{"id":11676,"date":"2012-01-04T07:00:43","date_gmt":"2012-01-04T07:00:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11676"},"modified":"2012-01-04T07:00:43","modified_gmt":"2012-01-04T07:00:43","slug":"oliepryse-styg-na-iran-se-dreigement","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11676","title":{"rendered":"Oliepryse styg na Iran se dreigement"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Oliepryse styg te midde van toenemende spanning oor die olie-roete in die Persiese Golf. Die prys van Brent-ruolie het sowat drie persent gestyg tot byna 111 Amerikaanse dollar per vat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ontleders s\u00ea die prysstygings word veroorsaak deur toenemende kommer dat Iran kan probeer om die strategiese Straat van Hormoez in die Persiese Golf vir olietenkskepe te sluit, indien Westerse lande nuwe sanksies instel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran het Amerika gewaarsku om weg te bly uit die strategiese seestraat. Die Amerikaanse vloot s\u00ea hy sal &#8216;n teenwoordigheid in die gebied handhaaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika en die Europese Unie oorweeg verdere ekonomiese sanksies teen Iran, weens di\u00e9 land se kernprogram.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Onderonsie sal skadelik wees vir die w\u00eareldekonomie, aangesien die internasionale vraag na olie na verwagting sal styg tot &#8216;n rekord 90 miljoen vate per dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Iranse dreigement is gemik teen die Amerikaanse Vyfde Vloot met sy tuisbasis in Bahrein.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran se weermaghoof, genl. Ataolla Salehi, ges\u00ea Iran sal optree as die Amerikaanse vliegdekskip wat in die omgewing rondvaar, na Bahrein terugkeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die USS John C. Stennis, het Bahrein vyf dae gelede verlaat en deur die Straat van Hormoez na die Arabiese See gevaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Salehi het gewaarsku: &#8220;Ek raai die Amerikaanse vliegdekskip aan om nie na die Persiese Golf terug te keer nie.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Iranse vloot het pas tien dae van vlootoefeninge in die Golf voltooi, waartydens drie nuwe missiele getoets is. Die missiele het volgens kenners &#8216;n reikafstand van honderde kilometers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Olie word langs die Hormoez-roete uit Irak, Koeweit, Saoedi-Arabi\u00eb en die olieryke Golfstaatjies na die w\u00eareldmarkte vervoer. Iran het ges\u00ea as hy die straat sluit, sal dit die olieprys \u2013 wat nou net meer as $100 (R810) per vat is \u2013 moontlik laat verdubbel.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oliepryse styg te midde van toenemende spanning oor die olie-roete in die Persiese Golf. Die prys van Brent-ruolie het sowat drie persent gestyg tot byna 111 Amerikaanse dollar per vat. Ontleders s\u00ea die prysstygings word veroorsaak deur toenemende kommer dat Iran kan probeer om die strategiese Straat van Hormoez in die Persiese Golf vir olietenkskepe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11676\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oliepryse styg na Iran se dreigement&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11676","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11676","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11676"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11676\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11676"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11676"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11676"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}