{"id":1171,"date":"2007-12-08T14:38:32","date_gmt":"2007-12-08T14:38:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1171"},"modified":"2007-12-08T14:38:32","modified_gmt":"2007-12-08T14:38:32","slug":"renboognasie-is-n-stalinistiese-sosiogeniringsprojek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1171","title":{"rendered":"Re?nboognasie is &#8216;n Stalinistiese sosiogeni?ringsprojek"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">D&iacute;t alles geskied in die geykte taal van die meerderwaardigste stam van almal, di&eacute; van Groot Wit Engelse Akademici. Dit is net &#329; w&ecirc;reldvreemde (en onnosele) Feminazi of Groot Wit Engelse Marxis wat haar- of homself saam met Van der Westhuizen aan die Universiteit van Kaapstad bevind wat die Afrikaner se taal, kultuur en identiteit in sy geheel tot een of ander &ldquo;apartheidkonstruksie&rdquo; kan verskraal. Nie net is dit verregaande en minagtend nie, maar dit spreek ook van &#329; ekstreme filistinisme teenoor die estetiese aspekte van ons kultuur en identiteit.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terwyl Van der Westhuizen haar druk maak oor die koloniale erfenis in Suid-Afrika en die veronderstelde invloed daarvan op Afrikaners, erken sy nie die Brits-koloniale vooronderstelling wat haar eie anti-Afrikanerchauvinisme onderl&ecirc; nie, naamlik dat Suid-Afrika &agrave; la Milner van alle Afrikanerinvloed gesuiwer behoort te word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Christi van der Westhuizen skaar haar ook openlik aan die kant van Deon Maas en sy vreemde apologie aan Satanisme. Hierdie teosofiese (of is dit politieke?) uitwasse sou in hul geklikheid nogal snaaks gewees het indien Suid-Afrika nie besig was om af te stuur op &#329; tipiese Afrikanagmerrie van verval en etniese konflik nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ongelukkig manifesteer die soort totalit&ecirc;re aandrang dat &ldquo;die Afrikaner moet verdwyn&rdquo; wat Van der Westhuizen, Maas, Max du Preez en ander anti-Afrikaners aan ons voorhou in die gruwelike plaasmoorde en rasgedrewe moordbendes wat ons mense ook in stedelike gebiede teister. Waarop kom Van der Westhuizen se pleidooi vir die totalit&ecirc;re be&euml;indiging van Afrikanerskap neer, anders as op &#329; variasie van Peter Mokaba se &ldquo;Kill a Boer, kill a farmer&rdquo;?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Van der Westhuizen se gemeenplasige tirade teen kolonialisme lyk omtrent asof dit uit &#329; vergeelde kommunistiese koerant in Europa van veertig jaar gelede geplagiariseer is. Dat hierdie tradisionele linkse diskoers direk aanleiding gegee het tot die totalit&ecirc;re vergrype van die twintigste eeu onder Stalin, Pol Pot, Castro, Mao en ander diktators, weier Suid-Afrika se Groot Wit Engelse Marxiste om toe te gee. Van der Westhuizen is maar net &#329; mindere kloon van die spesie wat saam met Jakes Gerwel lang krokodiltrane gehuil het toe die Berlynse muur ineengestort het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ook die vele volksmoorde en gruweldade wat onder die &ldquo;masker van anargie&rdquo; in post-koloniale Afrika plaasgevind het en wat deur skrywers soos die Fransman Stephen Smith en die Amerikaner Stephen Ellis uitgelig is, word gerieflik deur Suid-Afrikaanse linkses met hul fiksasie oor apartheid en kolonialisme onder die mat ingevee. In Frankryk het die vorige president, Jacques Chirac, &#329; wet op die wetboek geplaas waardeur erkenning aan &ldquo;die positiewe sy van kolonialisme&rdquo; in skoolgeskiedenisboeke verpligtend gemaak word. <\/span>Artikel 4 van die wet bepaal dat &quot;skoolleerplanne in die besonder die positiewe rol van die Franse buitelandse teenwoordigheid, veral in Noord-Afrika, erken en aan die geskiedenis en aan die opofferinge van die Franse weermag in di&eacute; w&ecirc;relddele die aansienlike plek waartoe hul reg het, sal toeken.&quot; <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit dui op &#329; grondverskuiwende hersiening van die clich&eacute;s oor kolonialisme. Net Rip van Winkel neem nog die beeld van bose blankes wat op onskuldige inboorlinge toesak om hulle hetsy uit te wis, hetsy uit te buit, ernstig op.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Solank as wat enigiets &ndash; ook Afrikanerskap &ndash; met apartheid verbind kan word, is die linkse propagandis egter van &#329; oorwinning verseker. Dit is ook die kern van Van der Westhuizen se geykte retoriese strategie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar post-Zimbabwe is die w&ecirc;reld lank nie meer so eenvoudig nie. Die Afrikaner se positiewe rol in die opbou van ons nywerheidstaat word toenemend deur sowel buitelandse joernaliste as diplomate erken.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afrikaner se &ldquo;identiteitsverbrokkeling&rdquo; waarna Van der Westhuizen verwys, is manies deur die massamedia, sowel as deur die ANC-bewind, gepropageer, maar het byna soos water van die volk se rug afgeloop. Vandag aanskou ons hoe die feniks uit die as verrys en hoe Afrikaners met trots hul eie taal in die openbaar begin praat en sing, asook &#329; hernieude belangstelling in die Afrikanergeskiedenis wat veral op die internet en in boekpublikasies gedy. Bok van Blerk se nasionalistiese lied, &ldquo;De la Rey&rdquo;, het Afrikaners van alle geslagte aangegryp en het die kontinu&iuml;teit van Afrikanerskap herbevestig.