{"id":11435,"date":"2011-11-08T14:38:47","date_gmt":"2011-11-08T14:38:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11435"},"modified":"2011-11-08T14:38:47","modified_gmt":"2011-11-08T14:38:47","slug":"cctv-dink-groot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11435","title":{"rendered":"CCTV dink groot"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">China gaan &#8216;n Engelstalige tak van hul nasionale uitsaaier CCTV, in Washington open, in wat beskou word as &#8216;n aggressiewe uitbreidingsinisiatief in die hart van die VSA se politieke sentrum.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die China Central Television saai die Kommunistiese bewind se nuus uit asook ander propagandaprogramme. Die nuutopgerigte uitsaaigeriewe sal as die hoofkwartier in die VSA dien. Hulle beplan om te begin uitsaai teen die middel van 2012 en sal ses ure van oorspronklike materiaal per dag aanbied, s\u00ea bronne wat gemoeid is met die projek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">CCTV het reeds &#8216;n uitsaai-ateljee in Nairobi, Kenia, opgerig vanwaar hulle &#8216;n Engelstalige diens vir Afrika sal aanbied. Hulle beplan voorts om in Europa ook uit te brei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het &#8216;n baie ambisieuse plan om die aanbiedinge in Engels aansienlik te vergroot,&#8221; s\u00ea een bron wat vertroud is met die planne. Die staatsuitsaaier wou nie kommentaar lewer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitbereiding is deel van &#8216;n omvattende inisiatief om China se internasionale beeld en invloed te verhoog. Volgens bronne is die Chinese regering bekommerd oor die dikwels negatiewe beeld wat van die land voorgehou word deur Westerse media-agentskappe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die vier groot nuusagentskappe domineer byna 80% van die nuusvloei en as China hul sagte mag wil uitbrei, moet dit deur hulle eie media wees,&#8221; s\u00ea Dong Tiance, &#8216;n professor in joernalistiek by die Jinan-universiteit. &#8220;Die uitbou van ons internasionale uitsaaiwese sal ons in staat stel om ons invloed uit te brei en vir die w\u00eareld &#8216;n geleentheid gee om ons te verstaan.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">CCTV het duisende vierkantemeter in New York Avenue gehuur, net drie blokke van Bloomberg se kantore af, en is tans besig om Amerikaanse personeel aan te stel. Hulle soek ook &#8216;n bekende gesig om die kanaal te lei soos Al Jazeera, die Arabiese nuuskanaal, in sy beginfase gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al Jazeera het die gesig van die bekende Sir David Frost gebruik in 2006 toe hulle geloods is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Engelstalige diens van CCTV is reeds beskikbaar in areas waar Chinese woon, maar hulle wil die aantal Amerikaanse kykers laat groei.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>China gaan &#8216;n Engelstalige tak van hul nasionale uitsaaier CCTV, in Washington open, in wat beskou word as &#8216;n aggressiewe uitbreidingsinisiatief in die hart van die VSA se politieke sentrum. Die China Central Television saai die Kommunistiese bewind se nuus uit asook ander propagandaprogramme. Die nuutopgerigte uitsaaigeriewe sal as die hoofkwartier in die VSA dien. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11435\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;CCTV dink groot&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11435","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11435","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11435"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11435\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11435"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11435"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11435"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}