{"id":11638,"date":"2011-12-18T07:38:48","date_gmt":"2011-12-18T07:38:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11638"},"modified":"2014-08-11T07:51:23","modified_gmt":"2014-08-11T05:51:23","slug":"identiteitsoorlog-en-geskiedenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11638","title":{"rendered":"Identiteitsoorlog en geskiedenis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Twee dae gelede is Geloftedag gevier, met die verskil dat \u2018n pad tussen die ANC se Vryheidsmonument en die Voortrekkermonument deur president Jaco Zuma geopen is, kwansuis om die \u201cversoening\u201d tussen die Afrikaner en die ANC-alliansie te simboliseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Met die afskaffing van Republiekdag op 31 Mei, het 16 Desember die belangrikste Afrikaner- patriotiese dag geword, iets soos ons nasionale dag. Uiteraard moet die ANC-bewind daaroor bekommerd wees dat daar nog \u2018n dag op die kalender oorbly waartydens Afrikaners nie net hul geskiedenis herdenk nie, maar ook hul identiteit en etniese bewussyn landwyd versterk. Geloftefeeste vind immers oral op klein plattelandse dorpies, asook by die Voortrekkermonument plaas.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-56\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4-120x150.jpg\" alt=\"Dan Roodt\" width=\"80\" height=\"100\" \/><\/a>Waarskynlik het ek al voorheen na \u2018n onlangse dokument van die Verenigde Nasies verwys wat die term \u201cidentiteitskonflik\u201d gebruik om etniese konflik te benoem. Dit ly geen twyfel dat Suid-Afrika oor die afgelope 200 jaar, ten minste sedert die Britse oorname van die Kaap in 1806, midde-in \u2018n identiteitskonflik of selfs identiteitsoorlog verkeer nie. Terwyl dit aanvanklik gelyk het asof Brittanje met gemak die Kaap sou verengels en ons voorouers die Engelse identiteit sou aanneem, het die Groot Trek en die Boererepublieke die Engelse meesterplan vir Suider-Afrika deurmekaar gekrap.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte daarvan dat Engeland die Tweede Vryheidsoorlog gewen het, is haar mag in ons land tydens die twintigste eeu telkens afgewater, met Republiekwording op 31 Mei 1961 en ons uittrede uit die Statebond as die grootste terugslag wat die Britse imperium in ons land beleef het. Verwoerd was besig om Suid-Afrika stelselmatig te verontengels, iets wat ook groot byval by plaaslike Engelse gevind het, aangesien die helfte van hulle vir hom gestem het. Die moord op Verwoerd het egter \u2018n einde aan die groot Afrikaner-nasionalistiese beweging van die twintigste eeu gemaak en sedertdien is ons algaande weer verengels en word tans deur \u2018n Engelssprekende Afro-Saksiese bewind geregeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mees intense periode van identiteitsoorlog teen die Afrikaner het egter in die tagtigerjare plaasgevind toe \u2018n globale propagandastryd teen ons aangeknoop is. Dit is so suksesvol gedoen dat Afrikaners grondig verdeel is en selfs aan hul eie reg op voortbestaan begin twyfel het. Daarna het die ANC die land sonder om \u2018n skoot te skiet verower.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet onthou dat die ANC by uitstek \u2018n skepping van die Engelse Kerk is. Die persoon wat die grootste rol in die befondsing van die ANC, maar ook in die propaganda-oorlog van die tagtigerjare gespeel het, was aartsbiskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse Kerk wat toentertyd ook voorsitter van die Britse Anti-apartheidsbeweging was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie is dat die Afrikaner in die tagtigerjare, net voor sy verowering deur die ANC-alliansie, op die kruin van sy milit\u00eare mag was. Nie net het ons land oor kernwapens beskik nie, maar ons het gedugte nuwe konvensionele wapens soos die G5- en G6-langafstandkanonne, asook die Rooivalk-aanvalshelikopter ontwikkel. Op die slagveld was ons so te s\u00ea onoorwinlik. Die ANC was op daardie stadium nie veel meer as \u2018n terroristebende van ongeveer 50 leiers en \u2018n paar duisend vlugtelinge (sommige mense sou s\u00ea plakkers) in Zambi\u00eb en