{"id":11371,"date":"2011-11-01T09:03:30","date_gmt":"2011-11-01T09:03:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11371"},"modified":"2011-11-01T09:03:30","modified_gmt":"2011-11-01T09:03:30","slug":"amerikaanse-teenstrydighede-oor-moslems","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11371","title":{"rendered":"Amerikaanse teenstrydighede oor Moslems"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Twee o\u00ebnskynlik teenstrydige Amerikaanse beleidsrigtings pryk vandag op Praag se voorblad in die vorm van nuusberigte: Die Al Kaida-vlag wat oor Libi\u00eb wapper nadat hulle &#8216;n Amerikaanse regime-ontrimpeling ondergaan het en die Amerikaners se besluit om UNESCO se befondsing te staak omdat die Palestynse Owerheid (PO) tot di\u00e9 VN-liggaam toegelaat is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld se voorste sakekoerante het vanoggend intrige by di\u00e9 skrille beleidskontras gevoeg deur aan te kondig dat nog &#8216;n aandelemakelaar, MF Global, die koers van die eens befaamde Lehman Brothers in 2008 ingeslaan het vanwe\u00eb die Euroskuldkrisis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vrae oor Amerika se verbintenis met Al-Kaida doem op nadat hulle &#8216;n VN-ondersteunde burgerlike beskermingsinval in Libi\u00eb ten bate van &#8220;vryheid&#8221; ondersteun het, maar ten duurste &#8216;n oorlog in Afghanistan teen dieselfde terreurgroep voer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant is die VSA duidelik gekant teen Palestynse onafhanklikheid en het hulle kwalik nog &#8216;n poging van die PO waardeer om deur die agterdeur van UNESCO soewereine erkenning te verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae, terloops, twiet Amerikaanse hooggeplaaste lui buitelandse beleidslagspreuke. Susan Rice, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het via Twitter laat weet dat die Palestyne se stap nie vredesamesprekinge tussen die twee strydende partye kan vervang nie. Sy het nagelaat om te noem dat s\u00f3 &#8216;n stap soveel druk op Israel plaas, dat dit binnekort nie meer nodig sal wees nie, want Israel sal kapituleer voor die ontsagwekkende openbarebetrekkingeveldtog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 twee kwessies onderstreep maar net weer eens hoedat die w\u00eareld multi-pol\u00ear geraak het en dat dit Afrikaners sal baat om op hulself staat te maak in die tye wat kom. Daar is nie meer &#8216;n &#8220;Weste&#8221; wat gaan keelskoonmaak namens ons nie. Hoe gouer die gemiddelde Afrikaner daarbuite dit onder die knie kry, hoe beter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kloof het weliswaar oopgegaan tussen voormalige Westerse bondgenote oor die Palestynse volk. Wat talle Jode betref is daar reeds &#8216;n onafhanklike Palestina, te wete Jordani\u00eb. Die stemmery oor volle lidmaatskap van UNESCO di\u00e9 week, het die verskille tussen ander eertydse vriende in die verblindende lig van belange gestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Frankryk het vir die Palestyne gestem, Duitsland daarteen, en Brittanje het op die draad bly sit waar hulle onlangs tuisgeraak het om voordeel uit die EU te trek. Sonder Merkel en genadelose druk van die IMF, sou die Duitsers waarskynlik ook &#8220;ja&#8221; vir Palestynse lidmaatskap gestem het. Die meerderheid Duitsers ondersteun die Moslem-versugting na &#8216;n tuisland midde in Israel. Merkel veg egter tans &#8216;n verbete stryd teen &#8216;n Angelsaksiese aanslag om die Europese Unie tot niet verklaar te kry danksy die Griekse skuldkrisis. Die Duitsers moes hulself intussen tot China wend vir hulp teen die volgehoue transatlantiese veldtog. &#8216;n Duitse stem teen die VSA sou kwalik wys gewees het onder die omstandighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kanada het heel voorspelbaar, wes van die Atlantiese verdelingslyn, &#8220;nee&#8221; gestem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was ook nie enige verrassing dat die Bricslande die Palestyne ondersteun het nie, met China, Rusland, Brasili\u00eb en Indi\u00eb wat hulle stemme by di\u00e9 van die wenners gevoeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie, nie gering nie, is dat UNESCO se befondsing absoluut kritiek vir die VSA se buitelandse beleid is. Die enkele grootste onderwysprojek wat die agentskap dryf is in&#8230; Afghanistan. Dit kan kwalik in die VSA se belang wees om hulle projek om stabiliteit te finansier, op te hef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekende geskal dat terroriste uiteindelik in vryheidsvegters ontaard as hulle geweld afsweer, is klaarblyklik tot &#8216;n ontluisterde kakofonie verklaar en kon Magmoed Abbas se dapper stap hom nog geen vriende in die Withuis besorg nie. Hy gaan di\u00e9 versuim sekerlik binnekort ophaal as hy nie deur geweld gedwing word om daarvan te moet afsien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners kan terugstaan en die skouspel geniet want die een enorme voordeel van die w\u00eareldverhoog se jongste opvoering is dat ons 100% skuldvry daarteen afge\u00ebts staan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee o\u00ebnskynlik teenstrydige Amerikaanse beleidsrigtings pryk vandag op Praag se voorblad in die vorm van nuusberigte: Die Al Kaida-vlag wat oor Libi\u00eb wapper nadat hulle &#8216;n Amerikaanse regime-ontrimpeling ondergaan het en die Amerikaners se besluit om UNESCO se befondsing te staak omdat die Palestynse Owerheid (PO) tot di\u00e9 VN-liggaam toegelaat is. Die w\u00eareld se voorste &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11371\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse teenstrydighede oor Moslems&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-11371","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11371","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11371"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11371\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11371"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11371"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11371"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}