{"id":1176,"date":"2007-12-10T08:25:27","date_gmt":"2007-12-10T08:25:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1176"},"modified":"2007-12-10T08:25:27","modified_gmt":"2007-12-10T08:25:27","slug":"behoort-ons-mugabe-te-bewonder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1176","title":{"rendered":"Behoort ons Mugabe te bewonder?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Hierteenoor het Afrikanerleiers in die onlangse verlede hulle laat voorskryf deur die Britte, Amerikaners en dieselfde lamsakkige Europe&euml;rs wat nou handewringend en kugtend in die aangesig van die sterkman Mugabe rondstaan. Pleks dat De Klerk en sy voorgangers teenoor die buitew&ecirc;reld die soewereiniteit van ons land en van ons volk &ndash; wat net soos ander volke op vryheid en selfbeskikking geregtig is &ndash; verdedig het, is daar toegegee aan die &ldquo;goeie raad&rdquo; van buitelanders wat geen snars van Afrika verstaan nie en ons allermins goedgesind is.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die resultaat van buitelandse inmenging in Suid-Afrika kan vandag gesien word in plaasmoorde, rasse- en taaldiskriminasie, kortom, die uitsigloosheid en wanhoop wat reeds &lsquo;n miljoen Afrikaners oortuig het om hul vaderland vaarwel te s&ecirc; en hul heil elders te gaan soek. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Omtrent elke land in Afrika beskik oor &#329; etniese minderheidsregering. Ook Suid-Afrika het sedert 1994 &#329; oorheersend Xhosa-bewind gehad en dit wil nou lyk asof die Zoeloes onder Jacob Zuma hul pond vleis gaan opeis. En geen haan kraai daaroor nie, net soos wat die huidige Toetsi-regering in Rwanda of die Owambo-regering in Namibi&euml; geen kritiek ontlok nie. Mugabe self is &#329; Sjona wat die Matabele-groep in sy land al genadeloos onderdruk het en selfs 20 000 van hulle uitgemoor het om sy mag te konsolideer. Hieroor het die skynheilige Britte geen woord gerep nie; dit was net toe Mugabe nie meer geredelik vanuit Brittanje gemanipuleer kon word dat die wonderwoord, &ldquo;demokrasie&rdquo;, skielik herontdek is en dat daar &#329; veldtog, gelei deur die Britse media, teen hom geloods is. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe Suid-Afrika n&aacute; 1948 &#329; etniese minderheidsregering onder Afrikaners gehad het wat iets soos elf universiteite en duisende skole vir swartes gebou het, om van honderde hospitale en klinieke, landbou-ontwikkelingshulp, ens. nie te praat nie, is dit egter as &#329; &ldquo;misdaad teen die mensdom&rdquo; veroordeel.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Suid-Afrika vind daar tans veel erger menseregteskendings as in Zimbabwe plaas. Ons mense word daagliks aangeval, verkrag en vermoor. Net verlede week was daar die geval van die Janse Van Rensburgs van Naboomspruit wat agt uur lank gemartel is. Mnr. Theuns Janse van Rensburg is met &#329; panga aangeval en sy vrou, Hettie, se vingers is met &#329; snoeisker afgesny. Daar is geen einde in sig vir hierdie gruweldade wat hul daagliks in Suid-Afrika afspeel nie. Nietemin rep die Britse pers kwalik &#329; woord hieroor en is die algemene konsensus van die Europese Unie dat Suid-Afrika in &#329; staat van &ldquo;demokrasie&rdquo; verkeer.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos ek al voorheen ges&ecirc; het, stuur Suid-Afrika toenemend op &#329; tweede Zimbabwe af. Geweld het by ons reeds &#329; graad bereik wat met die ergste tye onder Charles Taylor in Liberi&euml;, die volksmoord in Rwanda of die voortslepende geweld in die DRK en Darfoer, vergelyk kan word. Daar is reeds tekens dat die stroom paniekbevange Afrikaners wat ons land na Australi&euml; en ander lande verlaat, besig is om &#329; vloed te word. Op die duur staar ons ondergang in die gesig, hetsy omdat ons stuksgewys doodgemaak gaan word, hetsy omdat die meeste talentvolle en opgeleide mense die land gaan verlaat totdat daar niks van ons oorbly nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afrikaner se o&euml;nskynlike onvermo&euml; om op te tree in die aangesig van sy huidige bestaanskrisis, is sekerlik te wyte aan ons hopelose leiers wat die afgelope dekade of twee die politieke toneel oorheers het. Maar ten dele vrees ons ook die kritiek van mede-Westerlinge soos die Europese leiers wat die afgelope naweek in Lissabon byeen was.