{"id":11692,"date":"2012-01-09T01:13:18","date_gmt":"2012-01-09T01:13:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11692"},"modified":"2012-01-09T01:13:18","modified_gmt":"2012-01-09T01:13:18","slug":"praag-loods-digitaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11692","title":{"rendered":"PRAAG loods &#8216;digiTAAL&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span>PRAAG loods met die aanvang van 2012 \u2018n splinternuwe projek genaamd digiTAAL. \u201cAfrikaans het \u2018n staatlose taal geword, maar kan in digitale vorm oorleef,\u201d s\u00ea dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG.  By sy jaarvergadering in Februarie verlede jaar, het die organisasie \u2018n hele aantal planne bedink wat binnekort tot uitvoering gebring gaan word.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een daarvan is \u2018n Afrikaanse kultuursentrum in Gauteng van waar \u2018n oplewing of \u201cAfrikaanse renaissance\u201d kan plaasvind. \u201cOns het nog nooit die idee van \u2018n Afrika-renaissance ernstig opgeneem nie, selfs op die stadium to die Suid-Afrikaanse media dit opgehemel het. Maar daar is wel ruimte vir \u2018n Afrikaanse hergeboorte indien dit met die nodige ywer en visie aangepak word,\u201d meen dr. Dan Roodt. \u201cOns soek steeds na \u2018n geskikte perseel vir die Afrikaanse kultuursentrum, waar PRAAG se nuwe hoofkantoor insgelyks gevestig gaan word. Dis nodig dat die volle skeppende krag van die Afrikanervolk weer gemonster word en ons glo dat so \u2018n kultuursentrum dit sal stimuleer en fokus.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groot deel van PRAAG se aktiwiteit sal egter op die digitalisering van die Afrikaanse kultuur toegespits word. Volgens dr. Roodt sien PRAAG hom as \u2018n soort ATKV vir die een-en-twintigste eeu, \u2018n tegnologiese antwoord op die tradisionele tipe Afrikaanse kultuurorganisasie wat nie meer die aspirasies van Afrikaners te midde die huidige revolusion\u00eare klimaat kan bevredig nie.  \u201cOns beleef ten minste twee ingrypende omwentelinge: \u2018n politieke revolusie van links in Suid-Afrika wat ons land in \u2018n stereotipe Engelstalige, Afrososialistiese staat wil transformeer, asook \u2018n tegnologiese revolusie wat besig is om die aard van kultuur, taal en media ingrypend te verander,\u201d s\u00ea Roodt. \u201cSedert die ontstaan van PRAAG in Februarie 2000, wou ons tegnologie en internetkommunikasie aanwend om die Afrikaner van oorheersing te bevry, daar waar tradisionele politiek en verraad hom op sy knie\u00eb gebring het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar die digiTAAL-projek wat die mees ambisieuse program is wat PRAAG nog aangepak het. Dit gaan daarom om die totaliteit van die Afrikaanse kultuur, kreatiwiteit en identiteit in digitale vorm te ontsluit. \u201cOns glo dat \u2018n mens vuur met vuur moet beveg. Daarom is ons antwoord op die tegnologiese en politieke omwentelings \u2018n revolusie van ons eie: om Afrikaans op \u2018n radikale manier te vernuwe ten einde ons volk weer sterk en onwoorwinlik te maak. Op alle gebiede: kultureel, taalkundig, polities, sielkundig,\u201d s\u00ea Roodt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl PRAAG nog nooit van politiek of ideologiese kommentaar weggeskram het nie, glo die organisasie dat politiek in sy engste sin via politieke partye bedryf moet word. Politiek kan nie deur middel van hofsake of van die kantlyn af gevoer word nie. \u201cOns glo dat die digiTAAL-projek ons ook sal help om op ons kernbesigheid te fokus, naamlik die uitbou van Afrikaans en die Afrikaneridentiteit. Nietemin moedig ons politieke betrokkenheid deur ons lede en medewerkers aan, want sonder grondwetlike en staatkundige verandering in ons land, is sowel Afrikaans as die Afrikaner tot uitsterwing gedoem,\u201d meen dr. Dan Roodt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">digiTAAL sal van multimedia gebruik maak, maar ook weer \u2018n sterk Afrikaanse leeskultuur vestig. \u201cOns