Angola nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin het die hele bouwerk van Afrikanermag, die Nasionale Party, die Broederbond, SAW, die SA Polisie, die drie susterskerke en die universiteite soos \u2018n kaartehuis ineengestort. Waarom? Behalwe allerlei komplotteorie\u00eb en natuurlik mnr. FW de Klerk wat sedert 1994 toenemend van verraad beskuldig word, is daar tot dusver geen afdoende verklaring vir hierdie ongewone kapitulasie aangebied nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soms moet \u2018n mens egter effens terugstaan om \u2018n geheelblik oor die geskiedenis te verkry. Daar is ook veel te leer uit die geskiedenis van ander lande en ander tydperke. Onlangs het die langdurige konflik tussen Frankryk en Engeland in die laat-Middeleeue my begin interesseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons mense verkeer vandag onder die indruk van ons getalsminderheid, van die \u201coormag\u201d wat daar teen ons gemonster is. Ek verstout my egter om te s\u00ea dat die sleuteloomblikke in die geskiedenis nog nooit deur getalle bepaal is nie. Ons het dit by Vegkop en Bloedrivier gesien. Maar ook tydens die vele veldslae van die sogenaamde \u201cHonderdjarige oorlog\u201d tussen Frankryk en Engeland vanaf 1337 tot 1453.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op papier was Frankryk die sterkste, met \u2018n groter bevolking, groter weermagte en gepantserde edelmanne te perd. Die probleem was egter dat die Franse identiteit \u2018n gevoelige slag toegedien is deur die Capetiaanse koninklike bloedlyn wat doodgeloop het. Hiermee het die Engelse konings, wat ook verlangs Capetiane was, die geleentheid gekry om aanspraak op die Franse kroon te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, Engeland het oor \u2018n sterker identiteit as Frankryk beskik. D\u00edt, tesame met die gebruik van die sogenaamde \u201clang boog\u201d, het die Engelse in staat gestel om tydens verskeie beroemde veldslae soos Cr\u00e9cy en Agincourt met veel groter Franse magte af te reken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral die Slag van Agincourt op 25 Oktober 1415 word as \u2018n wonderbaarlike oorwinning, gelykstaande aan Bloedrivier of Vegkop, gesien. Volgens sekere berigte het die Engelse by Agincourt te staan gekom teen \u2018n Franse oormag wat hulle ses keer in getalle oortref het. Daar was maar iets soos 6 000 Engelse teenoor 36 000 Franse. Nie net d\u00edt nie, maar die Engelse was uitgeput deur siekte, gebrek aan voedsel en \u2018n opmars van 400 kilometer deur vyandelike Franse gebied. Daarteenoor was die Franse soldate vars, gesond, wel gevoed en swaar bewapen met omtrent 8 000 gepantserde en berede edelmanne.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hendrik die Vyfde van Engeland het egter besluit om nie langer die konfrontasie uit te stel nie en te veg. Ek sal nie hier op al die milit\u00eare besonderhede ingaan nie, asook die modderige terrein wat die Engelse boogskutters teenoor die Franse ridders bevoordeel het nie. Die uiteinde van die veldslag was egter verwoestend vir die Franse: hulle het tussen 7 000 en 10 000 soldate aan die dood afgestaan en 1 500 edelmanne is gevange geneem, terwyl slegs 112 Engelse gesneuwel het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorheersing en geweld wat Afrikaners vandag in Suid-Afrika ervaar, is vir my baie soortgelyk aan d\u00edt wat Frankryk tydens die Honderjarige oorlog getref het, asook Duitsland tydens die Dertigjarige oorlog van 1618 tot 1648. Gedurende die Honderdjarige oorlog het Frankryk die helfte van haar bevolking verloor, net soos wat \u2018n derde van alle Duitsers tydens die Dertigjarige oorlog omgekom het. Voor die oorlog het Frankryk oor 17 miljoen mense beskik. As ons al die Afrikaners wat sedert 1994 ge\u00ebmigreer het bytel by diegene van ons wat in dieselfde tyd vermoor is, kan ons insgelyks s\u00ea dat ons reeds \u2018n derde van ons bevolking moes afstaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolge van die Franse identiteitsverlies en verlore veldslae in die veertiende en vyftiende eeue moes egter veel