{"id":11725,"date":"2012-01-15T09:23:23","date_gmt":"2012-01-15T09:23:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11725"},"modified":"2012-01-15T09:23:23","modified_gmt":"2012-01-15T09:23:23","slug":"die-burger-se-rassistiese-rottweilers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11725","title":{"rendered":"Die Burger se rassistiese Rottweilers"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>So pas het die Persombudsman bevind dat sowel Die Burger as Beeld die  perskode oortree het in beriggewing deur Elmari Rautenbach oor my  sogenaamde &#8220;toe-eiening&#8221; van die Afrikaanse skrywersorganisasie  Pretoria-PEN. In die onlangse tyd hou Die Burger vol dat hy en sy  rubriekskrywers oor die volste reg &#8211; kwansuis &#8220;in die openbare belang&#8221; &#8211;  beskik om my verdag te maak, te belaster en aanhoudend as &#8220;rassis&#8221;,  &#8220;verregse&#8221; en &#8220;fundamentalis&#8221; te etiketteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elmari Rautenbach is die nasionale boekeredakteur van Media24. Omdat  Media24, &#8216;n afdeling van Naspers, alle koerante en bykans alle  tydskrifte in Afrikaans besit, bepaal Elmari Rautenbach watter boeke  geresenseer sal word, asook wie hulle sal resenseer en dus in &#8216;n ho\u00eb  mate die verkope en status van alle boeke en skrywers in Afrikaans. Aan  die begin van verlede jaar was daar &#8216;n vergadering van bekende  Afrikaanse skrywers op Stellenbosch wat juis bel\u00ea is om hierdie kwessie  te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy uitspraak beveel die Persombudsman Die Burger en Beeld om  verskoning aan my te bied en ek haal aan uit dr. Johan Retief, die  adjunkpersombudsman, se bevinding:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die koerant(e) word versoek om Roodt om verskoning te vra omdat:<\/em><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li><em>hy nie \u2018n billike kans gegee is om betyds te reageer nie (Beeld);<\/em><\/li>\n<li><em>hulle berig het dat hy hom Pretoria-PEN sou \u201ctoe-eien\u201d (Beeld en Die Burger);<\/em><\/li>\n<li><em>hulle berig het dat Pretoria-PEN teen die vorige maand nog geen  bestuursvergadering gehou en geen grondwet aanvaar het nie (Beeld en Die  Burger); en<\/em><\/li>\n<li><em>dit berig het dat Roodt \u201csy eie\u201d (jaar-) vergadering gehou het (Beeld).<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Di\u00e9 verskoning moet insluit  dat hierdie verslaggewing moontlik  onnodige skade aan Roodt se openbare  beeld berokken het \u2013 met \u2018n  verwysing na die betrokke sin in die Aanhef  tot die Perskode.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Beeld word vermaan omdat di\u00e9 publikasie versuim het om te noem dat kommentaar van Roodt nie betyds verkry kon word nie.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moontlik mag Beeld en Die Burger besluit om teen di\u00e9 bevinding te  appelleer, maar in die Dawid-teen-Goliatstryd waarin ek my teen Die  Burger en die magtige Naspersgroep bevind, kan &#8216;n mens s\u00ea dat ek ten  minste hier &#8216;n paar punte aangeteken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak strek egter veel verder. Ek vermoed dat daar &#8216;n bepaalde  frustrasie by Die Burger en sommige Naspersredaksies bestaan omdat hulle  sienings nie meer deur die bre\u00eb publiek en hul lesers as geloofwaardig  geag word nie. Daarom speel hulle die sogenaamde &#8220;rassekaart&#8221; deur  kritici van die huidige bestel en veral dissidente Afrikaanse skrywers  as &#8220;rassiste&#8221; en &#8220;verregses&#8221; te beswadder. Toe Annelie Botes, skryfster  van <em>Raaiselkind<\/em> en ander boeke, ook haar bedenkinge uitgespreek het oor  die erge graad van geweld wat deur Suid-Afrikaanse swartes gepleeg word,  is sy insgelyks met die teerkwas bygekom. &#8216;n Georkestreerde veldtog  teen haar is ontketen, met die hulp van akademici aan die universiteit  van Stellenbosch.