{"id":11460,"date":"2011-11-13T08:26:03","date_gmt":"2011-11-13T08:26:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11460"},"modified":"2011-11-13T08:26:03","modified_gmt":"2011-11-13T08:26:03","slug":"liberale-rhodes-en-smuts-meer-rasbehep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11460","title":{"rendered":"\u2018Liberale\u2019 Rhodes en Smuts m\u00e9\u00e9r rasbehep"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Me. Helen Zille, die leier van die DA, is \u2019n tipiese Engelse  Suid-Afrikaner wat oorloop van selfvertroue. Vandaar die gemak waarmee  sy in haar artikel verlede week \u2019n swart lid van haar party, mnr.  Masizole Mnqasela, van \u201cVerwoerdianisme\u201d beskuldig weens sy beswaar dat  me. Lindiwe Mazibuko \u201csoos \u2019n wit persoon klink\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos William Faulkner ges\u00ea het: \u201cDie verlede is nooit klaar nie. Dis nie eens verby nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit geld veral in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille  mag dink dat die Anglo-liberale tradisie in die land hom nog nooit aan  rassedenke skuldig gemaak het nie, maar sy is verkeerd. Genl. Jan Smuts  en ander liberale denkers wat vierkant binne die Engels-Suid-Afrikaanse  en Britse tradisie gestaan het, het \u2019n veel sterker siening oor ras en  rasseverskille as Verwoerd gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy beweer dat rasse- of etniese  kwotas \u2019n begrip sou wees wat Verwoerd uitgedink het. Hiervoor beroep  sy haar op \u2019n obskure artikel van Verwoerd wat hy blykbaar in 1937 in  Die Transvaler gepubliseer het. In die stuk kla Verwoerd oor die ho\u00eb  persentasie Jode in die Suid-Afrikaanse sakew\u00eareld en professies, en  doen \u2019n moontlike kwotastelsel aan die hand wat geleidelik ingevoer sou  word, want, s\u00ea Verwoerd, \u201cmaatskaplike en ekonomiese kwessies word nie  met die waai van \u2019n towerstaf opgelos nie\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille se retoriese  tegniek om swart nasionaliste met die \u201cVerwoerdiaanse\u201d teerkwas by te  kom, ignoreer doelbewus die feit dat etniese kwotas in vele lande met  veelvolkige of multi-etniese bevolkings toegepas word. In vele  samelewings is daar gesofistikeerde minderhede wat ekonomies beter as \u2019n  arm en onopgevoede meerderheid presteer. Hulle word dan aan etniese  kwotas onderwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Etniese voorkeurbeleide is daarom beswaarlik  \u201cVerwoerdiaans\u201d. In sy klassieke studie, \u201cEthnic groups in conflict\u201d,  noem Donald L. Horowitz voorkeurbeleide in die volgende lande: Maleisi\u00eb,  die Eerste Nigeriese Republiek, die Suidelike Filippyne, Fidji, Sri  Lanka, Indonesi\u00eb en die deelstaat Andra Pradesj in Indi\u00eb. Die VSA, waar  regstellende aksie vandaan kom, kan ook by di\u00e9 onvolledige lys gevoeg  word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In haar Engelse morele meerderwaardigheid vergeet Zille dat  Cecil John Rhodes se standbeeld steeds in haar Kaapstad staan met die  inskripsie: \u201cThy hinterland lies there.\u201d Rhodes se opmerkings oor  ras en etnisiteit was veel meer \u201crassisties\u201d in \u2019n eietydse sin as  enigiets wat Verwoerd ooit ges\u00ea het. In 1893 het Rhodes die berugte  woorde geuiter: \u201cNege-tiendes van hulle (swartes) gaan hul lewens met  handearbeid deurbring en hoe gouer dit aan hulle tuisgebring word, hoe  beter.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dog, lank voor Verwoerd het die liberale Smuts reeds met  die 1936-wet op grondbesit \u2019n stelsel van apartheid ingestel. In Smuts  se Rhodes-gedenklesing, wat in 1929 in Oxford gelewer is, stel Smuts \u2019n  stelsel van \u201cparallelle ontwikkeling\u201d vir die hele Brits-beheerde Afrika  voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Smuts se lesing heet \u201cNaturellebeleid in Afrika\u201d en daarin  spreek hy hom soos volg oor swart mense uit: \u201cDie neger en negro\u00efede  Bantoe maak \u2019n aparte (<em>distinct<\/em>) menslike tipe uit waarsonder die w\u00eareld  armer sou wees. Dit het hoofsaaklik \u2019n kindertipe gebly, met \u2019n  kindersielkunde en -beskouing.