{"id":11714,"date":"2012-01-12T05:50:49","date_gmt":"2012-01-12T05:50:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11714"},"modified":"2012-01-12T05:50:49","modified_gmt":"2012-01-12T05:50:49","slug":"vir-die-burger-is-dan-roodt-vyand-nommer-een","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11714","title":{"rendered":"Vir Die Burger is Dan Roodt vyand nommer een"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Die Kaapse Nasperskoerant, Die Burger, dra vandag weer &#8216;n leedvermakerige beriggie <a href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Suid-Afrika\/Nuus\/Dan-Roodt-verloor-lastersaak-teen-Die-Burger-20120111\" target=\"_blank\">Dan Roodt verloor lastersaak teen Die Burger<\/a>.  Soos gewoonlik is dit onakkuraat, want ek het geen lastereis teen Die  Burger ingestel nie, maar bloot &#8216;n klag by die persombudsman ingedien  omdat ek in die blaaie van di\u00e9 koerant &#8216;n &#8220;verregse Afrikaner-aktivis&#8221;  met &#8220;fundamentalistiese sienings&#8221; genoem is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Burger voer reeds jare lank &#8216;n lasterveldtog teen my. Die  joernalis wat my as &#8220;verregse fundamentalis&#8221; wou etiketteer, is ene Ilse  Bigalke, een van die koerant se senior asssistentredakteurs. Haar  rubriek <a href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Rubrieke\/IlseBigalke\/Van-hekse-kom-nie-altyd-onheil-20111124\" target=\"_blank\">Van hekse kom nie altyd onheil<\/a> het op 24 Hovember 2011 verskyn. Let op die beeldspraak en toespeling  op &#8220;hekse&#8221;, so reg uit die Middeleeue toe Pous Urbanus VIII vir Galileo  gedwing het om sy teorie terug te trek dat die aarde om die son sou  draai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos Galileo weens sy &#8220;kettery&#8221; deur die Roomse Inkwisisie  vervolg is, word ek deur die Kaapse Inkwisisie&nbsp; vanuit Heerengracht 40  aangekla.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar beskik Die Burger oor &#8216;n vrypas om my te belaster en te  verguis. Ek, en nie Julius Malema nie, is Suid-Afrika se vyand nommer  een. Maar waarteen het Die Burger werklik beswaar? In die eerste plaas  gaan dit daaroor dat ek my teen geweldsmisdaad, veral plaasmoorde en die  verkragting van Afrikanervroue, uitspreek. Aan die einde van verlede  jaar het UNPO, die Verenigde Nasies vir staatlose volke en waar  Afrikaners deur die Vryheidsfront verteenwoordig word, in &#8216;n verslag  verklaar dat &#8220;die verkragting van minderheidsvroue die hele volk waartoe  hulle behoort, onteer&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met di\u00e9 siening kan ek nie genoeg saamstem nie. Ek verseg ook om te  aanvaar dat plaasmoorde &#8216;n gegewe van die Nuwe Suid-Afrika moet wees wat  ons maar net moet aanvaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as &#8216;n mens jou teen die ekstreme geweld wat in Suid-Afrika tier, uitspreek, is jy &#8216;n &#8220;fundamentalis&#8221; en &#8216;n &#8220;verregse&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bigalke se rubriek lewer kommentaar op &#8216;n TV-uitsending &#8220;Redi on  Mzansi&#8221; waarheen ek verlede jaar uitgenooi is. In die program het &#8216;n <a href=\"http:\/\/roodt.org\/?p=187\" target=\"_blank\">woernaal<\/a> van my in antwoord op Sandile Memela se rubriek in die Sowetan oor  swartes se swak wiskundeprestasie ter sprake gekom. Let wel: dis nie ek  wat eerste beweer het swart matriekleerlinge presteer gemiddeld swakker  as blankes in matriekwiskunde nie, dit was die Sowetan se  rubriekskrywer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook die ANC-regering het al male sonder tal gekla dat die algemene  prestasie van skoolleerlinge in wiskunde nie na wense is nie. Soos  iemand oor Radio Pretoria vanoggend opgemerk het: &#8220;Maak dit die  ANC-regering ook nou &#8216;verregs&#8217;?&#8221; Ons het ook enkele dae gelede gesien  hoe &#8216;n skare studente die hekke by die universiteit van Johannesburg  stormgeloop het, met funeste gevolge. Is &#8216;n mens &#8216;n &#8220;fundamentalis&#8221; en  &#8216;n &#8220;verregse&#8221; indien jy sulke dinge waarneem en dit onaanvaarbaar vind?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Persombudsman, of in di\u00e9 geval sy assistent, dr. Johan Retief,  het my in sy uitspraak met Robert McBride, iemand wat sowel aan terreur  as munisipale korrupsie skuldig bevind is, vergelyk. Dis eenvoudig  verregaande! Anders as McBride, is ek nog nooit aan enige misdaad  skuldig bevind nie. Dit wel egter voorkom asof die Persombudsman in wese  bloot &#8216;n verlengstuk van die groot mediagroepe soos Naspers, Avusa en  die Independent-groep is en dat die burgers van Suid-Afrika kwalik enige  beskerming of billike behandeling uit daardie oord kan verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir wat dit werd is, gaan ek egter teen hierdie bevinding appelleer.  Ek weier om oor dieselfde kam as McBride geskeer te word, bloot omdat ek  my teen onreg, geweld en onbekwaamheid in ons treurige land uitspreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Persombudsman verdedig Die Burger se reg om feitlik enigiets oor  my kwyt te raak wat die koerant wil, hoe ver dit ook al van die waarheid  verwyder mag wees. Ek is self &#8216;n voorstander van spraakvryheid. Maar  Die Burger gebruik sy spraakvryheid juis om my dieselfde te onts\u00ea.  Uiteindelik is die koerant se verbete veldtog teen my daarop gemik om my  die swye op te l\u00ea, om my by die publiek belaglik te maak en my sodoende  ook enige ekonomiese kanse op deelname aan die Afrikaanse boek- en  mediamark te onts\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder die internet en sonder &#8216;n aanlynpublikasie soos praag.co.za,  sou ek dalk inderdaad deur Die Burger tot &#8220;heks&#8221; en ketter verklaar  gewees het. Soos Galileo sou ek gedwonge gewees het om my oortuigings af  te sweer en die res van my lewe onder huisarres deur te bring.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig leef ons in die een-en-twintigste eeu met sy inligtings- en  kommunkasierevolusie. Nie eens Die Burger en die magtige Naspersgroep  agter hom kan ons meer stilmaak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos George Orwell ges\u00ea het: &#8220;Om in &#8216;n tyd van universele misleiding  die waarheid te praat, verteenwoordig &#8216;n revolusion\u00eare daad.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kaapse Nasperskoerant, Die Burger, dra vandag weer &#8216;n leedvermakerige beriggie Dan Roodt verloor lastersaak teen Die Burger. Soos gewoonlik is dit onakkuraat, want ek het geen lastereis teen Die Burger ingestel nie, maar bloot &#8216;n klag by die persombudsman ingedien omdat ek in die blaaie van di\u00e9 koerant &#8216;n &#8220;verregse Afrikaner-aktivis&#8221; met &#8220;fundamentalistiese sienings&#8221; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11714\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vir Die Burger is Dan Roodt vyand nommer een&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11714","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11714","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11714"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11714\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11714"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11714"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11714"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}