{"id":1145,"date":"2007-12-02T08:42:11","date_gmt":"2007-12-02T08:42:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1145"},"modified":"2015-09-18T11:11:05","modified_gmt":"2015-09-18T09:11:05","slug":"frankryk-teater-van-kultuurkonflik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1145","title":{"rendered":"Frankryk, teater van kultuurkonflik"},"content":{"rendered":"<p>Vandeesweek het die Paryse voorstad Villiers-le-Bel die jongste in \u0149 reeks van sogenaamde banlieues geword wat in geweld uitgebars het na \u0149 padongeluk waarin twee Noord-Afrikaanse jeugdiges omgekom het. Sowel openbare as private geboue is afgebrand en daar is op die polisie geskiet met jag- en haelgewere. \u0149 Primitiewe ploftoestel wat uit \u0149 gassilinder met spykers daaraan vasgeplak bestaan, is insgelyks in \u0149 asblik ontdek.<\/p>\n<p>Sedert 2005 toe die eerste ernstige onluste deur immigrante uitgebreek het, is \u0149 verbysterende aantal motors vernietig. In 2005 is 45 588 motors deur brandstigters uit die banlieues aan die brand gesteek, terwyl die syfer in 2006 effens gedaal het tot 44 157. Syfers vir 2007 is nog nie bekend nie, maar vandeesweek se onluste het sekerlik beduidend daartoe bygedra.<\/p>\n<p>Afgesien van motors, het groepe immigrantejeugdiges ook skole, \u0149 biblioteek en privaatondernemings soos \u0149 motorhandelaar aan die brand gesteek. Miskien die onheilspellendste aspek van die onlangse geweld in Frankryk is egter deur die polisie in \u0149 verklaring uitgewys: \u201cDie onlusmakers het materi\u00eble ten gunste van menslike teikens versaak.\u201d Sowel die polisie as die brandweer is vir aanvalle uitgesonder, met meer as 100 polisiemanne wat slegs tydens die twee nagte van onluste in Villiers-le-Bel gewond is.<\/p>\n<p>\u0149 Ander beroemde Fransman, August Comte, het op \u0149 keer ges\u00ea: \u201cDemografie is die noodlot.\u201d Om te begryp wat tans in Frankryk aan\u2019t gebeur is, moet mens die land se demografie verstaan. Die Franse Republikeinse etos sluit enige statistiese ontleding van burgers volgens ras, godsdiens of etnisiteit uit, maar mens kan \u0149 ingeligte raaiskoot waag oor die groot aantal Moslemimmigrante uit Noord- en Wes-Afrika wat hulself reeds in die land gevestig het.<\/p>\n<p>Amptelik bestaan daar in Frankryk 4,9 miljoen immigrante wat buite die land gebore is, met nog \u0149 6,7 miljoen wat oor Franse burgerskap beskik maar insgelyks \u201cvan vreemde oorsprong\u201d is. As mens di\u00e9 twee syfers bymekaartel, kom mens by die getal van 11,2 miljoen immigrante in Frankryk uit.<\/p>\n<p>Hoewel daar byna nooit kommentaar hierop gelewer word nie, geniet Frankryk die hoogste geboortesyfer van alle Europese state. Terwyl die inheemse Franse bevolking sedert die Tweede W\u00eareldoorlog rondom 45 miljoen stagneer, is nog 15 miljoen mense tot die Franse bevolking toegevoeg, hetsy deur immigrasie, hetsy deur natuurlike aanwas van immigrante in Frankryk.<\/p>\n<p>Dit is hier waar die prentjie ietwat mistig raak. In 2006 was daar 796 800 lewendige geboortes in Frankryk, maar hoeveel was buitelanders van Afrika-afkoms en hoeveel was Franse? \u0149 Mens kan veronderstel dat die immigrantegeboortesyfer beduidend ho\u00ebr as die Franse is, wat die groot aantal ontevrede, sogenaamde \u201cjeugdiges\u201d sou verklaar wat tans op polisiemanne losbrand en lukraak aanvalle op Franse lewens en eiendom loods.<\/p>\n<p>Die rede waarom die Paryse streek, wat die Ile de France genoem word, op die voorpunt van die huidige etniese konflik verkeer, is dat byna die helfte van alle immigrante in daardie gebied woonagtig is. Sedert die Middeleeue is Parys een van die grootste en belangrikste ekonomiese en kulturele sentra in Europa. Daarom bestaan daar vandag \u0149 Derdew\u00eareldstrandhoof in die hart van Europa, met Parys en sy onstabiele banlieues wat reeds \u0149 teater van kultuurkonflik geword het.<\/p>\n<p>Die kulturele gevolge van die Afrika-inval in Frankryk is min of meer deur die nuustydskrif <em>Time<\/em> in \u0149 onlangse uitgawe opgesom met die volgende woorde op die voorblad: The death of French culture. Volgens die <em>Time<\/em>-verslaggewer, Don Morrison, \u201chet Frankryk \u0149 multi-etniese basaar van kuns, musiek en letterkunde vanuit die banlieues en verskeie uithoeke van die nie-blanke w\u00eareld geword.\u201d<\/p>\n<p>Die Amerikaanse tydskryf sien uit na \u0149 grondverskuiwende verandering in die Franse kultuur waardeur \u201cdie land se woedende, ambisieuse minderhede\u201d oorheersend gaan raak en \u201c\u0149 skerper, meer po\u00ebtiese weergawe van Amerikaanse rap\u201d deur Kongolese rapsangers voortaan as eksemplaries van Franse smaak gereken sal word.<\/p>\n<p>Nie eens <em>Time<\/em> met sy voorspelbare onderdanigheid jeens multikulturalisme kan egter ontken dat Frankryk \u0149 etniese slagveld geword het nie, met potensieel funeste gevolge vir Europa en die Weste in sy geheel.<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">want to<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/08\/183752.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoBodyText\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Baie mense het nou al voorspel dat sekul&ecirc;re Frankryk die eerste Moslemland in Wes-Europa gaan word. Met sy groot en toenemend veeleisende Noord- en Wes-Afrikaanse immigrantebevolking wat tussen 10 en 15 miljoen gestel kan word, wil dit voorkom asof &#329; laeintensiteitsoorlog tussen gewapende jong mans en die Franse owerhede reeds uitgebreek het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[154,1093,21092,1094],"class_list":["post-1145","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-dan-roodt","tag-frankryk","tag-rubrieke","tag-teater-van-kultuurkonflik"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1145","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1145"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1145\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1145"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1145"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1145"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}