&nbsp; Veral Die Burger handhaaf noue bande met Stellenbosch  se meer linkse en polities korrekte akademici en te eniger tyd word  hulle soos &#8216;n trop Rottweilers opgeroep om meningsartikels te skryf  waarin die slagoffer dan finaal in stukkies opgekerf en sy oorblyfsels  as&#8217;t ware vir die honde gegooi word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste woord oor &#8220;rassisme&#8221; in hierdie land is natuurlik nog nie  gespreek nie. Vanoggend op Facebook het ek effens hardop daaroor gedink  en die volgende kwytgeraak:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  is almal bekend met die re\u00ebl uit Hamlet: <em>The lady doth protest  too  much, methinks.<\/em> Waarom gil Ilse Bigalke, Leopold Scholtz en die  res so  hard oor rassisme? Omdat hulle self die grootste rassiste is,  wat  heimlik swartes vrees en selfs haat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<div>\n<div>\n<p><abbr title=\"15 Januarie 2012 om 04:44 VM\"><\/abbr><\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<div>\n<div>\n<p>Onlangs  het my vrou vir my &#8216;n stuk oor &#8216;n Sloweense filosoof  gestuur waarin hy  met behulp van Lacan en Freud na rassisme kyk. Ek  dink sy gevolgtrekking  is dat almal rassiste is. Sommige mense is net  groter rassiste as  ander. Die Kaapse gillers oor rassisme is veel  groter rassiste as  enigeen van die KP of HNP.<\/p>\n<\/div>\n<div>\n<p>Eintlik is die KP- of HNP-mense baie  verdraagsaam teenoor swartes.  Die vorige leier van die HNP, Wilie  Marais, het op &#8216;n keer aan my  verduidelik hoe goed hy na sy swart  werknemers omsien. Die Kaapse  rassiste vrees swart geweld, maar blameer  ander blankes en Afrikaners  daarvoor. Jacques Lacan, wat &#8216;n volgeling  van Freud was, het mos van  &#8220;oordrag&#8221; gepraat. Die pasi\u00ebnt verplaas sy  gevoelens van een  voorwerp\/objek na &#8216;n ander.<\/p>\n<\/div>\n<div>\n<p>Leopold Scholtz en Ilse  Bigalke dra hul rassehaat jeens swartes op  my en ander noordelike  Afrikaners oor. Natuurlik voel hulle ook  skuldig oor die rassisme wat  hulle in hul binnekamers koester. Hoe  skuldiger hulle voel, hoe harder  beskuldig hulle ander van rassisme.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In Elmari Rautenbach se berig het sy onder meer vir Breyten  Breytenbach betrek om &#8216;n negatiewe mening oor Pretoria-PEN uit te  spreek. Waarom word Breytenbach egter nie ook as &#8216;n rassis deur Die  Burger gehoon nie? In Desember 2008 in Harper&#8217;s Magazine het Breytenbach  sy ontnugtering met die Nuwe Suid-Afrika en postkoloniale Afrika in die  algemeen uitgespreek in die vorm van &#8216;n ope brief aan Mandela: <a href=\"http:\/\/harpers.org\/archive\/2008\/12\/0082308\">Mandela&#8217;s smile &#8211; notes on South Africa&#8217;s failed revolution<\/a>.  Dis &#8216;n lang, ietwat wollerige brief, maar plek-plek sny hy ook tot op  die been as dit by moeti-moorde, korrupsie, diefstal, wanbestuur en  geweld kom. Suiwer rassisme, volgens Die Burger en sy spannetjie  gesublimeerde rassiste wat besig is om &#8216;n nuwe vorm van sensuur, die  sensuur van &#8220;die-rassis-vermom-as-teenrassis&#8221;, toe te pas.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>In sy bevinding verwys die adjunkpersombudsman egter ook na &#8220;die  kumulatiewe effek&#8221; (hy kursiveer di\u00e9 sinsnede in sy bevinding hier onder) van Die  Burger en Beeld se stories oor Pretoria-PEN:<\/p>\n<ul>\n<li><em>Ek verwys telkens na die waarskynlikheid dat sommige stellings in  die stories Roodt onnodige  skade kon berokken het \u2013 di\u00e9 verwysings is  gebaseer op \u2018n stelling in  die Aanhef tot die Perskode wat s\u00ea dat  joernaliste onnodige skade moet  vermy;<\/em><\/li>\n<li><em>Ek is bekommerd oor die <\/em>kumulatiewe effek<em> van di\u00e9 onnodige skade wat die berigte Roodt waarskynlik berokken het; en<\/em><\/li>\n<li> <em>Die  pers in die bre\u00eb praat soms onwaarhede klakkeloos na, al is  die feite  ook agterna reggestel \u2013 ek hoop van harte dat dit nie in  hierdie geval  gaan gebeur nie.