{"id":11489,"date":"2011-11-17T11:17:28","date_gmt":"2011-11-17T11:17:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11489"},"modified":"2011-11-17T11:17:28","modified_gmt":"2011-11-17T11:17:28","slug":"obama-probeer-china-paai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11489","title":{"rendered":"Obama probeer China paai"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Pres. Barack Obama van Amerika en Julia Gillard, premier van Australi\u00eb, het Woensdag planne bekend gemaak om die Amerikaanse milit\u00eare teenwoordigheid in die Stille Oseaan-gebied by Asi\u00eb uit te bou.<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">China het reeds hulle besorgheid uitgespreek oor Amerika se planne maar Obama het in antwoord op hul vrese belowe om groter samewerking met Beijing na te streef.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek maak dit met my besoek aan die streek duidelik dat Amerika sy toewyding aan die hele Stille Oseaan-streek verskerp,&#8221; het Obama by &#8216;n mediakonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se milit\u00eare magte wil die &#8220;fokus weg van Irak en Afghanistan neem en meer in die algemeen op Asi\u00eb, veral Suidoos-Asi\u00eb, konsentreer, meer buigsaam wees en help bou aan streeks-kapasiteit&#8221;, het hy aan die Australiese<br \/>parlement ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Aan die einde ons huidige oorlo\u00eb, het ek my nasionale veiligheidspan gevra om ons teenwoordigheid en missies in die Asi\u00eb-Stille Oseaanstreek &#8216;n topprioriteit te maak,&#8221; het Obama ges\u00ea in &#8216;n belangrike toespraak oor Washington se visie vir die Asi\u00eb-Stille Oseaan-streek.<\/p>\n<p>&#8220;As gevolg hiervan, sal die besnoeiing in die VSA se verdedigingsbegroting nie, ek herhaal, sal nie,&nbsp; ten koste van die Asi\u00eb-Stille Oseaan wees nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bygevoeg: &#8220;Ons het meer geleenthede vir samewerking met Beijing, insluitende groter kommunikasie tussen ons om begrip te bevorder en misrekening te vermy.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Senuagtig oor China se groeiende invloed, het die Amerikaanse bondgenote soos Japan en Suid-Korea ook waarborge van die Verenigde State gesoek dat die VSA &#8216;n sterk teenwig in die streek sal bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Eerste stap in die uitbreiding van die VSA se milit\u00eare mag in Suidoos-Asi\u00eb sal die ontpooiing van seesoldate, vlootskepe en vliegtuie in die noorde van Australi\u00eb vanaf 2012 wees.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontplooiing in Australi\u00eb, wat teen 2016 &#8216;n taakgroep van 2 500 Amerikaanse seesoldate sal wees, is klein in vergelyking met die 28 000 troepe gestasioneer in Suid-Korea en 50 000 in Japan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die teenwoordigheid in Darwin, slegs 820 km van Indonesi\u00eb, sal toelaat dat die Verenigde State vinnig Suidoos-Asi\u00eb en die Indiese Oseaan sal kan bereik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanaf aanstaande jaar gaan Amerikaanse soldate en vlie\u00adg\u00adtuie opereer vanuit die tropiese stad Darwin, wat slegs 820 km van Indonesi\u00eb is. Van daar kan hulle vinnig reageer op huma\u00adnit\u00eare of veiligheidskwessies in Suidoos-Asi\u00eb, waar spanning toe\u00adneem weens twiste oor die Suid-Chinese See.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het beklemtoon dit is nie &#8216;n poging om China te isoleer nie. China is besorg dat die VSA hom probeer omsingel met basisse in Japan en Suid-Korea, en nou met soldate in Australi\u00eb.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die idee dat ons China vrees, is verkeerd. Die idee dat ons China graag wil uitsluit, is verkeerd,&#8221; het hy ges\u00ea en bygevoeg China word nie uitgesluit van die beplande Trans-Pasifiese handelsverdrag nie. Ons verwelkom die opkoms van &#8216;n vreedsame China.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bygevoeg China se toenemende mag beteken di\u00e9 land moet gro\u00adter verantwoordelikhede aanvaar om vrye handel en veiligheid in die streek te verseker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse ontplooiing in Australi\u00eb is die grootste sedert die Tweede W\u00eareldoorlog. Destyds het Japan meer bomme op Darwin gegooi as op Pearl Harbour in Hawaii.