{"id":11430,"date":"2011-11-08T03:37:14","date_gmt":"2011-11-08T03:37:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11430"},"modified":"2011-11-08T03:37:14","modified_gmt":"2011-11-08T03:37:14","slug":"praag-verwelkom-nederlandse-steun-vir-taalstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11430","title":{"rendered":"PRAAG verwelkom Nederlandse steun vir taalstryd"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het die steun van die Nederlandse  Partij voor de Vrijheid (PVV) vir die Afrikaanse taalstryd verwelkom.  &#8220;PRAAG werk reeds lank daaraan om die taalstryd te internasionaliseer en  daarom verteenwoordig die PVV se versoek aan die Nederlandse Taalunie  vir ons &#8216;n deurbraak,&#8221; het dr. Dan Roodt, leier van die beweging, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees ook ons vorige berig: <a target=\"_blank\" href=\"nuus-magazine-402\/afrikaanse-nuus-magazine-401\/10579-nederlandse-taalunie-gevra-om-vir-afrikaans-te-veg.html\">Nederlandse Taalunie gevra om vir Afrikaans te veg<\/a>.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Drie parlementslede van die PVV, M. Bosma; H Beertema en J Driesen,  het gister &#8216;n beroep op die  Vlaamse  minister Pascal Smet en die Nederlandse staatsekretaris Halbe  Zijlstra gedoen  &#8220;om hulself te sterk om Afrikaans te red by die SA  universiteite&#8221;. Bosma, wat &#8216;n skrywer is, is insgelyks voorsitter van  die interparlement\u00eare kommissie van die Taalunie. Hy het gevra dat die  Taalunie die Suid-Afrikaanse regering &#8220;kragtig aanspreek&#8221; oor die  institusionele agteruitgang van Afrikaans.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Insake die voortdurende polemiek rondom die kreeftegang van  Afrikaans as onderrigmedium aan die Universiteit van Stellenbosch, het  dr. Dan Roodt hom soos volg uitgelaat: &#8220;Ons verwelkom die pogings van  oud-studente om &#8216;n mosie van wantroue in die universiteit se taalbeleid  in te stel. Nietemin moet die taalprobleme van Suid-Afrika ook as &#8216;n  regstreekse gevolg van die doktrine van die nasionale demokratiese  revolusie gesien word. Die totalit\u00eare denke onderliggend aan di\u00e9  doktrine,&nbsp; wat na die voormalige Sowjetunie terug te voer is, belemmer  &#8216;n sinvolle taalbedeling vir die land.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Roodt het ook die Freedom Charter, wat deur die SA regering en  opposisie onderskryf word, uitgesonder as &#8216;n dokument &#8220;wat kulturele  sosiogeni\u00ebring as uitgangspunt het&#8221;.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert sy besoek verlede  jaar aan Nederland en Vlaandere waartydens die taalkwessie met die  Nederlandse media en parlementari\u00ebrs bespreek is, het dr. Dan Roodt  verskeie onderhoude en meningsartikels in Nederlandse koerante  gepubliseer. PRAAG is nou van plan om ook die Europese Unie te nader om  sy steun vir taalgelykheid in Suid-Afrika uit te spreek. &#8220;Terwyl Europa  groot moeite doen om taalgelykheid tuis te erken, moet hy ook die  toepaslikheid van hierdie beginsel in Suid-Afrika bevestig.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het die steun van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV) vir die Afrikaanse taalstryd verwelkom. &#8220;PRAAG werk reeds lank daaraan om die taalstryd te internasionaliseer en daarom verteenwoordig die PVV se versoek aan die Nederlandse Taalunie vir ons &#8216;n deurbraak,&#8221; het dr. Dan Roodt, leier van die beweging, ges\u00ea. Lees &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11430\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PRAAG verwelkom Nederlandse steun vir taalstryd&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11430","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11430","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11430"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11430\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11430"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11430"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11430"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}