{"id":11563,"date":"2011-11-29T06:33:17","date_gmt":"2011-11-29T06:33:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11563"},"modified":"2011-11-29T06:33:17","modified_gmt":"2011-11-29T06:33:17","slug":"geboorte-van-die-boererepublieke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11563","title":{"rendered":"Geboorte van die Boererepublieke"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Napoleon III - het meer gedoen vir erkenning van Boererepublieke as enigiemand anders\" alt=\"Napoleon III\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/napoleoniii.jpg\" width=\"251\" \/>Die  neerlaag by Boomplaats het Pretorius se aansien as Voortrekkerleier  kwaai geknou. Hy het egter voeling behou met die Afrikaners suid van die  Vaalrivier, en het die gebeurtenisse in Suider-Afrika so goed beoordeel  dat hy die nuwe politieke situasie kon benut wat teen 1851 ontstaan  het. In die Kaap was die agtste grensoorlog (1850-1853) aan die gang,  die Basotho het maj. Warden by Viervoet verslaan, terwyl Mosjwesjwe  Pretorius &#8216;n bondgenootskap teen Brittanje in die  Oranjerivier-Soewereiniteit aangebied het. Daar was gerugte van \u2018n  Zoeloe-opstand in Natal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buitendien was daar in Europa dinge aan die gang wat die Britte  verontrus het. Frankryk het &#8216;n nuwe staatshoof gekry: Napoleon III, &#8216;n  broerskind van Napoleon, wat aan die begin van die eeu so &#8216;n bedreiging  vir Brittanje was. Die Britte het die nuwe Franse keiser gewantrou. Die  wantroue het skaars gewyk of die optrede van Rusland het spanning  veroorsaak. Di\u00e9 land het so teenoor Turkye opgetree dat Frankryk en  Engeland in 1854 oorlog teen Rusland verklaar het. Dit was die  Krimoorlog wat in 1856 met die Vrede van Parys be\u00ebindig is. In die stuk  of tien jaar van onrus en spanning was Engeland sterk gekant daarteen om  sy gesag in Suid-Afrika uit te brei. Vir die Afrikaners was di\u00e9 Britse  onwilligheid &#8216;n groot geluk. G.D. Scholtz s\u00ea dat Napoleon III eintlik  die meeste van almal gedoen het om te sorg dat die Britte die  onafhanklikheid van die Transvaalse en Vrystaatse republieke erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die erkenning het nie vanself gekom nie. Vroeg in 1852 is  Pretorius aan die hoof van &#8216;n afvaardiging na die plaas van Piet Venter  aan die Sandrivier om twee Britse kommissarisse te ontmoet. Daar het die  Britte die onafhanklikheid van die gebied noord van die Vaalrivier  erken. Dit is op 17 Januarie 1852 so beskryf in die  Sandrivier-konvensie. Vir die eerste keer sedert die Groot Trek begin  het, kon die trekkers dan kry wat hulle so lank wou h\u00ea: &#8216;n onafhanklike  staat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pretorius se ideaal was dat die Oranje die suidgrens van die  onafhanklike gebied moes wees. In die eerste maande van 1853 was daar  bespiegelings dat die Britte die gebied noord van die Oranje aan die  Afrikaners wil terug besorg. Pretorius het koningin Victoria gevra om  &#8220;alle gronden&#8221; wat vroe\u00ebr aan die Voortrekkers behoort het, terug te  gee. Ondanks kwaai teenstand van die Engelse van Bloemfontein het sir  George Clerk en die republikeinse verteenwoordigers op 23 Februarie 1854  die Bloemfontein-konvensie onderteken en het die Oranje-Vrystaat tot  stand gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 teruggawe het Pretorius nie beleef nie. Op 23 Julie 1853 is hy  oorlede &#8212; sewe maande n\u00e1 die dood van Hendrik Potgieter op 16 Desember  1852. Die twee groot leiers is op 16 Maart 1852 op Rustenburg met mekaar  versoen. Op di\u00e9 dag het die Volksraad vergader en die  Sandrivier-konvensie goedgekeur. Oor &#8216;n geopende Bybel het Potgieter en  Pretorius mekaar die broederhand gereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die Groot Trek &#8216;n rebellie was soos die Britse owerheid en die  meeste NG predikante dit beskou het, was dit &#8216;n geslaagde opstand.  Hoewel die trek die posisie van Afrikaans in die Oos-Kaap verswak het,  het dit gehelp dat di\u00e9 taal noord van die Oranjerivier uitbrei. Hollands  het daar die amptelike of hooftaal geword. Het Engelssprekendes die  gebied die eerste beset, was Engels van die begin af die hooftaal in die  grootste deel van die land.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die neerlaag by Boomplaats het Pretorius se aansien as Voortrekkerleier kwaai geknou. Hy het egter voeling behou met die Afrikaners suid van die Vaalrivier, en het die gebeurtenisse in Suider-Afrika so goed beoordeel dat hy die nuwe politieke situasie kon benut wat teen 1851 ontstaan het. In die Kaap was die agtste grensoorlog (1850-1853) aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11562,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11563","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11563\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11562"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}