{"id":11610,"date":"2011-12-11T04:00:06","date_gmt":"2011-12-11T04:00:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11610"},"modified":"2011-12-11T04:00:06","modified_gmt":"2011-12-11T04:00:06","slug":"magstryd-oor-afrikaanse-skrywersorganisasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11610","title":{"rendered":"Magstryd oor Afrikaanse skrywersorganisasie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Fanie Olivier\" alt=\"Fanie Olivier\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/01\/olivier_fanie.jpg\" width=\"251\" \/>Oor die afgelope ses weke het \u2018n magstryd rondom die <a href=\"http:\/\/pretoriapen.co.za\/\">Pretoria-PEN<\/a>,  die breinkind van dr. Dan Roodt, uitgebreek. Drie skrywers uit die Kaap  en Natal, John Miles, Fanie Olivier en Piet Haasbroek, poog naarstiglik  om die skrywersvereniging oor te neem, vermoedelik omdat dit vir die  Naspersgroep voordelig mag wees. Ook die omstrede digter Breyten Breytenbach het sy stem by hulle s&#8217;n gevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt  het in 2004 begin om die skrywersvereniging op die been te bring ten  einde Afrikaanse skrywers \u2018n stem in die buiteland te gee. PEN  Internasionaal is die grootste skrywersorganisasie ter w\u00eareld wat oor  ongeveer 15 000 lede in meer as 100 lande beskik. Aanvanklik het die  Engels-Suid-Afrikaanse skryfster, Nadine Gordimer, die affiliasie van  Pretoria-PEN by die internasionale organisasie teengestaan, dog in 2006  is die Afrikaanse skrywers by die internasionale kongres in Berlyn tot  PEN Internasionaal toegelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  internasionale affiliasie, wat in die praktyk \u2018n diplomatieke kanaal  vir Afrikaans en Afrikaners na die buiteland geopen het, word nou as te  waardevol gesien om in die hande van Roodt, die stigter, en sy  geesgenote te laat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat  Miles, Olivier en Haasbroek oor \u2018n naweek vir Roodt in kennis gestel  het dat hulle en \u2018n onbekende groep ander skrywers \u201cvoortaan die bestuur  sal oorneem\u201d, het Roodt die steun van meer as twintig skrywers en lede  van Pretoria-PEN verkry om \u2018n nuwe bestuur te verkies. \u2018n  Jaarvergadering is ook aangekondig wat op 20 en 21 Januarie aanstaande  jaar sal plaasvind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna  het Miles, Olivier en Haasbroek aangekondig dat hulle \u2018n wegbreekgroep  wil stig, dog steeds onder die naam \u201cPretoria-PEN\u201d. In \u2018n verklaring  teenoor die nasionale boekeredakteur van die Naspersgroep, Elmari  Rautenbach, het Roodt vandeesweek in <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Vermaak\/Nuus\/Roodt-kap-terug-na-PEN-afvalliges-20111206\">Beeld<\/a> ges\u00ea hy vind dit vreemd dat Olivier van Pretoria-PEN weggebreek het.  \u201cNie net maak hy homself hiermee belaglik nie, maar eintlik alle  Afrikaanse skrywers.\u201d Hy vind dit ook verregaande dat hulle die  internasionale PEN betrek by \u201c\u2019n kleingeestige vorm van  organisasiepolitiek\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy  was tot dusver heel geduldig met Olivier en sy twee vriende, s\u00ea hy. Hy  en sy nuwe bestuur het selfs aangebied om nogmaals \u2019n vergadering te  re\u00ebl waar hulle hul saak kan stel en daaroor stem. Daar sal ook tydens  hul algemene jaarvergadering op 20 en 21 Januarie geleentheid wees om  sodanige kwessies te opper en selfs \u2019n nuwe bestuur te verkies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  huidige bestuur van Pretoria-PEN, wat tydens \u2018n buitengewone algemene  vergadering op 18 November verkies is, bestaan uit: Roodt (president)  Fransi Philips (visepresident), Gustav Venter (tesourier), Christo  Pretorius en Karin Roodt (sekretaresse).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat  dr. Roodt ontevrede was met die eensydige en onakkurate berigte wat in  Die Burger en Beeld verskyn het, het hy \u2018n klag by die Persombudsman  gel\u00ea. Di\u00e9 klag word tans deur die ombudsman ondersoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen Vrydag het die polemiek ook na die webwerf LitNet uitgebrei waar \u2018n <a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&amp;cause_id=1270&amp;page=pretoria_pen\">debat<\/a> daaroor gevoer word. Pretoria-PEN word deur sowel Olivier as Kerneels Breytenbach van Naspers se uitgewerye aangeval. Kerneels Breytenbach en ander werknemers van NB-uitgewerye poog reeds sedert Maart vanjaar om &#8216;n nuwe skrywersvereniging op te rig, onder die naam die Afrikaanse Skrywersunie. Hoewel Breytenbach belowe dat sy vereniging &#8220;meer sigbare resultate as Pretoria-PEN sal behaal&#8221;, beskik dit nog nie oor &#8216;n grondwet of bestuur nie. Ook Fanie Olivier se wegbreekorganisasie, wat fel kritiek teen Pretoria-PEN se grondwet en bestuur lewer, het nog geen stigtingsvergadering gehou nie en het insgelyks geen grondwet of doelstellings nie. Hierteenoor het Pretoria-PEN onlangs sy grondwet hersien en geniet dit uitgebreide kontak met PEN Internasionaal, ander PEN-sentra in die buiteland, asook &#8216;n tiental ambassades in Pretoria waarmee daar oor kulturele uitruilprogramme geskakel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat die ANC-regering so min op kulturele en liter\u00eare gebied doen om met ander lande te skakel, skep vir ons &#8216;n geleentheid,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt. &#8220;Die meeste buitelandse ambassades en kulturele attach\u00e9s in ons land is gretig om met Suid-Afrika en selfs Afrikaners projekte en kulturele wisselwerking aan te pak, solank dit deur &#8216;n min of meer erkende internasionale kanaal soos PEN kan geskied.&#8221; In vele ander lande word takke van PEN deur die tuisregerings befonds en gewoonlik word die internasionale kongresse deur hooggeplaastes van die tuisregerings geopen en bygewoon. PEN is insgelyks by UNESCO, die kulturele liggaam van die Verenigde Nasies as NRO geakkrediteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  geskil tussen skrywers het egter in &#8216;n meer algemene polemiek met  politieke ondertone ontaard. Volgens Dan Roodt, wie se presidentskap van  die vereniging deur Fanie Olivier, John Miles, Piet Haasbroek en  Breyten Breytenbach teengestaan word, &#8220;gaan die geveg lankal nie meer  oor Pretoria-PEN nie, maar om die wese van die Afrikaanse letterkunde.  Dit gaan oor wie mag skryf en wie nie. En laat ons dit maar erken: die  moderne Afrikaanse letterkunde het grotendeels misluk, danksy veral  Brink en Breytenbach, maar ook Miles wat in hul dampkring verkeer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fransi  Philips, visepresident van Pretoria-PEN, beaam haar &#8220;ongemak met &#8216;n  vorige geslag skrywers. Dis &#8216;n snaakse ding, hierdie moraliteit van om  teen jouself te moet draai. Ja, regtig, Afrikaans het &#8216;n herlewing  lankal nodig.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Philips  is die skryfster van &#8220;Net &#8216;n lewe&#8221; wat vanjaar die Lapa-romanwedstryd  gewen het. Sy het voorheen by die Tsjeggiese ambassade in Pretoria  gewerk en gee tans Engels in Podolks, \u2019n 18de-eeuse dorp buite Moskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek  het in die sewentigerjare al gevoel almal is oud en vervelig en  voorspelbaar, en het ontsettende wroegings beleef oor hoe sleg ek daar  ingepas het,&#8221; s\u00ea Philips oor haar mede- Afrikaanse skrywers uit di\u00e9 tyd.  Sy voel die pogings om Dan Roodt en die bestuur van Pretoria-PEN verdag  te maak, kom op sensuur en stigmatisering neer. &#8220;Almal besef daar is &#8216;n  groot krisis in die land, op alle gebiede, Dis waar dat &nbsp;daar meer  onlangs kritiek uitgespreek is deur skrywers, maar hulle reageer net op  die geweld omdat dit so ooglopend is. Oor die res, Afrikaans, die verval  van die opvoedingstelsel, korrupsie, ons identiteit wat afgebreek word,  daaroor is hulle eenvoudig nie gepla nie. Maar as iemand soos Dan Roodt  iets daaroor te s\u00ea het, is dit op een of ander manier onaanvaarbaar,  omdat hy die goetspa het om oplossings te soek. Daar is &#8216;n ongelooflike  sisteem van stigmatisering en sensurering aan die werk, oor &#8216;n baie lang  tyd.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt  voel ook sterk dat &#8220;die begrip verraad in ons letterkunde ondersoek  moet word. Ek voel al geruimte tyd lus om &#8216;n boek daaroor te skryf.  Brink, Breytenbach et al het nie eintlik versetsliteratuur geskryf nie,  dit moet eerder &#8216;verraaiersliteratuur&#8217; genoem word. Ek wil Jaap Steyn se  roman \u00e0 clef oor Breytenbach, &#8216;Dagboek van &#8216;n verraaier&#8217;, herlees. Ek  kan onthou hoe Miles, Ampie Coetzee en al die ander selfverklaarde  linkses destyds vir Steyn se boek gelag het, ek inkluis, tot my skande.  Maar Steyn se kommer destyds oor Afrikanerverraad was byna profeties!  Tans sit ons met die gevolge van verraad en al die verkeerde besluite en  sienings wat in die verlede aangehang is. Maar wie probeer iets daaraan  doen? Die meeste skrywers skitter in hul afwesigheid. Hulle skryf nou  speur- of liefdesverhale, ontspanningslektuur. Op sigself is popul\u00eare  vorme nie te versmaai nie. Maar soms is daar so &#8216;n polities korrekte  sous daarby wat dit ook maar na derderangse propaganda laat lyk. My  slagspreuk is ook: Terug na die volk! Maar kom ons voed mense op en laat  hulle die wonder van kuns smaak, selfs al is dit in die vorm van &#8216;n  roman noir, film noir of musiekfilm soos Sean Else se Platteland.