{"id":11774,"date":"2012-01-22T05:08:20","date_gmt":"2012-01-22T05:08:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11774"},"modified":"2012-01-22T05:08:20","modified_gmt":"2012-01-22T05:08:20","slug":"uitgewers-ook-die-swaer-van-karl-marx","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11774","title":{"rendered":"Uitgewers, ook die swaer van Karl Marx"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.007954594080545552\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Louis Henri Meurant\" alt=\"Louis Henri Meurant\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/01\/meurant_louishenry.jpg\" width=\"251\" \/>De  Gereformeerde Kerkbode het van 1880 tot 1883 verskyn onder die naam <em>De  Christen<\/em> en van 1884 tot 1932 as <em>De Kerkbode<\/em>.  Tot in 1910 is dit  uitgegee deur Van de Sandt de Villiers. B.J. van de  Sandt (1798-1850)  was die eerste Afrikaner wat drukker geword het. Hy  het in 1809 as seun  van elf jaar by die staatsdrukker begin werk en was  van 1832 tot 1844  superintendent. Hy en sy vrou was kinderloos, en het  die seun van haar  jongste broer aangeneem, wat dieselfde naam as sy oom  gehad het: B.J.  van de Sandt de Villiers (1826-1878).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Nadat  die kantoor van die staatsdrukkery gesluit is, het Van de Sandt  en sy  aangenome seun in 1845 met &#8216;n eie drukkery begin. Die firma het   hoofsaaklik godsdienstige, regs- en politieke werke gedruk, maar ook   liter\u00eare en natuurhistoriese boeke vir Kaapse firmas soos J.C. Juta.   Juta was die eerste Suid-Afrikaanse uitgewer, en was getroud met Louise   Marx, suster van Karl Marx. Marx was die geestelike vader van die   Kommunisme. Die Marxe se ouers was uit Joodse rabbyngeslagte; hul moeder   is in Nederland gebore. Juta het in 1853 Kaap toe gekom en &#8216;n   florerende uitgewery en boekhandel opgerig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Behalwe  <em>De Kerkbode<\/em> het Van de Sandt de Villiers ook ander godsdienstige blaaie  gedruk &#8212; as goeie sakeman sowel <em>Elpis<\/em> as <em>De Onderzoeker<\/em> en <em>De Wekker<\/em> wat in &#8216;n kerkstryd later in die eeu twee teenoorgestelde rigtings  gesteun het! Sy invloedrykste publikasie was <em>Het Volksblad<\/em>. Di\u00e9 blad het  in 1849 begin verskyn en sowat &#8216;n jaar bestaan. Van 1858 tot 1886 het  dit herleef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die  vernaamste Hollandse koerant was nog <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> wat  van 1841 af  twee keer per week verskyn het en van 1880 af drie keer.  Teen 1834 was  sy sirkulasie twee keer so groot as di\u00e9 van die <em>Commercial Advertiser<\/em>.  As teenvoeter vir <em>Commercial Advertiser<\/em> het ook gedien <em>The Mediator<\/em> wat  in 1837 as onpartydige Engelse blad begin het, maar binne enkele maande  tot <em>De Mediator<\/em> herdoop is en simpatiek was teenoor die Voortrekkers. Sy  opvolger was <em>De ware Afrekaan<\/em> (1838-1842).  Volgens die redakteur en  eienaar R.H. Atkinson was dit die oogmerk om  die Afrikanersaak te help  teen die &#8220;Philippijnsche Factie&#8221;, dit is John  Philip en medestanders.  Die koerant het heelwat inligting oor die Groot  Trek gepubliseer.  Philip het ook onder skoot gekom by &#8216;n ander  joernalis, Charles Etienne  Boniface, wat &#8216;n tydjie lank die eerste  redakteur van <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> was  en later in Natal by verskeie Hollandse koerantjies betrokke was.   Boniface het Philip en die oordrewe matigheidsbeweging aangeval in <em>De  nieuwe ridderorde of de temperantisten<\/em> (1832),  die suksesvolste van sy  toneelstukke. Dit was die eerste gepubliseerde  oorspronklike drama in  die land. Hy laat die bruin mense daarin  Afrikaans praat &#8212; die eerste  skrywer wat in sy liter\u00eare werk van die  volkstaal gebruik gemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">In  die Oos-Kaap het die duisende Britte &#8216;n oorwegend Engelse stempel   afgedruk op Port Elizabeth en Grahamstad sodat die lewenskragtige blad,  <em>The Graham&#8217;s Town Journal<\/em>,  eentalig Engels was en dit gebly het. Die  oprigter en eerste redakteur  was een van die eerste joernaliste wat  Afrikaans as skryftaal gebruik  het, Louis Henri Meurant &#8212;  half-Switsers, half-Engels, maar gebore  Kapenaar.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/13.10.2017\/prokuratura_utverdila_obvinenie_harkovskomu_zastroyschiku\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>De Gereformeerde Kerkbode het van 1880 tot 1883 verskyn onder die naam De Christen en van 1884 tot 1932 as De Kerkbode. Tot in 1910 is dit uitgegee deur Van de Sandt de Villiers. B.J. van de Sandt (1798-1850) was die eerste Afrikaner wat drukker geword het. Hy het in 1809 as seun van elf [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11773,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11774","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11774"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11774\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11773"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}