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Smuts is die vader van  di\u00e9 beleid van \u201cparallelle ontwikkeling\u201d, wat grootliks ooreenstem met  die Nasionale Party se latere \u201cafsonderlike ontwikkeling\u201d, niemand  minder nie as Cecil John Rhodes. Smuts s\u00ea: \u201cHierdie beleid het sy  oorsprong in Suid-Afrika, en wel in die beroemde Glen Grey-wet soos di\u00e9  deur Cecil Rhodes opgestel is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rhodes se Afrika-beleid het twee  hoofbegrippe behels: \u201cBlanke nedersetting om die staalraamwerk te  verskaf en die prikkel tot \u2019n duursame beskawing, en inheemse  naturelle-instellings om uiting te gee aan die besonderse Afrika-aard  van die naturelle in hul toekomstige ontwikkeling en beskawing.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  Smuts was \u201cdie hoofdoel van die Glen Grey-wetgewing\u2026 egter om die  naturel sy eie instellings te gee vir selfontwikkeling en bestuur\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Klink  dit nie baie soos die eertydse \u201cgroot apartheid\u201d nie? Maar Smuts, die  vader van die Suid-Afrikaanse liberalisme, was ook ten gunste van aparte  woonbuurte, want hy s\u00ea voorts: \u201cIn hierdie groot sake van ras, kleur en  kultuur, kan alleen afskeiding van woonbuurte en parallel-instellings  reg laat geskied aan die ideale van albei bevolkingsdele. Die stelsel is  aangeneem en verwelkom deur die oorgrote meerderheid van die naturelle;  dog \u2019n klein opgevoede minderheid wat \u2018gelyke regte\u2019 met die blankes  eis, is daarteen gekant.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs J.H. Hofmeyr, Smuts se regterhand  wat \u2019n reputasie as ultra\u00adliberaal had en ten gunste van universele  stemreg was, was gekant teen die vestiging van swart mense in en om die  blanke stede. Helen Zille is insgelyks gekant teen \u201cdie in-bus\u201d van  Xhosas uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap, soos sy op \u2019n keer oor RSG ges\u00ea  het. Dit klink amper na die soort teenimmigrasiestandpunt van die meer  \u201cregse\u201d Europese partye.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille is hovaardig oor die IVP-LP mnr.  Koos van der Merwe, wat sy \u201c\u2019n vorige lid van Andries Treurnicht se  Konserwatiewe Party\u201d noem \u201cwat steeds rasse-identiteite op mense afdwing  om te bepaal wat hulle kan en nie kan doen nie\u201d. En tog het sy voor die  munisipale verkiesing nie Solidariteit onder die voormalige KP-lid mnr.  Flip Buys as politieke bedmaat geweier toe di\u00e9 vakbond aangekondig het  dat sy lede oorweldigend vir die DA gaan stem nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Het liberale  Engelse soos Zille regtig morele lessies aan Afrikaners en swartes oor  \u201cVerwoerdianisme\u201d te leer wanneer hul eie tradisie ewe skuldig aan  koloniale en paternalistiese sienings as di\u00e9 van Verwoerd was?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hierdie rubriek verskyn ook in vandag se <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Weekliks\/Nuus\/Repliek-Liberale-Rhodes-en-Smuts-meer-rasbehep-20111111\">Rapport<\/a>.<\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/31.08.2017\/harkovskiy_produktovyy_riteyl_raduyuschaya_dinamika_razvitiya\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Me. Helen Zille, die leier van die DA, is \u2019n tipiese Engelse Suid-Afrikaner wat oorloop van selfvertroue. Vandaar die gemak waarmee sy in haar artikel verlede week \u2019n swart lid van haar party, mnr. Masizole Mnqasela, van \u201cVerwoerdianisme\u201d beskuldig weens sy beswaar dat me. Lindiwe Mazibuko \u201csoos \u2019n wit persoon klink\u201d. Soos William Faulkner ges\u00ea &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11460\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018Liberale\u2019 Rhodes en Smuts m\u00e9\u00e9r rasbehep&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11460","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11460"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11460\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}