{"id":1158,"date":"2007-12-05T09:21:14","date_gmt":"2007-12-05T09:21:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1158"},"modified":"2007-12-05T09:21:14","modified_gmt":"2007-12-05T09:21:14","slug":"energiekrisis-of-slegs-n-oliekrisis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1158","title":{"rendered":"Energiekrisis of slegs &#8216;n oliekrisis?"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR: <\/span><\/strong><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar is toenemende onsekerhede in die oliemark in Westerse lande. In <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.energybulletin.net\/about.php\">Energy &nbsp;&nbsp; Bulletin<\/a> van 29 November 2007, skryf John Michael Greer dat<\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <\/span>  <\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&quot;Debates about whether world petroleum production will peak before 2030 or not miss a point obvious to anybody who&rsquo;s looked at the figures: world petroleum production peaked in November 2005 at some 86 million barrels of oil a day, and has been declining slowly ever since. So far the gap has been filled with tar sands, natural gas liquids, and other unconventional liquids, all of which cost more than ordinary petroleum in terms of money and energy input alike, and none of which can be produced at anything like the rate needed to supply the world&rsquo;s rising energy demand. As depletion of existing oil fields accelerates, the struggle to prop up the current production plateau promises to become a losing battle against geological reality.&quot;<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Di&eacute; siening word ook deur <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.theoildrum.com\">The Oil Drum<\/a> <a href=\"http:\/\/www.theoildrum.com\/\"><\/a>en deur ander oliemarkontleders gedeel. &#329; Amerikaanse bankier, Matthew Simmons, het &#329; paar jaar gelede gewaarsku dat &#329; oliekrisis onvermydelik is, en dat dit Westerse ekonomie&euml; erg gaan ontwrig. <\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat is u mening oor die voorsiening van ru-olie aan die Westerse w&ecirc;reld? Is daar &#329; komende krisis, en hoe erg kan dit word?<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Daar bestaan min twyfel oor die realiteit van die komende oliekrisis. Of dit in &#329; energiekrisis gaan ontaard, is egter &#329; ander vraag. Ekonomiese kragte is altyd aan die werk om ontwrigtende situasies op makro-ekonomiese vlak te stabiliseer.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe ons byvoorbeeld die eerste gangbaarheidstudie vir die Mossgasprojek in 1985 gedoen het, het ons bevind dat die projek &#329; positiewe kontantvloei sou h&ecirc; teen &#329; olieprys van $23 per vat. Destyds was die olieprys ongeveer $17. Teenstanders van die projek, soos SASOL se tegnokrate, het destyds voorspel dat ons eerder &#329; prys van $13 as $23 moes verwag. Binne twee jaar na sy inwerkingstelling was die projek reeds kontantvloeipositief. Oor die afgelope dekade het die projek &#329; opbrengs van miljarde rande aan sy aandeelhouers gelewer en vir die land miljarde dollars in valuta bespaar.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sedertdien het SASOL die Mossgastegnologie opgegradeer vir die Katarse gasvelde met sy Oryxprojek. Verskeie dergelike internasionale projekte is nou in die pyplyn. Of dit uiteindelik al die w&ecirc;reld se diesel sal kan vervang en vir hoe lank, is vrae wat vir eers onbeantwoord moet bly. Feit is dat dit aanvullende, tegnologiegedrewe sintetiese oliebronne is en bewyse van hoe die energiekomponent van die w&ecirc;reldekonomie deur tegnologiese ontwikkeling bestuur word. Plotselinge grootskaalse sosio-ekonomiese ontwrigting word dus deur die toepassing van tegnologie verhoed.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek glo dus nie aan &#329; dreigende energiekrisis nie, maar ondersteun die begrip van kwynende olie en gasreserwes wat &#329; energieomwenteling oor &#329; tydperk van vyf tot agt dekades sal veroorsaak. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Weens omgewingsredes is daar ook &#329; dreigende elektrisiteitskrisis regdeur die w&ecirc;reld wat inderwaarheid &#329; groter energievraagstuk gaan veroorsaak as die oliekrisis. Kragstasies en verspreidingsnetwerke nader die einde van hul ekonomiese leeftyd en moet vervang word. Waarmee? Weereens sal die tegnologie tot die redding van die mensdom moet kom met gedesentraliseerde kragopwekking wat velerlei tegnologie&euml; sal inspan soos wind, son, brandstofselle, mikroturbines, ens.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Hoedanig is Suid Afrika geposisioneer ten opsigte van ru-olievoorsiening in &#329; w&ecirc;reld waar die aanvraag na ru-olie waarskynlik sy produksie in die nabye toekoms ver gaan oortref?