{"id":11467,"date":"2011-11-15T06:39:35","date_gmt":"2011-11-15T06:39:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11467"},"modified":"2011-11-15T06:39:35","modified_gmt":"2011-11-15T06:39:35","slug":"sarkozy-se-diversiteit-n-fiasko","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11467","title":{"rendered":"Sarkozy se diversiteit &#8216;n fiasko"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse president, Nicolas Sarkozy, se diversiteit is in die moeilikheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die regerende UMP-beweging se soveelste konferensie oor nasionale identiteit, is Jeannette Bougrab, een van sy diversiteitsaanstellings glo diep &#8220;seergemaak&#8221; deur die voorstelle Donderdag, 10 November deur sommige lede van die &#8220;regse populistiese groep&#8221; binne die party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 dogter van &#8216;n Harki, &#8216;n Arabiese groep wat die Franse kolonialiste in Algeri\u00eb ondersteun het, en daarna vervolg is deur hul eie mense, is deur swaargewig Alain Jupp\u00e9 bevorder tot nasionale sekretaris van die UMP in 2002. Volgens Bougrab het UMP-lede haar toegang tot Franse burgerskap bevraagteken omdat haar vader, nie Frans kan skryf of praat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeannette Bougrab is &#8216;n jaar gelede baie strategies as staatsekretaris vir die jeug in die regering van Fran\u00e7ois Fillon aangestel. Frankryk gaan gebuk onder vlae van jeugopstande waar swart en Arabiese jeugdiges motors aan die brand steek in voorstede en &#8216;n skrikbewind teen die polisie voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diversiteit in die aanstellings van die staat was dus een van Sarkozy se prioriteite. Selfs onder linkse regerings was die Franse staat wit, aangesien die eksamens wat staatsamptenare in Frankryk moet slaag, geweldig mededingend is en &#8216;n grondige kennis van Frans vereis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die toetrede van Rachida Dati en Rama Yade in die regering, het Nicolas Sarkozy vinniger en verder as die linkses in die bevordering van politieke immigrante beweeg. Hy het &#8216;n groot slag teen die Sosialiste geslaan en gewys dat hy, ten minste in hierdie gebied is, die man is wat &#8220;breek&#8221; met tradisie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultate is egter rampspoedig. Met Dati wat in &#8216;n oop oorlog teen die eerste minister gewikkel is en Yade wat &#8216;n kruistog teen &#8216;n UMP-lid Borloo voer, het die twee ikone van Sarkozy nie as &#8216;n bate vir die meerderheidsparty uitgedraai nie, maar &#8216;n las. Die twee Arabiese nuwelinge, Nora Berra en Bougrab, is grootliks deur die kiesers ge\u00efgnoreer, totdat rassisme binne Sarkozy se politieke tuiste die twee in die nuus gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nicolas Sarkozy se ambisie was om die immigrante van Noord-Afrikaanse oorsprong te oortuig dat hulle geen rede het om nie UMP te stem nie. Nou gee sy eie party hulle blykbaar genoeg rede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeanette Bougrab het verlede Donderdag uitgeloop, omdat die sprekers van die UMP-konferensie in wanhoop gekla het dat hulle &#8220;te veel van Afrika en nie genoeg van Fran\u00e7ois die Eerste&#8221; in Frankryk hoor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;My pa kan nie lees of skryf nie maar hy is waarskynlik meer Frans as jy. My pa sal, m\u00f4re, November 11, die vlag dra. Hy is deel van die Reserves,&#8221; het Bougrab woedend geantwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 14 Mei, in Besancon, het sy inderhaas &#8216;n streeks-opleidingsessie van UMP-aktiviste verlaat, nadat een deelnemer gekla het dat hy sat is vir &#8220;bougnoules&#8221;, &#8216;n skelwoord vir Arabiere. Die deelnemer was ongelukkig oor die moontlike befondsing van moskees tot nadeel van die herstelwerk aan katedrale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde probleem het opgeduik met Nora Berra, die ewe diskrete staatsekretaris vir seniors.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Desember 2009, tydens &#8216;n oop debat oor die Burqa het &#8216;n voormalige minister van justisie opgemerk dat &#8220;die dag wanneer daar meer minarette as katedrale in Frankryk is, dit nie langer Frankryk sal wees nie.&#8221; Nora Berra het toe uit die vergadersaal gestorm: &#8220;Dit is &#8216;n voormalige minister van justisie wat hierdie kommentaar in &#8216;n anti-sekul\u00eare plek lewer, &#8216;n simbool van die Republiek, die Nasionale Vergadering! Dit is ondraaglik! Is dit demokrasie?&#8221; Berra is nooit voor stok gekry vir haar uitbarsting nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse president, Nicolas Sarkozy, se diversiteit is in die moeilikheid. By die regerende UMP-beweging se soveelste konferensie oor nasionale identiteit, is Jeannette Bougrab, een van sy diversiteitsaanstellings glo diep &#8220;seergemaak&#8221; deur die voorstelle Donderdag, 10 November deur sommige lede van die &#8220;regse populistiese groep&#8221; binne die party. Di\u00e9 dogter van &#8216;n Harki, &#8216;n Arabiese &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11467\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sarkozy se diversiteit &#8216;n fiasko&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11467","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11467","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11467"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11467\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11467"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11467"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11467"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}