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was hier in Darwin dat ons alliansie met Australi\u00eb se &#8216;Pearl Harbor&#8217; gebore is,&#8221; het Obama, met sy moue opgerol, aan 2000 Australiese en Amerikaanse troepe in die tropiese hawe ges\u00ea, waar hy aangedoen het op pad na Indonesi\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer bomme is op Darwin laat val tydens &#8216;n Japannese aanval gedurende die Tweede W\u00eareldoorlog as op Hawaii, maar Obama het ges\u00ea die VSA-Australiese troepe het gehergroepeer om groot Stille Oseaan-oorwinnings te behaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hier in Darwin en die noorde van Australi\u00eb sal ons die volgende trotse hoofstuk in ons alliansie skryf,&#8221; het Obama ges\u00ea, en bygevoeg dat Amerikaanse en Australiese magte die veiligheid van Asiatiese seeroetes na die noorde sal verseker wat van kritieke belang vir beide ekonomie\u00eb is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China het die nuwe ontplooiing van die VSA bevraagteken, en &#8216;n buitelandse woordvoerder het sy twyfel uitgespreek oor of die bevordering van sulke alliansies sal bydra om die streek saam te snoer in moeilike ekonomiese tye.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die reaksie van sommige staatsbeheerde media was nog skriller, met &#8216;n bytende kommentaar van die amptelike nuusagentskap Xinhua Donderdag wat lui: &#8220;Elke land in die streek &#8230; het &#8216;n goeie rede om die Verenigde State se ambisie te bevraagteken.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Trouens, sou dit nie as &#8216;n verrassing kom as die Verenigde State besig is om hegemonie in die streek, in ooreenstemming met sy aspirasies as &#8216;n globale supermag, te soek nie,&#8221; het Xinhua ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indonesi\u00eb, Suidoos-Asi\u00eb se grootste land en versigtig vir buitelandse milit\u00eare teenwoordigheid in die streek, het ook gewaarsku dat die Australiese ooreenkoms risiko&#8217;s inhou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat sou ek haat om te sien, is dat sodanige ontwikkelings &#8216;n reaksie en teen-reaksie uitlok en &#8216;n bose kringloop van spanning en wantroue skep,&#8221; het minister van buitelandse sake in Indonesi\u00eb Marty Natalegawa aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het ges\u00ea die Verenigde State van Amerika wil nouer saamwerk met China om ekonomiese welvaart en veiligheid in die streek te verseker, maar sal openhartig moet praat oor kwessies soos menseregte en verhoogde veiligheidsaangeleenthede soos die Suid-Chinese See waardeur $5 triljoen dollar in handel jaarliks vaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">China eis groot dele van die seegebied op, ook ryk in olie, minerale en vissery-hulpbronne. Vietnam, die Filippyne, Taiwan, Maleisi\u00eb en Brunei hou mededingende eise wat verskeie dispute in die afgelope jaar veroorsaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse buitelandse minister Hillary Clinton het pertinent tydens haar besoek aan die Filippyne Woensdag, ges\u00ea dat geen eiser homself na intimidasie moet wend nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het ges\u00ea die verhoogde fokus op die Asi\u00eb-Stille Oseaan-streek is noodsaaklik vir Amerika se ekonomiese toekoms.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As die w\u00eareld se mees snelgroeiende gebied &#8211; en die tuiste van meer as die helfte van die globale ekonomie &#8211; is die Asi\u00eb-Stille Oseaan van kritieke belang in die bereiking van my hoogste prioriteit: die skep van werk en geleenthede vir die Amerikaanse volk,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama van Amerika en Julia Gillard, premier van Australi\u00eb, het Woensdag planne bekend gemaak om die Amerikaanse milit\u00eare teenwoordigheid in die Stille Oseaan-gebied by Asi\u00eb uit te bou. China het reeds hulle besorgheid uitgespreek oor Amerika se planne maar Obama het in antwoord op hul vrese belowe om groter samewerking met Beijing na &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11489\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Obama probeer China paai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11489","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11489"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11489\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}