<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Vir sover dit die verskaffing van ru-olie aanbetref, is Suid Afrika steeds op ingevoerde ru-olie aangewese. Sedert die ontstaan van SASOL het die land stelselmatig sy ru-olie met sinteties vervaardigde koolwaterstowwe begin vervang. Indien die politieke magsoorgawe van 1994 vir tien jaar uitgestel sou gewees het, sou ons reeds die brandstof vanuit die Torbaniet- en die Weskemprojekte kon benut. Weskem sou die unieke vervloei&iuml;ngseienskappe van ecca 5 van die Grootegeluksteenkoolmyn by Ellisras aanwend om vloeibare brandstof asook BTX-produkte (bensien, tolu&iuml;en en xylien), die boustene van die plastiekbedryf, te vervaardig. Onthou, die tekort aan olie bring ook &#329; tekort aan hierdie produkte mee, wat dalk &#329; veel groter ontwrigting as &#329; energiekrisis kon wees. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>In u boek skryf u dat &ldquo;<\/em><\/span><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">A recent Worldwatch report, sponsored by the German Federal Ministry of Food, Agriculture and Consumer Protection (BMELV), estimates that it takes 100 times more man hours to produce one unit volume of biofuels than what it would take for the same quantity of fossil fuel<\/span><\/em><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">.&rdquo; As sintetiese brandstof uit biologiese voedingstowwe soveel duurder is as brandstof uit ru-olie, kan u kommentaar lewer oor die relatiewe prys van petrol en diesel uit die olie-uit-steenkoolproses by Sasol? <\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Ek sal nie &#329; antwoord waag oor SASOL se kostestruktuur nie. Wat ons wel weet, is dat dit lonend is om brandstof uit steenkool teen die huidige oliepryse te vervaardig. Volgens SASOL se finansi&euml;le resultate is die produksie van brandstof uit steenkool die gans wat vir sy aandeelhouers die goue eiers l&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><!--[if !supportEmptyParas]-->&nbsp;<!--[endif]--><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My eie navorsing toon aan dat die produksie van biobrandstowwe soos biodiesel en etanol in nuwe aanlegte en met die nuutste tegnologie goed vergelyk met brandstof uit steenkool, ook in nuwe aanlegte, afhangende van die produksiekoste en logistieke koste van die vesel of steenkoolrumateriaal. Teen die huidige olieprys is produksie van biobrandstof lonend sonder direkte subsidies, maar dit benodig ekonomiese aansporingsmaatre&euml;ls en wetgewing wat die afset daarvan sal waarborg. Dit hoef nie die land se ekonomie te verwring nie. Ek sal later graag weer na steenkool as voedingsbron vir energie wil verwys.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die feit dat biobrandstowwe &#329; honderd maal meer man-ure gebruik as fossielbrandstof, beteken nie noodwendig dat dit duurder hoef te wees nie. In ontwikkelende w&ecirc;relddele wat die beste gele&euml; is vir die produksie van biobrandstowwe, is plaaslike arbeid relatief goedkoop vergeleke met dollar-gedrewe fossielbrandstofbronne waarvan die insette hoofsaaklik geoutomatiseerd is. Ek glo dus dat daar wel &#329; ekonomiese nis vir biobrandstowwe bestaan en dat sekere lande hul ekonomie&euml; wesenlik daarmee sou kon stimuleer, mits dit nie sou uitloop op mededinging tussen voedselproduksie en energieproduksie nie. Hierdie is &#329; hoogs verpolitiseerde kwessie. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In my nuwe boek gebruik ek Zambi&euml; as voorbeeld van hoe daar tydens die re&euml;nseisoen voedsel en tydens die dro&euml; seisoen sojabone vir dieselproduksie op dieselfde lande geproduseer kan word &#8211; in die dro&euml; seisoen onder besproei&iuml;ng, natuurlik. Die oorblywende misstowwe na sojaboonproduksie en natuurlik die stikstof wat deur die bone self geproduseer word, voed die grond vir die aanplanting van mielies en kasava tydens die nat seisoen. Voedsel en energieproduksie kan dan in &#329; natuurlike simbiotiese verhouding saambestaan en kan dieselfde insettoerusting en arbeid gebruik word. Dit gee aan arm lande &#329; natuurlike mededingende voordeel terwyl hul ekonomie&euml; gestimuleer word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Ten opsigte van biobrandstof: in Westerse state is daar baie politieke ondersteuning vir die vervaardiging van etanol uit landbougewasse om by petrol gevoeg te word. Dit is ook bekend dat Brasili&euml; reeds jare lank gebruik maak van etanol as &#329; brandstof in die vervoerwese. In Noord-Amerika bestaan tot soveel as 15% van petrol uit etanol wat uit landbougewasse vervaardig is. Wat is u siening oor etanol as &#329; brandstof?