erger gewees het. Die land is herhaaldelik deur die Engelse soldate geplunder. Armoede, hongersnood en moedeloosheid was aan die orde van die dag. Eers toe die beroemde Johanna van Arkel (Jeanne d\u2019Arc in Frans) in 1429 teen die Engelse opgestaan het, is die Franse identiteit herstel en kon die land uiteindelik teen 1453 van die Engelse invallers ontslae raak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel Frankryk deur die oorlog verwoes is, het die Franse volk van \u2018n verdeelde feodale konstellasie van hertogdomme tot \u2018n sterk nasie met \u2018n gemeenskaplike taal en identiteit ontwikkel. Net so het die oorlog \u2018n taalstryd in Engeland veroorsaak, want Frans was steeds die taal van die ho\u00eblui en Engels \u2018n soort kombuistaal waarop neergesien is. Herhaalde gerugte dat Frankryk Engeland sou binneval om die Engelse taal te vernietig, het op sy beurt Engelse nasionalisme en \u2018n liefde vir die Engelse taal laat opvlam. Teen die tyd dat Elizabeth I in 1558 aan bewind gekom het, het daardie merkwaardige opbloei in die Engelse teater plaasgevind wat figure soos William Shakespeare en Christopher Marlowe opgelewer het. Die eilandstaat Engeland, hoewel arm aan grondgebied en aan hulpbronne, was gereed om deur handel en seevaart \u2018n w\u00eareldmoondheid te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lesse uit ons eie geskiedenis en di\u00e9 van ander lande is die volgende: \u2018n Volk se sin vir sy eie identiteit bepaal sy oorlewing, meer as getalle, grondgebied of enigiets anders. Oorlo\u00eb, maar ook taalbewegings en strominge in die kuns en letterkunde, skep die allesbepalende nasionale identiteit. Uiteraard speel godsdiens ook \u2018n vername rol. Terwyl Frankryk en Spanje, die grootmoondhede van die vyftiende, sestiende en sewentiende eeue, die Katolisisme as samebindende faktor gehad het, het die kleiner lande van Noord-Europa, waaronder Engeland, \u2018n sterk Protestantse identiteit aangeneem wat hul bevryding van die groot Katolieke ryke moontlik gemaak het. Ons voorouers in Nederland wat in 1571 vir die eerste keer die oranje-blanje-blou by Den Briel gehys het, was natuurlik \u2018n sprekende voorbeeld hiervan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhaal van Moses in die Ou Testament is ewe interessant, vanuit \u2018n politieke oogpunt. Die Israeliete was slawe in Egipte en het begin om die Egiptiese identiteit en gode aan te neem. Daarom wou Moses die volk vir \u2018n verootmoedigingsdag na die woestyn neem waar hy hulle wou oortuig om na hul ou godsdienstige, kulturele en volksidentiteit terug te keer. Die verhaal van Moses wat \u201csy volk uit Egipteland gelei het\u201d verteenwoordig \u2018n oerteks van Westerse nasionalisme wat hom oor en oor in Europa, Noord-Amerika, maar ook by ons in Suid-Afrika, afgespeel het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons na ons eie geskiedenis kyk, was die verlies van die Boererepublieke in 1902 geensins die einde van die Afrikanerbeweging wat met die stigting van die G.R.A. in 1875 momentum begin verkry het nie. Sowel ons taal as ons letterkunde het n\u00e1 1902 met rasse skrede vooruitgang gemaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC en veral natuurlik sy ideologiese meester, die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, het vroegaan ingesien dat die moderne Afrikaner nooit milit\u00ear verslaan sou kon word nie en dat die oorlog daarom teen sy identiteit gerig moes word. Reeds in die sestigerjare het sowel Brian Bunting as Braam Fischer van die SAKP voorspel dat die Engelse media uiteindelik die Afrikaner se identiteit sou ondermyn en die nuwe alliansie van radikale Engelse intellektuele en swart nasionaliste sou laat se\u00ebvier. Hierdie kommunistiese voorspelling van die sestigerjare is feitlik woordeliks bewaarheid en vandag doen die laaste oorblywende Afrikaanse mediagroep, Naspers, lustig aan die aftakeling en bespotting van die Afrikaner mee.