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Eerder as wat die Afrikaner besig is om soos &#329; tekening op die sand deur die inkomende gety uitgewis te word, ervaar die gewaande &ldquo;Re&euml;nboog-Suid-Afrikaner&rdquo; ernstige identiteitsprobleme. Engelssprekende blankes het aanvanklik die anti-Afrikanerbeweging en &ndash;ideologie van die ANC gesteun in die hoop dat hul tradisionele vyand vernietig sou word. Swart nasionalisme tref egter geen onderskeid tussen Afrikaner en Engelsman nie, dus bevind dieselfde Engelse hulle nou insgelyks in die transformasievisier. Ook hulle is slagoffers van die tierende Afrikageweld waaroor die pers elke dag berig en raak by die dag meer reddeloos, versaak deur hul eens magtige Ryk.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Bruinmense voel uitgesluit van die heersende swart rassenasionalisme en val toenemend terug op hul identiteit as Kleurlinge. Binne die ANC self woed &#329; etniese stryd tussen Zoeloes en Xhosas om beheer van die party en van die staat.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wie en wat is &#329; &ldquo;Suid-Afrikaner&rdquo; na alles? Daar bestaan geen gemeenskaplike Suid-Afrikaanse taal, kultuur, godsdiens of identiteit nie. Ons is bloot in een land saamgegooi deur &#329; sameloop van omstandighede en deur Britse milit&ecirc;re operasies wat die destydse Unie van Suid-Afrika geskep het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tydens die anti-apartheidsveldtog is Suid-Afrika w&ecirc;reldwyd verguis en geboikot. Die woord &ldquo;Suid-Afrika&rdquo; was &#329; vloekwoord. Tans ly die land onder sy reputasie as &#329; korrupte rampokkerstaat met ons volgende president wat op die verhoog rond dans en &#329; liedjie soos &ldquo;Bring my my masjiengeweer&rdquo; sing. Wie kan met so iets identifiseer?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierteenoor het die Afrikaner oor verskeie eeue &#329; unieke, inheemse Westerse beskawing voortgebring wat beslag gekry het in ons geskiedenis, taal, letterkunde en Protestantse teologie. Soos mens so dikwels kan kontateer, verteenwoordig ons Afrikaners eintlik een groot familie wat almal afstam van 40 000 Europe&euml;rs wat reeds in die agtiende eeu besig was &#329; samehorigheidsgevoel te ontwikkel.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Al wat Christi van der Westhuizen, Deon Maas en ander anti-Afrikaners regkry met hul voorspraak vir etniese suiwering jeens die Afrikaner, is om ons oorlewingsdrang en afkeer van Suid-Afrikanisme te versterk.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoe gouer die mislukte nasiestaat Suid-Afrika tot niet gaan en daar &#329; nuwe Suider-Afrikaanse ekonomiese entiteit tot stand kom waaraan die Afrikanervolk vrylik maar outonoom kan deelneem, hoe beter vir ons almal. Die re&euml;nboognasie is net nog &#329; Stalinistiese sosiogeni&euml;ringsprojek wat deur regdenkende mense verwerp word.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/parket-ukladka.com\/products\/tsiklevka-parketa\">\u0440\u0435\u0441\u0442\u0430\u0432\u0440\u0430\u0446\u0438\u044f \u043f\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442\u0430 \u043d\u0435\u0434\u043e\u0440\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>N&aacute; ek verlede week Christi van der Westhuizen se pleidooi vir die verdwyning van Afrikaners gelees het, het ek onderstaande geskryf en aan <em>Beeld <\/em>se <em>By <\/em>vir publikasie aangebied. Aanvanklik was dit aanvaarbaar, maar later in die week het die redaktrise van <em>By<\/em>, Liza Albrecht, gemeen dit sal net as brief geplaas kan word &quot;weens &#8216;n gebrek aan ruimte&quot;. Maar ook die verkorte weergawe het in die slag gebly en is glad nie in vandag se By opgeneem nie. Al is dit nou &#8216;n week n&aacute; Van der Westhuizen se gewraakte artikel, plaas ek my repliek, wat reeds verlede Saterdag geskryf is, vandag hier:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit wil voorkom asof die faksie verloopte anti-Afrikaners waarvan Deon Maas maar net een is, steeds besig is met hul veldtog om Afrikaners in Afrikaans te beledig en te verguis. In verlede week se By trek Christi van der Westhuizen los met &#329; <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/In-Diepte\/0,,3-67_2230377,00.html\">artikel <\/a>waarin sy die einde van Afrikanerskap in Suid-Afrika bepleit.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Van der Westhuizen maak die belaglike stelling dat &ldquo;<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">rassediskriminasie &#329; integrale aspek van Afrikaner-identiteit&rdquo; is. Ook beskuldig sy ons Afrikaners daarvan dat ons &ldquo;hang aan fantasie&euml; van wit meerderwaardigheid en eksklusiewe politieke mag&rdquo;.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,1117,21092],"class_list":["post-1171","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-renboognasie-is-n-stalinistiese-sosiogeniringsprojek","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1171","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1171"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1171\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1171"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1171"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1171"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}