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gustav  Venter, &#8216;n derde lid van Pretoria-PEN se dagbestuur, beskryf homself as  &#8216;n &#8220;veelskrywer&#8221;. Hy het al draaiboeke, jeugverhale en &#8216;n  (ongepubliseerde) roman genaamd Skaapsklere oor &#8216;n charismatiese  prediker geskryf, behalwe internetrubrieke en rugbyverslae op Praag wat  meer aan Tom Wolfe as die gemiddelde sportverslaggewer herinner.  &#8220;Eintlik is ons almal veelskrywers. Ek stem egter saam dat die ou  Sestigerresep van bruin-man-slaap-by-wit-vrou uitgedien is. Vandag is  die werklikheid eerder: swart man verkrag wit vrou. En hoe voel sy  daaroor, sonder sensuur? Ras is die nuwe seks. Ons moet dit begin  verken.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt  is dit hiermee eens. &#8220;Dit is waar wat Gustav s\u00ea. Die Sestigers het &#8216;n  resep gehad. Op &#8216;n manier het hulle bloot Nadine Gordimer en Alan Paton  in Afrikaans gedoen. Wat weer op hul beurt Britse en Amerikaanse modelle  gehad het. Maar ons het geen resep of model nie. Ons is amper soos  liter\u00eare Voortrekkers, pioniers wat die onbekende, die gevaarlike, moet  aandurf. Daar is &#8216;n storie wat by my spook, di\u00e9 van &#8216;n Afrikaanse  digteres wat deur drie swart mans in &#8216;n motor vekrag is. Uiteraard sal  ek nie haar naam noem nie. Die punt is dat sy dit nie as verkragting  ervaar het nie, want sy was liberaal en deurtrek van skuldgevoelens. Vir  haar was dit meer soos die &#8216;gedwonge seks&#8217; waarvan hulle in Soweto  praat.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  hoe verander &#8216;n mens &#8216;n hele letterkunde? Brink en Breytenbach het al  dosyne boeke gepubliseer en is internasionaal gekanoniseer. &#8220;Goed en  wel,&#8221; s\u00ea Roodt. &#8220;Maar &#8216;n groot gebou wat op sand gebou is, verkrummel op  &#8216;n stadium en stort in duie. Net vanm\u00f4re het ek Sartre gelees oor kwade  wil en onwaarheid. In soveel van die Sestigerwerke is daar kwade wil,  die gevoel dat hulle dinge rek en trek om &#8216;n bepaalde Britse of  Amerikaanse stereotipe van ons werklikheid te pas. En Afrikaans is so  klein, ons letterkunde is so klein. Vier, vyf skrywers kan dit  verander!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  Roodt het hy en Venter vandeesweek onder &#8216;n boom oorkant die Milit\u00eare  museum in Johannesburg gestaan en bespreek hoeveel boeke &#8216;n mens in &#8216;n  jaar kan skryf, om &#8216;n nuwe moderne Afrikaanse letterkunde te skep.  &#8220;Gustav s\u00ea toe: &#8216;Barbara Cartland het 722 boeke in haar leeftyd geskryf.  As jy gaan uitwerk hoeveel woorde per dag dit verteenwoordig, is dit  baie. Sommige mense s\u00ea wel sy het dieselfde boek 722 keer oorgeskryf.&#8217;  En ek vertel hom van Georges Simenon se drie hoofstukke per dag, van  Balzac wat voor sy skuldeisers moes bly en &#8216;n kolossale hoeveelheid met  &#8216;n gansveerpen geskryf het. En werk uit dat ek so een boek per maand  behoort te kan skryf, teen 3 000 woorde per dag. Skryf kan soos fietsry  wees, &#8216;n uithouwedren. Jy kan elke dag oefen, in die oggend halfvyf  opstaan, 30km gaan fietsry, dan 3 000 woorde skryf en teen elfuur is jy  klaar en kan jy gewone dinge ook doen. Die 30-3-beginsel!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees meer oor Pretoria-PEN op die vereniging se <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/pretoriapen.co.za\">tuisblad<\/a>.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die afgelope ses weke het \u2018n magstryd rondom die Pretoria-PEN, die breinkind van dr. Dan Roodt, uitgebreek. Drie skrywers uit die Kaap en Natal, John Miles, Fanie Olivier en Piet Haasbroek, poog naarstiglik om die skrywersvereniging oor te neem, vermoedelik omdat dit vir die Naspersgroep voordelig mag wees. Ook die omstrede digter Breyten Breytenbach &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11610\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Magstryd oor Afrikaanse skrywersorganisasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":9733,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11610","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11610","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11610"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11610\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/9733"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11610"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11610"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11610"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}