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons situasie is in vele opsigte hopeloos. Net so hopeloos soos die toestand van die Voortrekkers op die vooraand van Bloedrivier toe dit gelyk het asof die hele Groot Trek \u2018n mislukking was of di\u00e9 van die Franse voor die koms van Johanna van Arkel! Trouens, daardie gevoel van hopeloosheid, angs en desperaatheid is juis wat die identiteitsvernuwing in eie geledere weer aan die gang sit. Dit gebeur egter nie vanself nie. Iemand, al is dit \u2018n jong meisie soos Johanna van Arkel, moet op sy of haar perd klim, die wapenrusting aantrek en die vyand weer simbolies die stryd aans\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ons geval is ons nooit milit\u00ear deur die ANC-alliansie verslaan nie, hoewel die retoriek van die ANC vandag soms die teendeel wil beweer. Maar ons identiteit, taal en kultuur is in puin gel\u00ea, net soos die Franse grondgebied tydens die Honderdjarige oorlog verwoes en geplunder is. Die Engelse universiteite van Suid-Afrika het in die aanloop tot 1994 \u2018n belangrike rol in die identiteitsoorlog teen Afrikaners gespeel. Hulle was die laboratoria onder buitelandse invloed waar die nuwe \u201cAfro-Saksiese\u201d identiteit wat ons land tans aangeneem het, geprakseer is. Daarom het Kader Asmal en ander ANC-ministers van onderwys onmiddellik teen die Afrikaanse universiteite opgetree en gesorg dat hulle skadeloos gestel en onder direkte regeringsbeheer gebring word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n sekere is ons dus met die pen, en nie die swaard nie, verower. Logies sal ons ook deur die pen bevry moet word. Eers wanneer die Afrikaner se identiteit en volkstrots deur \u2018n sterk taalbeweging herbou is wat ook op alle gebiede van die kunste en letterkunde neerslag moet vind, sal ons die eerste werklike stap na vryheid kan neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op \u2018n manier is ons terug in die dertiger- en veertigerjare van die vorige eeu toe die Britse invloed in Suid-Afrika sterk was en ons op kultuurpolitiek aangewese was. Die rol wat skrywers en digters soos N.P. van Wyk Louw, C.M. van den Heever en ander gespeel het om die Afrikanerelite vir ons saak te wen, was destyds van onskatbare waarde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag word ons land deur Amerikaanse multikulturalisme oorspoel, net soos dit in vorige tye deur Britse imperialisme oorheers is. Die voortreflikheid en bekwaamheid van die swartman, asook sy reg om oor ons te heers, word deur Hollywood en die res van die Amerikaanse media uitgebasuin. Geen wonder dat die VSA \u2018n lid van sy swart minderheid tot president verkies het nie, want in Hollywood-films is swartmense altyd slimmer en beter as blankes, as hulle nie boonop in gesagsposisies bo blankes as polisiehoofde, burgemeesters en selfs presidente verkeer nie. Die multikulturele propaganda van Sewendelaan wat in Kreoolse Afrikaans op die SAUK aan ons mense gebring word, verteenwoordig bloot \u2018n deurslagpapierafdruk van die Hollywood-model.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die identiteitsoorlog wat in die sewentiger- en tagtigerjare op ons losgelaat is, is daarom nog lank nie verby nie. Die ANC-oorwinning van 1994 was bloot \u2018n veldslag in die oorlog en solank as wat \u2018n groepie Afrikaners nog Afrikaans praat, Geloftedag vier en hul geskiedenis aan hul kinders oordra, sal daardie oorlog nie verby wees nie. Die ANC weet dit, die Amerikaners en die Britte weet dit en die meer intelligente Afrikaners besef dit ook.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hele Suid-Afrikaanse stelsel is daarop gemik om die Afrikaner onder te hou. Die magtige Engelse taal, regstellende aksie, die geweld en intimidasie, naamsveranderings, propaganda oor ons geskiedenis, d\u00edt alles word ingespan om elke Afrikaner te oortuig dat sy onvryheid \u2018n natuurlike en gewenste toestand is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Identiteitsoorlo\u00eb het egter deur die geskiedenis onverwagse wendinge geneem. Een mens \u2013 of een boek \u2013 het al dikwels die gang van die geskiedenis verander. Dink maar aan Jean-Jacques Rousseau se <em>Sosiale kontrak<\/em> wat op die Franse revolusie uitgeloop het, maar ook die gedagte