{"id":1147,"date":"2007-12-03T08:01:38","date_gmt":"2007-12-03T08:01:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1147"},"modified":"2007-12-03T08:01:38","modified_gmt":"2007-12-03T08:01:38","slug":"poetin-wen-oorweldigend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1147","title":{"rendered":"Poetin wen oorweldigend"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Verskeie opposisieleiers het die Kremlin van verkiesingsbedrog beskuldig en die Amerikaanse Bush-administrasie het vir &#329; ondersoek na verkiesingsongerymdhede gevra. Die leier van die Russiese Kommunistiese Party, Gennadi Zioeganof het die verkiesing&nbsp; bestempel as &ldquo;die onverantwoordelikste en vuilste&rdquo; in die post-Sowjettydvak.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met stembriewe in 64,4 persent van die kiesafdelings wat getel is, loop die Russiese Eenheidsparty voor met 62,8 persent, gevolg deur die Kommuniste met 11,7 persent, het die Sentrale Verkiesingskommissie ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Kremlin het die verkiesing as &#329; plebisiet oor Poetin se byna agt jaar as president voorgestel &ndash; met die belofte dat &#329; groot oorwinning hom op een of ander manier sal toelaat om as leier aan te bly as sy tweede termyn aanstaande jaar verstryk.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Poetin word grondwetlik verbied om vir &#329; derde agtereenvolgende termyn te staan, maar duidelik het hy ondersteuning om aan bewind te bly. &#329; Beweging het oor die afgelope paar weke ontstaan om hom aan te moedig om &#329; &ldquo;nasionale leier&rdquo; te word, maar dit is nog onduidelik watter pligte en magte dit sou behels.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die meningsopnames sal die Russiese Eenheidsparty oor &#329; oorweldigende meerderheid in die Staatsdoema of laer huis van 450 setels beskik. Die Kommuniste gaan 57 setels h&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ander twee pro-Kremlinpartye &ndash; die nasionalistiese Liberaal-Demokratiese Party en populistiese N&eacute;t Rusland &ndash; lyk asof hulle ook die parlement gaan haal, met onderskeidelik 8,8 persent en 8 persent.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Een Liberaal-Demokratiese Party-afgevaardigde sal Andrei Loegowoi wees, &#329; voormalige KGB-beampte en die vernaamste verdagte in die vergiftiging van die Kremlinkritikus Alexander Litwinenko verlede jaar in Londen. Rusland het geweier om Litwinenko aan Brittanje te oorhandig en die Doemasetel verskaf aan hom immuniteit teen vervolging.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\">Dit is egter aan die lig gekom dat Litwinenko &#8216;n betaalde Britse agent was wat blykbaar 2000 pond per maand vir sy dienste ontvang het. Di&eacute; inligting is deur die Daily Mail in Brittanje bekend gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Geen ander partye kon die sewepersentdrempel om setels in die parlement te behaal, verbysteek nie. Beide liberale opposisiepartye is uitgesluit, aangesien voorspel word dat hulle elk nie meer as 2 of 3 persent van die stemme gaan ontvang nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vele Russe het Sondag gekla dat hulle onder druk geplaas is om te gaan stem, met onderwysers, dokters en ander wat ges&ecirc; het dat hulle deur hul base aanges&ecirc; is om by hul werkplekke te gaan stem.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens Alexander Kinef, &#329; politieke deskundige van die verkiesingsmonitorgroep Golos, is dosyne kiesers betaal om vir Poetin se Russiese Eenheidsparty te stem. In die dorp Pestowo in die westerse Nowgorod-streek, het kiesers gekla dat hulle stembriewe ontvang het wat reeds aan die Russiese Eenheidsparty uitgemaak was.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Tsjetsjni&euml;, waar die stempersentasie meer as 99 persent was, het getuies verslag gedoen oor verkiesingsbeamptes wat stembriewe ingevul en in busse geplaas het in die streekshoofstad Grozni.