{"id":11475,"date":"2011-11-16T05:04:34","date_gmt":"2011-11-16T05:04:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11475"},"modified":"2011-11-16T05:04:34","modified_gmt":"2011-11-16T05:04:34","slug":"opkoms-van-nuwe-terreurnetwerk-in-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11475","title":{"rendered":"Opkoms van nuwe terreurnetwerk in Afrika"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Nigeriese owerhede het bevestig dat drie bomaanvalle in die noordelike stad Maiduguri voorgekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die aanvalle het &#8216;n voertuig geteiken wat aan die gesamentlike polisiemag behoort wat veiligheid in die stad moet handhaaf. Niemand is in die voorval dood nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens vroe\u00ebre berigte is die radikale Islamitiese groep &#8211; Boko Haram &#8211; aanspreeklik vir die aanval. Volgens &#8216;n ooggetuie het lede van die groep met wapens op die toneel aangekom. &#8216;n Bom het ook tussen die stad en die lughawe naby die konvooi van &#8216;n goewerneur ontplof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Owerhede in Nigeri\u00eb is waaksaam n\u00e1 die VSA gewaarsku het dat nuwe aanvalle deur ekstremiste in di\u00e9 land &#8216;n sterk moontlikheid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 waarskuwing volg n\u00e1 &#8216;n vlaag terreuraanvalle deur &#8216;n Islamitiese sekte wat al 150 lewens in die noord-ooste van die land ge\u00ebis het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede week se aanvalle in die stad Damaturu tel onder die dodelikste wat al uitgevoer is deur die Boko Haram-sekte, &#8216;n Islamitiese groep wat in die noorde van die land gevestig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse ambassade in Nigeri\u00eb het gewaarsku dat die sekte volgende op hotelle of ander teikens in die hoofstad Abuja kan toeslaan, veral tydens die Eid al-Adha-fees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;N\u00e1 die onlangse aanvalle deur Boko Haram, ook bekend as die Nigeriese Taliban, in die Borno- en Yobe-staat, het die Amerikaanse ambassade inligting ontvang dat Boko Haram dalk van plan is om verskeie teikens en hotelle in Abuja aan te val,&#8221; het die ambassade ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Personeel van die ambassade is aanges\u00ea om di\u00e9 plekke te vermy en Amerikaanse burgers is gevra om &#8220;ekstra versigtig&#8221; te wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Algeri\u00eb het intussen ook gewaarsku dat &#8216;n terroriste-alliansie op die kontinent bestaan. &#8220;Ons het geen twyfel dat daar ko\u00f6rdinasie bestaan \u200b\u200btussen die Boko-Haram en al-Kaida nie,&#8221; het die Algerynse adjunk-minister van buitelandse sake Abdel Messahel aan verslaggewers ges\u00ea. &#8220;Die wyse waarop beide groepe werk en intelligensieverslae toon daar is samewerking.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Algerynse intelligensiediens het &#8216;n reputasie van wreedheid, maar doeltreffendheid, en Noordwes-Afrika is hulle turf. Hulle is veral bekommerd oor al-Kaida-splintergroepe in die Islamitiese Magreb.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AQIM in Algeri\u00eb het nie begin as internasionale terroriste nie en het nie oorspronklik iets te doen met al-Kaida nie. Dit was &#8216;n Algerynse versetbeweging, teen die sekul\u00eare staat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Algerynse weerstandsgroep het kon egter meer waarde toevoeg aan hulle dreigemente teen die staat met hulle nuwe alliansie, en dit is waarskynlik die rede vir die samewerking. Vir al-Kaida weer, kan Algeri\u00eb as deel van die Afrikanetwerk funksioneer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.drivemir.ru\/object\/topcargo-perevozka-obemnih-gruzov\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nigeriese owerhede het bevestig dat drie bomaanvalle in die noordelike stad Maiduguri voorgekom het. Een van die aanvalle het &#8216;n voertuig geteiken wat aan die gesamentlike polisiemag behoort wat veiligheid in die stad moet handhaaf. Niemand is in die voorval dood nie. Luidens vroe\u00ebre berigte is die radikale Islamitiese groep &#8211; Boko Haram &#8211; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11475\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Opkoms van nuwe terreurnetwerk in Afrika&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11475","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11475","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11475"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11475\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11475"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11475"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11475"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}