van die \u201cedele barbaar\u201d gevestig het, die sleutelbegrip van die moderne multikulturele beweging. Mense beweer dat Harriet Beecher Stowe se voorstelling van slawerny in <em>Uncle Tom\u2019s Cabin<\/em> regstreeks tot die Amerikaanse Burgeroorlog aanleiding gegee het. Lenin was bloot \u2018n Russiese intellektueel wat in Switserland weggekruip het, maar wat agterna die belangrikste moderne revolusie in sy land teweeggebring het. Tydens die hoogbloei van Russiese en Sowjetkommunisme, het Solsjenitsin egter Lenin se revolusion\u00eare stelsel die nekslag toegedien met sy boeke oor die Siberiese strafkampe, die sogenaamde \u201cgoelags\u201d. Vandag is Rusland weer van kommunisme vry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ons stamland, Nederland, het \u2018n homoseksuele skrywer en intellektueel, Pim Fortuyn, die aanvanklike dryfkrag aan die pro-Westerse beweging in daardie land verskaf, wat ook op die huidige herwaardering van die Afrikaner en Afrikaans in Nederland uitgeloop het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir vryheid is dit nooit te laat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En: die versugting na \u2018n Groot Leier wat vele Afrikaners voel, is dalk minder van pas as ons behoefte aan \u2018n Groot Skrywer. Politieke en milit\u00eare leiers kom en gaan. Churchill het Brittanje tydens die tweede w\u00eareldoorlog suksesvol teen Duitsland aangevoer, maar is in die eerste verkiesing daarna uitgestem. Lande soos Belgi\u00eb en Itali\u00eb het meer onlangs vir lang tye sonder nasionale leiers of regerings klaargekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Afrikaners tans leierloos is, is waarskynlik beter as om deur \u2018n FW de Klerk of \u2018n Van Zyl Slabbert gelei te word wat ons net verder van die wal af in die sloot sou help.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dog sedert N.P. van Wyk Louw se afsterwe op 18 Junie 1970 was daar nog nie weer \u2018n groot skrywer in Afrikaans wat ons kultuur tot \u2018n estetiese en politieke geheel kon saambind en verwoord nie. \u2018n Vorige geslag skrywers onder leiding van Andr\u00e9 P. Brink het \u2018n vorm van \u201cverraaiersliteratuur\u201d gepleeg en was konstant daarop uit om verdeeldheid en skuldgevoelens onder ons mense te kweek. Brink se onlangse ode aan Oliver Tambo in die Londense Financial Times spreek boekdele oor presies waar sy lojaliteite gele\u00eb was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die magtige Naspers met sy monopolie oor die Afrikaanse media dit baie moeilik maak om enige werklike politieke debat in die Afrikaanse hoofstroom te voer, ontkom boeke en letterkunde toenemend aan die mediagroep se ystergreep.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse letterkunde mag die Achilles-hiel van die nuwe Suid-Afrika wees. Want terwyl die nuwe Suid-Afrika sy klaargemaakte polities korrekte kultuur en identiteit vanuit die VSA en ander Engelssprekende lande in Afrika ingevoer het, slaag hy nie daarin om \u2018n nasionale letterkunde te vestig nie. Want letterkunde is nie iets wat soos die geskiedenis met \u2018n handomkeer gevestig kan word deur beheer oor die TV, radio en koerante uit te oefen nie. Dit verg harde werk oor baie jare, iets waarvoor ons huidige heersers nou nie juis bekend is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daaroor \u2018n volgende keer meer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/crime\/1158396.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee dae gelede is Geloftedag gevier, met die verskil dat \u2018n pad tussen die ANC se Vryheidsmonument en die Voortrekkermonument deur president Jaco Zuma geopen is, kwansuis om die \u201cversoening\u201d tussen die Afrikaner en die ANC-alliansie te simboliseer. Met die afskaffing van Republiekdag op 31 Mei, het 16 Desember die belangrikste Afrikaner- patriotiese dag geword, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-11638","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11638"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11638\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}