{"id":11549,"date":"2011-11-27T07:06:42","date_gmt":"2011-11-27T07:06:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11549"},"modified":"2011-11-27T07:06:42","modified_gmt":"2011-11-27T07:06:42","slug":"johannesburg-op-n-trapfiets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11549","title":{"rendered":"Johannesburg op \u2019n trapfiets"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"left\"><img decoding=\"async\" style=\"margin-right: 5px; float: left;\" class=\"caption\" title=\"Voor die wedren\" alt=\"Dan Roodt met fiets\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/11\/roodt_fiets.jpg\" width=\"251\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" class=\"left\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die fiets het \u2019n paradoks geword. Dis tegelyk \u2019n vervoermiddel vir die armes en \u2019n speelding vir viertrekvoertuigeienaars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En  dis laasgenoemde en hul rygoed wat verlede Sondag \u2019n parkeerterrein in  Midrand vervuil vir die wegspring van Johannesburg se grootste fietsren.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\u2019n  Gebeurtenis soos die 94.7-fietsren waarin 25 000 fietsers vir \u2019n paar  uur die snelwe\u00eb en hoofare van Johannesburg op horings neem, word die  beste opgesom deur \u2019n gedig van die Russiese digter Wadim Sjersjenewitsj  waarin hy skryf van die \u201cpuisies van fietse op die pad van pokke\u201d en  die \u201cgeliefde masjiene\u201d wat hom neem na \u201cdie stedelike gat\u201d.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Russiese (en Italiaanse) konstruktiviste se aanbidding van die masjien  is wat elke fietser inspireer. Die wedren word immers geadverteer met  die slagspreuk: \u201cBlood, sweat and gears\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die aantree hoor jy rondom jou omtrent net Afrikaans. Soos rugby, is fietsry kennelik \u2019n Afrikanersport.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dog  \u2019n sport vir amateurs, want almal kan daaraan deelneem, van  professionele fietsers tot die vrou wat later in die middestad van  Johannesburg al swetende teenoor my bely: \u201cDis my derde probeerslag. Die  vorige twee kere kon ek nie klaarmaak nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar heers \u2019n  karnavalat\u00ad\u00admos\u00adfeer. Al staan almal met hul blink fietsrame en  futuristiese klere en helms soos beeste in \u2019n drukgang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Langs my  gesels \u2019n man van Northcliff wat al die Argus in Kaapstad gery het. \u201cIs  dit jou eerste wedren?\u201d vra hy belangstellend. \u201cPasop net vir die ouens  wat aan jou regterkant verbykom. Wees op die uitkyk dat hulle nie in  jou vasry nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die groot luidsprekers hits \u2019n opgeruide  aankondiger die fietsers aan, tussen doef-doefmusiek deur. Telkens as  nog \u2019n groep, J, of K of L \u2013 elke fietser, soos elke ketter, het sy  letter \u2013 oor die aanvangstreep beweeg, bereik sy stem \u2019n histrioniese  hoogtepunt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik breek die groot oomblik aan en word die  K-groep tot die stryd opgeroep. Honderde klikgeluide weerklink soos die  knippe van fietsskoene aan die pedale vasheg \u2013 en hulle is weg. Iewers  registreer elkeen se RaceTec-skyfie neffens die voorwiel die  wegspringoomblik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enkele ure lank is die M1- en N14-snelweg, die  middestad, Jan Smuts, Homestead, Douglas, Witkoppen en ander boulevards  aan fietse, pleks van motors, oorgelewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En watter voorreg is  dit nie om die hele M1 op \u2019n fiets te mag verken nie: die tekstuur van  die teer, die monumentale beton van die oorbr\u00fbe, die lowerhange van  Parktown of Westcliff.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Mens kan filosofies raak oor jou  tweewielervarings. Soos die Vlaamse wysgeer Marc van den Bossche in sy  boek Wielrennen skryf: \u201cFietsry maak my denke vry.\u201d \u2019n Mens is vasgevang  in die oomblik en monitor gedurig die pad, die omgewing, jou  medefietsers en die oorblywende krag in jou bene. Maar die vrye denke  bo-op \u2019n fiets behels ook die somtotaal van jou herinneringe en  assosiasies met Johannesburg en sy strate.