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">By al sy foute, het Afrikanerleiers heelwat by Mugabe te leer. Indien iemand sy neus in jou sake steek, vertel hom kaalkop die waarheid. Zimbabwe is sekerlik vandag een van die swakste lande ter w&ecirc;reld, wat van voedselhulp afhanklik is om sy bevolking te voed en sy energie van Suid-Afrika op skuld ontvang. Hierteenoor was Suid-Afrika in die tagtigerjare toe die buiteland aan ons begin voorskryf het hoe om ons land te regeer, &#329; kernmoondheid met (volgens <em>Jane&rsquo;s Defence Weekly<\/em> destyds) die vyfde sterkste weermag ter w&ecirc;reld.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Mugabe skroom egter nie om vir die Duitse kanselier, Angela Merkel, in haar gesig te s&ecirc; wat sy met haar &ldquo;goeie raad&rdquo; kan gaan doen nie. Maar die kruipergeslag van Afrikanerpolitici wat die destydse Broederbond en NP voortgebring het, het destyds nie die moed gehad om die soewereiniteit van Suid-Afrika teenoor buitelandse inmenging te verdedig nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Al klink dit na &#329; paradoks, kan die Afrikaner gerus gaan kers opsteek by Mugabe. Ons het niks te vrees van die ruggraatlose Europe&euml;rs wat so gereeld die knie buig voor Afrika se hansworsdiktators van die Idi Amin-tipe nie. Dis tyd dat ons ons eie heil in di&eacute; land begin uitwerk, sonder om die histeriese uitsprake van die Britse pers of die oningeligte menings van Europese diplomate in ag te neem.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos een teleurgestelde Britse kommentator, Simon Jenkins, wat self die gebrek aan enige moed in Europa of in Brittanje raaksien om milit&ecirc;r of andersins in Afrika betrokke te raak oor die naweek opgemerk het: &ldquo;Vandag is al wat Brown by &#329; spitsberaad kan doen, om sy duime in sy ore te druk en &lsquo;Boe!&rsquo; te s&ecirc;.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoekom ons Afrikaners steeds so bang is vir die Britse &ldquo;Boe!&rdquo; en &#329; geriatriese Sjona oorkant die Limpopo hom nie daaraan steur nie, verteenwoordig steeds een van die tergendste raaisels van die geskiedenis.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/detskiy-transport\/detskie-trehkolesnye-velosipedy\/\">\u0432\u0435\u043b\u043e\u0441\u0438\u043f\u0435\u0434 \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die pas afgelope EU-Afrikaspitsberaad het Sondag in &#329; voorspelbare sirkus ontaard toe Robert Mugabe die spul ruggraatlose Europese leiers in hul peetjie gestuur het. Veral die Duitse kanselier, Angela Merkel, moes dit ontgeld toe die Zimbabwiese diktator dit onomwonde gestel het dat sy land &ldquo;wat menseregte en goeie regering betref, sy eie beleid, uit eie vrye wil&rdquo; bepaal.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoewel Mugabe sy land se ekonomie geru&iuml;neer en alle blankes daaruit verdryf het, is daar een aspek van sy gedrag wat bewonderenswaardig is: Mugabe staan op die soewereiniteit van sy staat en duld geen inmenging van buite nie.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[1122,154,21092],"class_list":["post-1176","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-behoort-ons-mugabe-te-bewonder","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1176","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1176"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1176\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1176"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1176"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1176"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}