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Nou die dag, in &#8216;n berig oor die vertrapping buite die hekke van  die voormalige RAU, die sogenaamde &#8220;Joedjy&#8221;, lees ek in die New York  Times dat die swart studente mekaar vertrap het omdat hulle nie voorheen  onder apartheid die geleentheid vir tersi\u00eare studie gehad het nie.  Fanie Olivier, die voormalige professor aan die universiteit van Venda,  sal seker kan bevestig dat daardie instelling in 1994 tot stand gekom  het, want hy is geen rassis nie en sal dit nie durf waag om teenoor die  magtige New York Times as apartheidsapologeet op te tree nie, nie waar  nie?<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die kumulatiewe effek van jare lange mites, leuens, halwe waarhede  en doodgewone domheid wat in die propaganda-oorlog om die siel van  Suid-Afrika uitgegiet is, sal ons seker nooit na waarde kan skat nie.&nbsp;  Maar ten minste het die adjunkpersombudsman raakgesien wat die  kumulatiewe effek van Elmari Rautenbach se beriggewing oor my en  Pretoria-PEN kan wees.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Op Facebook het Elmari Rautenbach ook teenoor Herman Lategan, Liza  Albrecht, Jaco Jacobs, Fran\u00e7ois Griebenow, Kerneels Breytenbach en  ander, wat almal in die Media24-dampkring verkeer, te kenne gegee dat sy  die nuus so plaas dat dit bedoel is om my in &#8216;n swak lig te stel. Die  algemene gevoel onder Elmari Rautenbach se Facebook-gespreksgenote was  blykbaar dat ek een of ander dorpsidioot is &#8220;wat verdien om doodgeswyg  te word (siende dat sy ma versuim het om hom dood te l\u00ea toe hy klein  was)&#8221;.&nbsp; Laasgenoemde synde &#8216;n verbatim-aanhaling uit di\u00e9 hoogs  intellektuele debat in die binnekringe van die Media-vier-en-twintigers.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Voeg daarby die kumulatiewe effek van Die Burger se&nbsp;  aartsrassistiese rubriekskrywers oos Max du Preez, Leopold Scholtz en  Ilse Bigalke wat met hul eie rassedemone en identiteitskrisisse worstel,  dan kry &#8216;n mens soms die indruk dat jy terug verplaas is na die  Middeleeue. En binnekort gaan al die ketters op die brandstapel geplaas  word. Of dalk gaan ons Siberi\u00eb toe gestuur word om soos Solsjenitsin die  binnewerkinge van die ANC en Die Burger se goelag te beskryf.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Oorspronklik toe ek op die gedagte gekom het om Pretoria-PEN te  stig, het ek eintlik gedink dat skrywers in die nabye toekoms gevaar  loop om deur die ANC in die tronk gesmyt te word. Dit was as &#8216;n soort versekering vir die toekoms bedoel. Ten minste as iemand  in Londen af en toe vir die minister van korrektiewe dienste &#8216;n brief  skryf, mag dit &#8216;n positiewe uitwerking h\u00ea. Met ander skrywers in ander  lande sou ons dalk kon veg om sulke dissidente weer te bevry. Die manier  waarop Clive Derby-Lewis teen die reg en alle billikheid in tans steeds  aangehou word, laat my dink dat my geloof in die mag van publisiteit  oor &#8216;n gevangene taamlik misplaas is. Seker daarom dat daar, ondanks  verto\u00eb van PEN Internasionaal en ander menseregte-organisasies, steeds  bykans 1000 skrywers w\u00eareldwyd in tronke aangehou word.