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar was &#329; gespanne, gedempte atmosfeer by sommige stemlokale. Jelena, &#329; 32-jarige bestuurder van St. Petersburg, het geweier om haar van te verskaf uit vrees vir politieke weerwraak omdat sy vir die liberale Jablonko-party gestem het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Ons leef in &#329; land waarin demokrasie en spraakvryheid afwesig is,&rdquo; het sy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vele kiesers was huiwerig om hul stem te bespreek, wat &#329; verskuiwing sedert die laat tagtigerjare verteenwoordig toe die Russe luidkeels oor hul regering gekla het. Een bejaarde dame, &#329; veteraan van die verdedigingsnavorsingsinstituut, het geweier om haar naam te verskaf en het net erken dat sy vir Jablonko gestem het omdat niemand anders wil luister nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die owerhede, het sy ges&ecirc;, sal nie toelaat dat Jablonko enige setels verwerf nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Dis waarom ons omtrent 300 gekke, spyt dit my om te s&ecirc;, in ons Doema het,&rdquo; het sy ges&ecirc;. &ldquo;En ek glo nie vir Poetin nie: Hy is &#329; gewone man, ons moet hom nie absolute mag gee nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Poetin, wat verantwoordelik gehou word vir die herstel van Rusland na die armoede en onsekerheid van die negentigerjare, geniet egter steun van vele Russe, ten spyte van die kritiek.<br \/><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Vandag is alles helder en stabiel in die lewe. Die president se woorde kom altyd ooreen met wat hy doen. Wat die ander kandidate betref, weet ons nog nie waarheen hulle ons wil neem nie,&rdquo; het Raisa Tretijakowa, &#329; 61-jarige pensioenaris in St. Petersburg ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In die VSA het die Bush-administrasie Sondag &#329; beroep op Rusland gedoen om bewerings dat die stem gemanipuleer is, te ondersoek.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;In die aanloop tot verkiesingsdag, het ons ons kommer uitgespreek oor die gebruik van staatsadministratiewe hulpbronne ter ondersteuning van die Russiese Eenheidsparty, die vooroordeel van media in staatsbesit of onder staatsinvloed, intimidasie van die politieke opposisie en die gebrek aan gelyke geleenthede wat deur opposisiekandidate en &ndash;partye ervaar is,&rdquo; het Gordon Johndroe, segsman vir die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\">Die stempersentasie was omtrent 62 persent Sondag, volgens die Sentrale Verkiesingskommissie, teenoor 56 persent in die vorige parlement&ecirc;re verkiesing vier jaar gelede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alle setels sal toegeken word volgens die persentasie stemme wat elke party ontvang het; in vorige verkiesings is die helfte van die setels toegeken aan kandidate wat in spesifieke kiesafdelings gestaan het, wat enkele grapmakers toegelaat het om verkies te word. Ongeveer 109 miljoen mense is stemgeregtig.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa, wat beskou word as die Weste se mees gesaghebbende verkiesingsmonitor, het planne om waarnemers te stuur gekanselleer.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Poetin beweer die kansellasie is deur die Verenigde State bewimpel om die verkiesing in &#329; slegte lig te probeer stel. Maar die OVSE s&ecirc; Rusland het die toestaan van visums so lank vertraag dat die organisasie nie in staat sou gewees het om die verkiesingsvoorbereidings sinvol te beoordeel nie.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u043f\u0430\u0440\u043e\u0434\u043e\u043d\u0442\u0438\u0442 \u0442\u044f\u0436\u0435\u043b\u043e\u0439 \u0441\u0442\u0435\u043f\u0435\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0447\u044c<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/poetinstem.jpg\" width=\"179\" height=\"243\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Poetin stem in Moskou<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>MOSKOU &ndash; Wladimir Poetin se Russiese Eenheidsparty het gister &#329; oorweldigende meerderheid in die parlement&ecirc;re verkiesings behaal en sodoende die weg gebaan vir die Russiese leier om in beheer te bly, selfs na die be&euml;indiging van sy presidentstermyn.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\">Die uitslag volg na &#329; Kremlinveldtog wat die president ferm ondersteun het. Poetin is veral bevoordeel deur Rusland se stygende olie-inkomste waardeur die land in &#329; stewiger internasionale posisie geplaas is.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Die stem het die hoofidee bevestig: dat Wladimir Poetin die nasionale leier is, dat die volk sy beleid onderskryf en dat hierdie beleid sal aanhou,&rdquo; het die partyleier en parlement&ecirc;re speaker, Boris Grislof ges&ecirc; nadat uitgangsopnames aangekondig is.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,1096],"class_list":["post-1147","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-poetin-wen-oorweldigend"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1147"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1147\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}