{"id":11704,"date":"2012-01-10T19:42:10","date_gmt":"2012-01-10T19:42:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11704"},"modified":"2012-01-10T19:42:10","modified_gmt":"2012-01-10T19:42:10","slug":"media-verdraai-anc-boodskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11704","title":{"rendered":"Media verdraai ANC-boodskap"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Is die ANC \u2018n wolf in skaapsklere en steek die media dit vir ons weg?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het Saterdag die moeite gedoen om na president Jacob Zuma se  toespraak soos dit op SABC2 uitgesaai is, te kyk. Agterna het ek  tevergeefs in die koerante na sinvolle berigte of kommentaar daarop  gesoek, maar niks gevind nie. Die blywende indruk is dat die  Suid-Afrikaanse hoofstroommedia steeds van die ANC-wolf \u2018n lam wil maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt, in weerwil van die onlangse kritiek op die Zuma-regering, asook  die korrupsie en onbekwaamheid van sy party. Sodanige kritiek gaan egter  merendeels oor sogenaamde \u201cdienslewering\u201d of administratiewe kwessies,  sonder om die wesentlike aspekte van die ANC-ideologie en -politiek te  betrek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma het \u2018n fyn uitgewerkte toespraak gelewer waarin hy \u2018n oorsig van  die organisasie se 100-jarige geskiedenis verskaf het. Maar ook: \u2018n  toekomsvisie en onmiddellike \u201cuitdagings\u201d wat die hoof gebied gaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die geskiedenis betref, het my ore omtrent getuit, want Zuma het  \u2018n oerlinkse toespraak aangebied uit die dae van Leonid Bresjnef wat op Meidag die  verbymarsjerende troepe op die Rooi Plein in Moskou met \u2018n bejaarde  hand toewuif. Dit is asof die Zuma-ANC in die kommunistiese verlede  versteen het en hul korstondige flirtasie met Westerse demokrasie net  o\u00ebverblindery was. Die enigste verwysing na die rol van Afrikaners of  blankes oor die afgelope 100 jaar was as \u201cdie apartheidsbewind\u201d wat met  hand en tand beveg is. En dan juis milit\u00ear!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die siening van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat Zuma  voorgehou het, was een van \u2018n uitgerekte oorlog wat tagtig jaar geduur  het totdat Umkhonto we Sizwe die oorwinning behaal het. Hy het Kuba, die  Sowjetunie, MPLA en ZANU-PF vir hul hulp hiermee bedank. Die  versiersuiker van \u201conderhandeling\u201d en versoening wat ons in die  negentigerjare \u2013 en veral natuurlik tydens die Mandela-tydvak &#8211;&nbsp; gehoor  het, was weg. Al wat oorbly, is keiharde kommunistiese retoriek oor die  bevryding van die werkersklas deur milit\u00eare geweld of dan \u201cgewapende  opstand\u201d soos Lenin sou ges\u00ea het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drie \u201cuitdagings\u201d wat Zuma raaksien, is werkloosheid, armoede en  ongelykheid. Onderliggend aan sy toespraak is insgelyks \u2018n sterk  antiblanke gevoel, aangesien die blankes met \u201capartheid en kolonialisme\u201d  verbind word. Hy het ook voortdurend die vriendskap en samewerking van  die ANC met \u201cprogressiewe magte\u201d in die w\u00eareld beklemtoon. Die groot  vraag is: wie is die \u201cprogressiewe magte\u201d? Waarskynlik China,  Noord-Korea, Kuba, Venezuela, asook Angola, Mosambiek, Zimbabwe en  Namibi\u00eb in Suider-Afrika.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tesame met Malema se uitsprake, wat \u2018n beduidende groep binne die ANC  verteenwoordig, het Zuma Saterdag vir die soveelste keer ons  Afrososialistiese en selfs Afrokommunistiese toekoms uitgespel. Dit wil  voorkom asof die hoofstroommedia glad nie daarop ag slaan nie. \u00d3f hulle  is te dom om te verstaan wat die ANC-leier s\u00ea, \u00f3f hulle (en ons) is al  so gewoond aan die Idi Amin-agtige malhuis waarin ons woon, dat dit nie  eintlik meer saak maak nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wyse waarop \u2018n terreurbeweging met sterk kriminele elemente oor  jare heen vir ons aanvaarbaar gemaak en deur die media opgehemel is,  verteenwoordig een van die grootste massabreinspoelingsepisodes in die  geskiedenis.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan vergelyk word met die soort illusies wat die Britse media in  die tagtigerjare rondom Zimbabwe gekweek het. Een of ander tyd moet illusie  en werklikheid mekaar egter ontmoet. Suid-Afrika se \u201cgroot sprong  vorentoe\u201d met radikale grondhervorming, nasionalisering en die stedelike  nagmerrie wat tienmiljoene Afrika-immigrante besig is om te skep, l\u00ea  egter om die draai.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is die ANC \u2018n wolf in skaapsklere en steek die media dit vir ons weg? Ek het Saterdag die moeite gedoen om na president Jacob Zuma se toespraak soos dit op SABC2 uitgesaai is, te kyk. Agterna het ek tevergeefs in die koerante na sinvolle berigte of kommentaar daarop gesoek, maar niks gevind nie. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11704\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Media verdraai ANC-boodskap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11704","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11704","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11704"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11704\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11704"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11704"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11704"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}