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Nooit in my wildste drome kon ek egter voorsien dat die grootste  bedreiging vir spraakvryheid in ons land van die Freudiaans onderdrukte  rassiste by Die Burger sou kom en nie van Julius Malema of Floyd  Shivambu nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die patetiese wyse waarop John Miles en Fanie Olivier hulle na  Elmarie Rautenbach gewend het om &#8216;n &#8220;bietjie slegte publisiteit&#8221; vir my  op te wek, hopende om so hul gepoogde staatsgreep op Pretoria-PEN te  bestendig, is nou ook aan die kaak gestel vir wat dit is: net nog &#8216;n  agteraf gekonkel wat misluk het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>As skrywers en denkers &#8211; die woord &#8220;intellektueel&#8221; het vir my al so  bedenklik en besmet geraak dat ek dit liefs vermy &#8211; behoort ons egter  te weet dat &#8216;n vinnige tref-en-trap-moddergooiery in &#8216;n koerantberig  korstondige bevrediging verskaf, maar geen werklike beginselkwessie  besleg nie. Al sing Die Burger se hele personeel met die redakteur as  dirigent elke week in drie stemme en netjies afgerig dat ek &#8216;n verregse  reaksion\u00ear is, gaan dit nog geen duit verskil aan ons maatskaplike  werklikheid en wanorde maak nie.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Op &#8216;n manier veg ons vandag baie harder as ooit om die waardes van  die Europese Verligting staande te hou, want ons is besig om nogmaals te  verval in die irrasionele en d\u00edt wat Kant &#8220;dogmatiese rede&#8221; genoem het.  Ek s\u00ea altyd: as dit nie vir die Verligting was nie, sou jy nie nou &#8216;n  selfoon in jou hand en rekenaarskerm voor jou gehad het nie, want dit  was daardie soeke na die werklike struktuur van die w\u00eareld &#8211; en nie die  dogma nie &#8211; wat hierdie hele wetenskapfiksie-avontuur wat ons tans  beleef, moontlik gemaak het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die Spaanse Inkwisisie het as &#8220;die honde van God&#8221; bekendgestaan.  Van Wyk Louw het een van sy beste gedigte oor so &#8216;n &#8220;hond van God&#8221;  geskryf. As ons egter ooit sou toelaat dat die &#8220;Rottweilers van ras&#8221;,  wat by Die Burger en ander Nasperspublikasies aan hul kettings wurg, die  oorhand kry, is&nbsp; spraakvryheid in Afrikaans daarmee heen.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Soos ek nou die dag vir &#8216;n buitelandse korrespondent hier in  Johannesburg ges\u00ea het, is die stryd om vryheid wat tans woed, veel  feller en moeiliker as die sogenaamde &#8220;struggle&#8221; teen apartheid. Daar  was twee of drie komitees wat die anti-apartheidsbeweging bestuur het,  met Huddleston aan die spits en die Sweedse geld wat in &#8216;n dik stroom  vanuit Stockholm gevloei het.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Ons veg om basiese dinge soos die reg op lewe, die reg op  meningsuiting, die reg op gelykheid, moedertaalonderrig, ons  menswaardigheid, ensovoorts &#8211; sonder geld en met sowel die staat as die  grootste mediagroep in die land, Naspers, t\u00e9\u00e9n ons.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Uiteindelik is enige totalit\u00eare bestel egter net so sterk soos die  beheer wat hy oor mense se denke uitoefen. Deel van die rassistiese  Rottweilers aan hul kettings se frustrasie is miskien juis dat hulle ni\u00e9  meer ons denke beheer nie, dat Breyten Breytenbach, Annelie Botes,  Steve Hofmeyr of elkeen van di\u00e9 wat al vanaf berg Olimpus by  Heerengracht 40 met donder en bliksem getref is, steeds aanhou om dinge  te s\u00ea net soos hulle is.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So pas het die Persombudsman bevind dat sowel Die Burger as Beeld die perskode oortree het in beriggewing deur Elmari Rautenbach oor my sogenaamde &#8220;toe-eiening&#8221; van die Afrikaanse skrywersorganisasie Pretoria-PEN. In die onlangse tyd hou Die Burger vol dat hy en sy rubriekskrywers oor die volste reg &#8211; kwansuis &#8220;in die openbare belang&#8221; &#8211; beskik &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11725\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Burger se rassistiese Rottweilers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}