{"id":11640,"date":"2011-12-18T08:15:10","date_gmt":"2011-12-18T08:15:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11640"},"modified":"2011-12-18T08:15:10","modified_gmt":"2011-12-18T08:15:10","slug":"hollandse-koerante-in-die-kaapkolonie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11640","title":{"rendered":"Hollandse koerante in die Kaapkolonie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\" id=\"internal-source-marker_0.6273506496486277\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"'n Jong dr. Abraham Faure\" alt=\"Abraham Faure\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/12\/faure_abraham_jonk.jpg\" width=\"251\" \/>Baie  Kaapse Afrikaners was omstreeks 1855 nog onverskillig teenoor die  politiek en die verontregting van hul taal. Die Engelssprekendes wat  aktief was in die politiek, was bang dat die Afrikaners hulle sou  oorheers. So was baie Engelssprekende liberale in die westelike  distrikte gekant teen die bepaling dat alle mans kon stem, mits hulle  eiendom van \u00a325 besit. Hulle was bevrees dat daar te veel Afrikaners op  die kieserslys sou kom! In die oostelike distrikte was die  Engelssprekendes teen dieselfde bepaling, maar omdat dit volgens hulle  aan te veel swart en bruin mense die stemreg sou gee. Die meeste  Wes-Kaapse Afrikaners was tevrede met die \u00a325-bepaling en het geen  beginselbeswaar daarteen gehad dat swart en bruin mense sou kon stem  nie. Dit was ook die standpunt wat gese\u00ebvier het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Die Kaap het in 1853 verteenwoordigende bestuur gekry &#8212; &#8216;n wetgewende  raad en &#8216;n wetgewende vergadering kon wette maak, maar die goewerneur en  ander ho\u00eb amptenare het die meeste regeringsmag besit. Die Afrikaners  het nietemin polities onverskillig gebly. Een rede daarvoor was dat  hulle nie hul taal in die parlement mog gebruik nie. <em>De Zuid-Afrikaan<\/em> het aan kiesers die raad gegee om geen lid parlement toe te stuur wat  nie Engels kan praat nie. Die afdeling Albert het hom nie daaraan  gesteur nie en &#8216;n eentalige, J.A. Kruger, gekies. Hy het op 16 Mei 1856  vergeefs verlof gevra om Hollands in die wetgewende vergadering te  praat. In die volgende paar jaar het kiesers van Albert in &#8216;n hele paar  petisies versoek dat sowel Hollands as Engels erken word, telkens  vergeefs.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Hoewel Hollands uit die openbare lewe geweer is, het verskeie blaaie daarin verskyn. Die energieke dr. Abraham Faure wat <em>Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift<\/em> opgerig het, het in 1838 begin met <em>De Honingbij<\/em>,  wat die godsdiens moes bevorder. Dit is in 1849 op aandrang van veral  ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl vervang deur die kerklike  nuusblad <em>De Gereformeerde Kerkbode<\/em>.  Faure was ook daarvan die redakteur. Dit het in 1852 die amptelike  orgaan van die NG Kerk geword, hoewel dit eers van 1884 af as lyfblad  van die kerk dien. <em>Die Kerkbode <\/em>bestaan vandag nog.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\" dir=\"ltr\">Dr. Faure was, behalwe redakteur, ook &#8216;n kerkhistorikus, sendingman en  groot prediker, en was van 1822 tot 1867 by die Groote Kerk, Kaapstad.  As biblioteekpionier was hy in 1853 stigter van &#8216;n boekvereniging wat  duisende stigtelike boeke oor die hele land versprei het. Hy was een van  die predikante wat die Groot Trek veroordeel het omdat hy dit beskou  het as &#8216;n opstand teen &#8216;n owerheid wat deur God ingestel is. Kort n\u00e1 die  anneksasie van Natal het die Kaapse goewerneur, sir George Napier,  Faure daarheen gestuur om by die Boere &#8216;n beter gesindheid teenoor die  Britse bewind te skep. Hy is hartlik ontvang maar het in sy eerste diens  heel ontaktvol vir koningin Victoria gebid. Toe die trekkers agterkom  dat die Kaapse regering hom gestuur het, het sy sending op &#8216;n mislukking  uitgeloop en twee ouderlinge van Weenen het hom in kennis kom stel dat  daardie gemeente hom nie sou ontvang nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie Kaapse Afrikaners was omstreeks 1855 nog onverskillig teenoor die politiek en die verontregting van hul taal. Die Engelssprekendes wat aktief was in die politiek, was bang dat die Afrikaners hulle sou oorheers. So was baie Engelssprekende liberale in die westelike distrikte gekant teen die bepaling dat alle mans kon stem, mits hulle eiendom van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11639,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11640","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11640","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11640"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11640\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11639"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11640"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11640"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11640"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}