dat  hulle nie werklik &#8216;n verenigde front by Kodesa en teenoor die buiteland  kon monster nie. Dus bevind ons ons almal in dieselfde  mislukkingsbootjie op pad na Kammaland, wat ons seker &#8220;demokrasie,  diversiteit en gelykheid&#8221; kan noem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos &#8216;n maatskappy wat n\u00e1  &#8216;n groot mislukking nie weer dieselfde uitvoerende beampte sal aanstel  nie, glo ek nie dat die FW de Klerk-stigting toegelaat moet word om weer  ons lot, hetsy wat Afrikaans betref, hetsy enige ander aspek van ons  toekoms, te bepaal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Naspers-koerante, asook mev. Helen  Zille en die DA, sien steeds 1994 en die ANC-oorname as &#8216;n klinkklare  sukses vir die land. Dis net Jacob Zuma en Julius Malema wat die  probleemagente verteenwoordig. Die res van die staatsdiens,  munisipaliteite, weermag, polisie, ensovoorts, kan nie beter nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  het &#8216;n groot behoefte aan logiese denke, aan helderheid. As ek mnr. De  Klerk se toesprake lees, dan dink hy soos &#8216;n inboorling. Inboorlinge gee  nie om om twee logies teenstrydige waarhede tegelyk aan te hang nie. Mnr.  De Klerk wil nasiebou h\u00ea \u00e9n Afrikaans. Nie net is die twee ondering  uitsluitend nie, maar in die praktyk het ons mos nou al male sonder tal  gesien dat die huidige stelsel eenvoudig nie werk nie. Elke  multikulturele of &#8220;diverse&#8221; instelling in die land is oor die afgelope  18 jaar voor die voet verengels. Die parlement, waar Afrikaans nie eens  meer op die opposisiebanke gehoor word nie, is &#8216;n sprekende voorbeeld  hiervan. As die land nie eens daarin kan slaag om sogenaamde  &#8220;veeltaligheid&#8221; in die parlement af te dwing nie, hoe op aarde gaan hy  dit in enige ander staatsinstelling regkry?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enigste  internasionaal aanvaarbare argument vir ons en ons taal se voortbestaan,  is di\u00e9 wat op etnisiteit gegrond is. Let wel: nie ras nie, maar ons  etniese identiteit waarby afkoms, taal, kultuur, godsdiens en vestiging  binne bepaalde gebiede soos die Kaap, Noord-Natal en die ou  Boererepublieke gesamentlik &#8216;n rol speel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die taalprobleem moet  holisties benader word as slegs &#8216;n onderdeel van &#8216;n veel groter  politieke, sosiale en demografiese probleem in Suid-Afrika. Ons toekoms  kan nie en mag nie deur &#8216;n koppetellery binne die unit\u00eare staat bepaal  word nie. Dit druis teen alle logika en die volkereg, veral ons diep  gewortelde reg op selfbeskikking, in.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is egter bevrees die FW  de Klerk-stigting en sy geesgenote verstaan niks hiervan nie en is  eintlik besig om die debat in Afrikaans met Britse, Kubaanse en ander  buitelandse propaganda te besoedel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis &#8216;n clich\u00e9, ek weet, maar: Met &#8216;n vriend soos mnr. FW de Klerk, het die Afrikanervolk nog vyande nodig?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr. Tertius Delport het my &#8216;n paar jaar gelede vertel wat een oggend in 1992 by die Uniegebou gebeur het. Ondanks Delport se smekinge, het mnr. FW de Klerk argeloos die Afrikaner se soewereiniteit weggeteken en die sogenaamde &#8220;rekord van verstandhouding&#8221; op 26 September aanvaar. Delport moes as hoofhandelaar van die Nasionale Party bedank en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11818","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11818\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}