{"id":11815,"date":"2012-01-27T08:12:02","date_gmt":"2012-01-27T08:12:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11815"},"modified":"2012-01-27T08:12:02","modified_gmt":"2012-01-27T08:12:02","slug":"anc-jeugliga-kry-skietgoed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11815","title":{"rendered":"ANC-Jeugliga kry skietgoed"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-Jeugliga het skietgoed in die hande gekry teen die stemme binne die ANC wat Malema wil stilmaak. Hulle beskuldig die ANC daarvan dat die dissiplin\u00eare prosedure gebruik word om politieke geskille te vereffen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het di\u00e9 week aan die lig gekom by &#8216;n dissiplin\u00eare app\u00e8lkomiteevergadering dat die ANC se hoofaanklaer Uriel Abrahamse &#8216;n e-pos aan sy adjunk, adv. Nomazotsho Memani, geskryf het om te vra dat die app\u00e8l voor die ANC se eeufeesvieringe gehoor word om te voorkom dat Julius Malema die verhoog met president Jacob Zuma deel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrahamse het geskryf: &#8220;Ek dink ook nie dit is &#8216;n goeie idee om by die ander kant betrokke te raak nie, tensy hulle dit inisieer. Ons ervaring is dat hulle elke geleentheid sal gebruik om vertragings te skep. Hulle doen dit ten einde die appellante &#8216;n kans te gee om by te wees vir die 8 Januarie-program. &#8220;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Jeugliga is van mening dat hierdie skuif om Malema te verhoed om &#8216;n verhoog met Zuma te deel, &#8216;n bewys van &#8216;n groter politieke komplot is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie week het die liga &#8216;n formele klag ingedien by Zuma en die ANC se ander top vyf amptenare &#8211; adjunk-president Kgalema Motlanthe, voorsitter Baleka Mbete, sekretaris-generaal Gwede Mantashe, sy adjunk Thandi Modise en tesourier-generaal Mathews Phosa &#8211; oor Abrahamse se optrede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrahamse se e-poskorrespondensie is ook aan die App\u00e8lkomitee deurgegee as bewys dat die saak teen hulle polities gemotiveer is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die korrespondensie is deur die komitee aanvaar en die adjunk-minister van justisie, Andries Nel, wat die deel van die ANC se vervolgingspan is, het die inhoud van die e-pos bevestig en dat dit deur Abrahamse gestuur was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die e-pos sal waarskynlik spanning skep en verdeeldheid in die regerende party voor die ANC-konferensie in Mangaung in Desember verdiep. Die liga hoop ook dat dit geloofwaardigheid sal gee aan die eise dat die aanklagte teen sy leiers polities gemotiveer word, asook daarop gemik is om die liga se standpunte oor beleid en die leierskap te onderdruk.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrahamse beweer dat Luthuli-huis inligting ontvang het dat &#8220;die Mopani-streeks-voorsitter en sekretaris in Limpopo, &#8216;n vergadering gere\u00ebl het twee weke gelede waar hulle Julius genooi het om hulle toe te spreek. Kameraad Cassel Mathale, [Limpopo se premier] was ook teenwoordig en, volgens die verslae wat ons ontvang het, was die agenda basies om hul planne vir massa-mobilisering te bespreek en die ANC-president te ondermyn&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook geskryf: &#8220;Hulle is besig om T-hemde vir 8 Januarie te druk, met die slagspreuk, &#8216;Kgalema vir president&#8217; en hulle probeer om die Jeugliga-strukture te mobiliseer in die hele land ter ondersteuning van hierdie veldtog &#8220;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrahamse, &#8216;n oud-UmkonthoweSizwelid is geen vreemdeling van omstredenheid nie. Twee jaar gelede is hy skuldig bevind aan die moord op vier-jaar-oue Gwadiso Belang, tydens &#8216;n skietery in Westdene, Johannesburg. Hy is op &#8216;n aanklag van strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis tot vier jaar in die tronk, maar het slegs 10 maande uitgedien. Die res is omskep in korrektiewe toesig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrahamse se e-pos het woede by die geskorsde Jeugligabestuur uitgelok, en hulle vra dat tugstappe teen hom geneem word. Hulle eis ook dat Cyril Ramaphosa, voorsitter van die app\u00e8lkomitee, die hulle skorsings as gevolg van politieke inmenging ongedaan maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Artikel 25.2 van die ANC-grondwet verbied dissiplin\u00eare aksies wat bedoel is om politieke punte te skik of wat debat onderdruk in die African National Congress. Die e-poskommunikasie deur Kameraad Uri\u00ebl is duidelik in stryd met hierdie belangrike beginsel van die ANC en illustreer dat die dissiplin\u00eare verhoor teen die leierskap van die ANC-jeugliga as &#8216;n politieke instrument aangewend word en debat smoor.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die brief is onderteken deur Sindiso Magaqa.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC-Jeugliga het skietgoed in die hande gekry teen die stemme binne die ANC wat Malema wil stilmaak. Hulle beskuldig die ANC daarvan dat die dissiplin\u00eare prosedure gebruik word om politieke geskille te vereffen. Dit het di\u00e9 week aan die lig gekom by &#8216;n dissiplin\u00eare app\u00e8lkomiteevergadering dat die ANC se hoofaanklaer Uriel Abrahamse &#8216;n e-pos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11815\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC-Jeugliga kry skietgoed&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11815","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11815","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11815"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11815\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11815"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11815"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11815"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}