<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Eerstens moet ons verstaan waarom daar soveel politieke ondersteuning vir biobrandstofproduksie in Westerse lande bestaan. Daardie is die lande wat deur verskeie protokols hulself verbind het tot die uitfasering van fossielbrandstof en vermindering van koolstofbesoedeling. Die ho&euml; oliepryse, asook &#329; baie aktiewe landboulobby het die wetgewing van die hernubare brandstofstandaard (RFS-2005) tot gevolg gehad. Die RFS bepaal dat ten minste 28,4 miljard liter biobrandstof teen 2012 vir vervoerbrandstof in die VSA gebruik moet word!! Die prys van mielies het egter die hoogte ingeskiet en ons kan ernstige politieke probleme daarmee verwag. Vroe&euml;r is daardie mielies teen gesubsidieerde pryse aan armer lande verskaf, en nou is daardie bron van voedsel op meer winsgewende etanolproduksie gerig.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek kan die produksie van etanol uit mielies nie goedpraat nie. Teen &#329; mielieprys van R2000 per ton is dit in elk geval kwalik ekonomies lewensvatbaar. Daar is egter &#329; nuwegeslagtegnologie op die horison wat etanol vervaardig uit die &lsquo;moeilike&rsquo; suiker wat teenwoordig is in in die sellulose en hemi-sellulose van vesel. Die stysel kan dus vir voedselproduksie behoue bly.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Brandstofetanol kan ook via die sintetiesegas- oftewel singasroete vervaardig word. Enige brandbare biomassa kan tot singas omgeskakel word wat ryk is aan koolstofmonoksied en waterstof. In die regte verhouding kan dit deur fermentasie indirek tot etanol verwerk word. Die vergassingstegnologie&euml; daarvoor maak reeds hul verskyning op die w&ecirc;reldmarkte. Vanwe&euml; die feit dat bykans enige biomassa vergas kan word, is hierdie benadering deur kenners as die aangewese roete vir brandstofetanol beskou.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Aanvanklik sal die mark vir etanol waarskynlik deur wetgewing gewaarborg word, maar ek voorsien dat etanol uit hernubare nie-voedselbronne mettertyd &#329; wesenlike deel van die brandstofmandjie sal uitmaak. Sellulose oeste soos snel groeiende plantasies gebruik relatief min kunsmis en gebruik minder energie om te oes as wat die geval met jaargewasse is. Lignien is &#329; belangrike neweproduk van hierdie roete en word tans vir brandstof gebruik. Maar dit is &#329; kommoditeit met &#329; potensi&euml;le ho&euml; prys as chemiese grondstof. Die feit dat etanol slegs twee derdes van petrol se kalorifiese waarde (energieinhoud) het, beteken net dat mens meer dikwels sal moet volmaak. Produksie van brandstofetanol uit vesel gaan dus &#329; goudmyn word teen die agtergrond van steeds stygende oliepryse. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Is dit sodanig moontlik dat sintetiese brandstof (uit steenkool en ander bronne) in die hoeveelhede en teen &#329; gepaste tempo vervaardig kan word om ru-olie in Suid Afrika heeltemal te vervang as &#329; bron van brandstof? Kan dit w&ecirc;reldwyd gedoen word?<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Teoreties is enigiets moontlik. Of dit egter wenslik is of ekonomies regverdigbaar is, is &#329; ander saak. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In my nuwe boek bespreek ek een van die mees opwindende ontluikende tegnologie&euml; wat in Engels as UCG bekendstaan. Ondergrondse steenkoolvergassing is die tegniek om diepliggende en swakkwaliteitsteenkool in situ ondergronds te vergas en slegs die gas na die oppervlak te bring waar dit gesuiwer en tot vloeibare brandstowwe of vir kragopwekking in gasturbines aangewend word. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die oortollige CO2 aan die einde van die proses word in ondergrondse water opgelos. Die as bly ondergronds waar dit oor miljoene jaar ontstaan het en al die besoedelingsprobleme en logistieke kostes verbonde aan steenkoolmyne word uitgeskakel. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die meeste lande het reusesteenkoolafsette wat onekonomies is om te myn, of waar die gehalte van die steenkool te laag is om produksie te regverdig. Daar is ook reusehoeveelhede steenkool onder die seebodem wat sonder enige vorm van besoedeling ondergronds vergas kan word om die w&ecirc;reld se energiehonger oor die volgende vyfhonderd jaar te bevredig. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoewel koolstof gebaseerd, besit hierdie tegnologie die potensiaal om laekoste-energie in die vorm van waterstof te lewer met min negatiewe uitwerking op die omgewing. Dit is &#329; goeie voorbeeld van hoe die tegnologie &#329; energiekrisis kan afweer. Die koolstof kan deur beproefde metodes na waterstof oorgeskakel word vir die utopiese waterstofekonomie waarna die puriste so smag. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Die markprys van ho&euml;graadse ru-olie is deesdae oor die $90 VS per vat, en dit begin lyk asof die era van goedkoop ho&euml;graadse ru-olie permanent iets van die verlede is. Wat is die gevolge van die feit vir lande in die Derde W&ecirc;reld, en spesifiek in Afrika? Is die Suid Afrikaanse ekonomie kwesbaar vir onvoorsiene verhogings in die ru-olieprys oor die volgende vyf jaar?<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Afrikalande wat nie olie of gas het nie, is ekonomies en polities kwesbaar, maar hul vermo&euml;ns om biobrandstowwe te vervaardig bied aan hulle &#329; politieke en ekonomiese uitkoms. Hiervoor sal Suid-Afrikaanse kommersi&euml;le landboukundigheid egter ingespan moet word en ons kan by &#329; ander geleentheid daaroor praat. Sasol beplan reeds verskeie sintetiese brandstofaanlegte om die komende tekorte die hoof te bied. <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ho&euml; olieprys sal ook navorsing stimuleer. Ek verwag wesenlike deurbrake in die nabye toekoms &ndash; nie soseer met die sogenaamde hernubare bronne soos wind, son en seebranderenergie nie, maar met verdieping van koolstof gebaseerde energie waar die CO2 nie in die atmosfeer losgelaat word nie en permanent ondergronds opgelos sal word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Dankie vir hierdie onderhoud. U was voorheen ook Voorsitter van die Volkstaatsraad. Kan ons miskien op &#329; ander tydstip &#329; dergelike onderhoud voer oor daardie proses en waarom dit skeefgeloop het?<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">JW:<\/span><\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Natuurlik, maar dit mag dalk vir sommige van u lesers &#329; pynlike proses wees. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 11pt; font-family: Arial\">. <\/span><\/p>\n<p>    <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free money for slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<br \/>\n<h4 align=\"justify\"><em style=\"font-size: 9pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburgsw.JPG\" width=\"97\" height=\"136\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>&#329; Onderhoud deur Buks van Rensburg met dr. Johann Wingard, skrywer van die blitsverkoper: <\/em><span style=\"font-size: 9pt; font-family: Arial\">Towards a Synfuels Economy<\/span><\/h4>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-left: 17.1pt; text-align: justify\"><strong style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">BvR:<\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <em>Dr. Wingard, baie dankie dat u ingestem het om &#329; onderhoud met my te voer. U is &#329; w&ecirc;reldwyd erkende spesialis in die vervaardiging van sintetiese olie en brandstof, en die skrywer van <\/em><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.synfuels.co.za\">Towards a Synfuels Economy<\/a><em>, waarin u die moontlikheid en wenslikheid van &#329; ekonomie gebaseer op sintetiese brandstof ondersoek. Wat is u huidige posisie?<\/em><\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <strong style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/jwingard.JPG\" width=\"125\" height=\"140\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Johann Wingard<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>JW:<\/strong><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Dankie vir die mooi woorde. Ek sal myself nie &#329; spesialis noem nie, maar liewer &#329; tegnologieontleder. Gedurende die afgelope vier jaar werk ek onverpoosd aan &#329; nuwe kompakte gasturbine met &#329; buitengewoon ho&euml; nuttigheidsgraad vir gedesentraliseerde kragopwekking. Saam met Amerikaanse vennote het ons &#329; maatskappy gestig om die toestel internasionaal te bou en te bemark, hoofsaaklik deur lisensies vir vervaardiging en verspreiding daarvan aan internasionale maatskappye te verkoop. Tans is ek vise-president, produkontwikkeling van die maatskappy. Ons hoop om in Mei aanstaande jaar die eerste eenhede bekend te stel &#8211; ook hier in Suid-Afrika. <\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[1106,21089,182],"class_list":["post-1158","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-energiekrisis-of-slegs-i-oliekrisis","tag-nuus","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1158","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1158"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1158\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1158"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1158"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1158"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}