het gesien hoe radio en televisie oor die afgelope tyd gebruik is as \u2018n propagandamedium om \u2018n bepaalde Afrikanervyandige boodskap te versprei, asook akkulturasie &nbsp;by die staatsideologie te bevorder. Deur \u2018n soort Sewendelaankultuur van oppervlakkige vermaak, is ons mense verdom, verwar en verswak. Die Afrikaner is van sy trots, sy waardigheid en sy selfrespek gestroop en het \u2018n kruipende wurm, \u2018n provinsialistiese half-Engelse snob en \u2018n jabroer geword. Ons mense lees nie, is nie ingelig nie en verstaan die meeste van die tyd nie eens hoe op aarde hulle in die huidige dwingelandy en geweld beland het nie. Daarom is dit so belangrik om die totale Afrikaanse geskrewe tradisie van die afgelope 150 jaar en selfs daarvoor volledig in digitale vorm beskikbaar te stel, by wyse van e-boeke, webwerwe, foto\u2019s, internetvideo en dergelike meer,\u201d s\u00ea Roodt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse geskiedenis en letterkunde sal, sodra dit vrylik vir almal toeganklik is, die Afrikaner weer soos \u2018n feniks uit die as laat verrys. Slegs vryheid in \u2018n eie vaderland kan die fisieke en kulturele voortbestaan van die Afrikaner op sy vasteland waarborg. Geen grondwet van \u2018n vreemde land soos die nuwe Suid-Afrika is daartoe in staat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG sal voortaan verskeie klasse van lidmaatskap aanbied. Gewone lidmaatskap van PRAAG sal voortgaan, dog elke betalende lid sal in die nabye toekoms veel meer voordele ontvang in die vorm van tegnologiese hulpmiddels en toegang tot waardevolle media. \u201cOns kyk selfs daarna om vir elke PRAAG-lid \u2018n gratis e-leser ter waarde van R2 500 te verskaf waarmee hy of sy oral op aarde toegang tot \u2018n magdom Afrikaanse boeke in digitale vorm sal h\u00ea,\u201d s\u00ea dr. Dan Roodt. \u201cVir nie-betalende deelnemers, sal ons webwerf praag.co.za steeds gratis wees, maar toegang tot e-boeke en ander waardevolle items sal by wyse van registrasie plaasvind. PRAAG ondersteun die beginsel van die internet as \u2018n wesentlik gratis medium wat deur samewerking tussen gelykdenkendes bedryf word. \u2018Gratis\u2019 is \u2018n sogenaamd \u2018radikale prys\u2019, maar dis \u2018n prys wat ons wil handhaaf. Daarom sal ons webwerf altyd oop en gratis bly, met vryspraak en -debat wat in ons kommentaarafdeling aangemoedig word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">PRAAG sien sosiale media ook as \u2018n tussentydse manier vir die Afrikaanse identiteit om in \u2018n verengelste Suid-Afrika te oorleef. \u201cAs ek by my voordeur uitstap, is alles Engels: die tekens, die produkte, die reklameborde, die name. Maar op Facebook, Twitter en natuurlik praag.co.za is ek geen interne immigrant, geen vreemdeling in my geboorteland meer nie, maar \u2018n Afrikaner tussen ander Afrikaners,\u201d s\u00ea dr. Dan Roodt.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u0435\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRAAG loods met die aanvang van 2012 \u2018n splinternuwe projek genaamd digiTAAL. \u201cAfrikaans het \u2018n staatlose taal geword, maar kan in digitale vorm oorleef,\u201d s\u00ea dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG. By sy jaarvergadering in Februarie verlede jaar, het die organisasie \u2018n hele aantal planne bedink wat binnekort tot uitvoering gebring gaan word. Een daarvan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11692\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PRAAG loods &#8216;digiTAAL&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11692","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11692","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11692"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11692\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11692"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11692"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11692"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}