{"id":11372,"date":"2011-11-01T09:36:38","date_gmt":"2011-11-01T09:36:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11372"},"modified":"2011-11-01T09:36:38","modified_gmt":"2011-11-01T09:36:38","slug":"brand-na-dra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11372","title":{"rendered":"Brand-na-dra"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Brand-na-dra is die jongste modegier wat township-kinders besiel. Dit staan bekend as <em>i&#8217;khothane<\/em> en is besig om vlam te vat, by wyse van spreke, onder die swart jeug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie dae en tye met werkloosheid wat genadeloos byt, loop sulke tienerbyeenkomste in lokasies dikwels op die brand van duur ontwerpersklere &#8211; en selfs geld &#8211; uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan blykbaar daaroor om uit te staan \u200b\u200bin die skare en aan jou vriende te bewys dat jy so ryk is dat duur besittings niks beteken nie. Die gebrandery stop nie by klere of R50 note nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soms behels <em>i&#8217;khothane<\/em> ook die vernietiging van &#8220;partytjiekos&#8221; soos KFC, waar die dansers die gesogte duur hoenderstukkies in die grond intrap terwyl honger swart maats tevergeefs toekyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens een<em> i&#8217;khothane-<\/em>legende in Pimville het iemand een keer &#8216;n hele groot emmer KFC-hoender gekoop om dit daarna in die stof in te trap. Daarna het hy sy Carvelaskoene uitgetrek, hulle aan die brand gesteek en verklaar: &#8220;Hulle [die skoene] het klaar ge\u00ebet het en nou is hulle vol!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>I&#8217;khothane<\/em> &#8220;gevegte&#8221; of uitdagings word gewoonlik by &#8216;n plaaslike park of in &#8216;n openbare ruimte gehou. Die nuus van die byeenkomste word versprei per riemtelegram en die spanne word deur honderde kinders en tieners toegejuig en bewonder as hulle aankom. Dit verleen kitsglanspersoonlikheidstatus aan die deelnemers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deelnemers spog dat as hulle by winkelsentrums opgemerk word, word sommiges selfs vir handtekeninge gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die <em>i&#8217;khothane<\/em> begin met jou skoene. Vir die seuns, sal niks minder as &#8216;n paar Carvelas deug nie. Dit is &#8216;n bekende handelsmerk in die townships en &#8216;n paar kos tussen R1 200 en R2 000. In die 1990&#8217;s is di\u00e9 handelsmerk deur almal bewonder, en as jy &#8216;n paar besit het, was jy onmiddellik beskou as &#8220;middelklas&#8221;. Vandag moet jy egter bereid wees om hulle te vernietig in die openbaar om te wys hoe ryk jy is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Pimville se sone 6 s\u00ea een van die deelnemers: &#8220;Abuntu Baya kufatela mawudla isdwdwe [mense respekteer jou wanneer jy duur en mooi aantrek],&#8221;&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kinders by die byeenkomste raak dikwels hoenderkop van Hennessy cognac en Red Square vodka. Die musiek is oorverdowend. Waarnemers s\u00ea die byeenkomste kan heel maklik in geweld ontaard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die swart seuns en meisies is nie so ryk soos wat hulle voorgee om te wees nie.&nbsp;Sommige van hierdie kinders woon in &#8216;n vierkamerhuisie en leef hul ouma se pensioengeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bekendes soos Metro FM se platejoggie Sbu het al gewaarsku teen die gevare van <em>i&#8217;khothane<\/em> en hy is betrokke by programme in swart ho\u00ebrskole om jong mense uit te daag oor hulle gebrek aan moraliteit. &#8220;Ek is regtig teleurgesteld met hierdie tendens,&#8221; s\u00ea hy. &#8220;Hulle [die kinders] mors hulle geleenthede deur te spog oor die rykdom wat hulle nie eens het nie.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brand-na-dra is die jongste modegier wat township-kinders besiel. Dit staan bekend as i&#8217;khothane en is besig om vlam te vat, by wyse van spreke, onder die swart jeug. In hierdie dae en tye met werkloosheid wat genadeloos byt, loop sulke tienerbyeenkomste in lokasies dikwels op die brand van duur ontwerpersklere &#8211; en selfs geld &#8211; &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11372\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brand-na-dra&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11372","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11372"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11372\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11372"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}