{"id":11393,"date":"2011-11-03T15:55:16","date_gmt":"2011-11-03T15:55:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11393"},"modified":"2011-11-03T15:55:16","modified_gmt":"2011-11-03T15:55:16","slug":"cope-ontken-saamsmeltvoornemens-met-da","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11393","title":{"rendered":"Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Congress of the People het ontken dat di\u00e9 party enige planne maak om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil dit kategories stel dat Cope sy eie identiteit en visie het,&#8221; het Hilda Ndude, senior lid van Cope, Donderdag by die Parlement aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is geen voornemens van Cope se LP&#8217;s om by die DA of enige ander party aan te sluit nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Berigte dat die party &#8216;n samesmelting beplan, is &#8220;baie kwaadwillig&#8221;, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Sowetan het vroe\u00ebr vandeesweek berig die party wil h\u00ea sy lede moet by die DA aansluit n\u00e1 die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se eerste swart parlement\u00eare leier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Sowetan het betroubaar verneem by bronne binne beide Cope en die DA dat Mosiuoa Lekota, leier van Cope, &#8216;n dokument opgestel het waarin hy vra vir meer samewerking met die DA&#8230;&#8221; het die koerant Maandag berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koerant het &#8216;n bron &#8220;binne die DA&#8221; aangehaal wat ges\u00ea het &#8220;sleutel-persone sal na die DA oorloop&#8230;&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se federale voorsitter, James Selfe, het Donderdag by navraag ges\u00ea daar was geen amptelike gesprekke tussen die twee partye nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n vraag of hy deur Cope genader is om &#8216;n samesmelting te bespreek, het Selfe, wat haastig was om &#8216;n vergadering van die DA-koukus by te woon, geantwoord: &#8220;Nee.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ndude het aan verslaggewers ges\u00ea die berig in die Sowetan was &#8220;verspot en baie moedswillig&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea Cope se LP&#8217;s &#8220;verwerp saam berigte dat ons gesels oor samesmeltings, wat gesien kan word as &#8216;n eksodus van ons LP&#8217;s wat by die DA aansluit, betrokke is&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sluit egter nie die moontlikheid van &#8220;samewerkende re\u00eblings&#8221; met ander opposisiepartye in die 2014-verkiesings in nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die &#8220;herranskikking&#8221; van opposisiepartye &#8216;n Cope-droom bly, is daarby nog nooit &#8216;n samesmelting bedoel nie, het Ndude ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal egter nie &#8220;ko\u00f6peratiewe re\u00eblings&#8221; met ander opposisie partye in die 2014-verkiesing uitsluit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorlewing van Cope sal nie afhang van ander opposisiepartye nie, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope-LP Dennis Bloem, het ges\u00ea van die party se 37 lede, &#8220;het nie &#8216;n enkele een &#8230; aangedui hulle is gereed om by enige ander politieke party aan te sluit nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die meeste lede van Cope se koukus teenwoordig was by Donderdag se vergadering, was die party-leier, Mosiuoa Lekota nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy het nog &#8216;n vergadering in sy kantoor,&#8221; het Bloem aan joernaliste ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Congress of the People het ontken dat di\u00e9 party enige planne maak om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt. &#8220;Ons wil dit kategories stel dat Cope sy eie identiteit en visie het,&#8221; het Hilda Ndude, senior lid van Cope, Donderdag by die Parlement aan verslaggewers ges\u00ea. &#8220;Daar is geen voornemens van Cope se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11393\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11393","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11393"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11393\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}