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, elke straatnaam verteenwoordig \u2019n stuk persoonlike en politieke geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers onder die teer van \u201cMalibongwe\u201d leef Hans Strijdom steeds voort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  die stywe opdraand deur The Wilds beland jy skielik in Berea en die  middestad van Johannesburg, waarna \u2019n paar skouspelagtige draaie op en  af van die M2 volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die medalje wat jy vier uur later by die wenpaal ontvang, bevat die ietwat ironiese inskripsie: \u201cA world-class African city\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  stroom hoofsaaklik wit en Afrikanerfietsers uit Pretoria en Centurion  wat die middestad van Johannesburg tref, laat jou dink aan die woorde  van die Sting-liedjie: \u201cI\u2019m an alien, an Englishman in New York.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want  die bleek fietsers in hul helder sintetiese hempies, stywe broeke en  helms op Japanse en Italiaanse selfgedrewe tegnologie ontmoet hier \u2019n  heel ander bevolking. \u2019n Laegraadse etniese konfrontasie, hoewel  vriendelik, knetter in die lug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naby die ronde  Ponte-wolkekrabber drentel swart seuntjies, moontlik uit die Kongo,  verwonderd op die sypaadjies rond en waai af en toe vir die  verbysnellende ryers teen die afdraand. Naby Mainstraat en die ou  Nedbank-hoofkantoor staan \u2019n swart vrou en skree iets in haar taal,  gevolg deur \u2019n Engelse woord wat sy oor en oor herhaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Johannesburg  is lankal nie meer w\u00eareldklas nie, maar wel \u2019n Afrikastad vol  stalletjies, \u2019n Derdew\u00eareld-straatmark tussen Bauhaus-monumente uit \u2019n  vervlo\u00eb tydvak. Die stad huiwer tussen twee beskawings soos \u2019n reus wat  wik en weeg of hy oor die Amasone moet spring. Die rit op \u2019n fiets deur  die middestad raak surrealisties: vreemd en onsamehangend soos die  Dada-kunstenaar Marcel Duchamp se beroemde fietswiel wat bo-op \u2019n  kroegstoeltjie gemonteer is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die afdraand in Jan Smuts verby  die dieretuin \u201cklok\u201d ek 67km\/h op my fietsrekenaartjie. Spoed. Die wind  in jou hare. Wie het \u2019n afslaankapmotor nodig? Net daarna in die  koeltes van Saxonwold hou \u2019n man met uitgestrekte arm \u2019n kleinerige  Bar-One na my uit wat ek onwillekeurig vasgryp. Ek kou die taai stuk  toffie en melksjokolade heel, kilometers ver.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is iets  Sisufosiaans aan fietsry. Pleks van \u2019n klip soos wat Sisufos teen die  berg op en af moes stoot, trap \u2019n mens jou liggaamsgewig teen die bulte  op, met die hoop op \u2019n kortstondige vryrit teen die daaropvolgende  afdraand af. Net om die proses te herhaal, ad absurdum.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  Fietsren van bykans 100 km lank toets ook die ryer se wil. Sonder  deursettingsvermo\u00eb kom niemand die lang, steil bulte van die N14 of die  gepas genoemde Heartbreak Hill in Midrand op nie. Die laaste 20 km voel  verder as die voorafgaande 70.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As jy (volgens RaceTec) 4 uur en  14 minute later in Midrand verby die eindpunt van jou fiets afklim,  medalje in die hand, sukkel jy om staanplek vir jou ryding tussen die  menigte te vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevoel is iets tussen verligting en \u2019n  beskeie soort triomf. Maar ook \u2019n vae bewo\u00ebnheid omdat die lewe so kort  is. Holbein moes fietse geskilder het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons vlees hang aan ons skelet soos \u2019n fietser bokant sy geraamte van aluminiumallooi of koolstofvesel huiwer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} \u00a0 Die fiets het \u2019n paradoks geword. Dis tegelyk \u2019n vervoermiddel vir die armes en \u2019n speelding vir viertrekvoertuigeienaars. En dis laasgenoemde en hul rygoed wat verlede Sondag \u2019n parkeerterrein in Midrand vervuil vir die wegspring van Johannesburg se grootste fietsren. \u2019n Gebeurtenis soos die 94.7-fietsren waarin 25 000 fietsers vir \u2019n paar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11549\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Johannesburg op \u2019n trapfiets&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11548,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11549","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11549","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11549"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11549\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11549"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11549"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11549"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}