{"id":11352,"date":"2011-10-29T10:58:35","date_gmt":"2011-10-29T10:58:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11352"},"modified":"2019-09-15T20:22:25","modified_gmt":"2019-09-15T18:22:25","slug":"letterkunde-en-die-nasionale-demokratiese-revolusie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11352","title":{"rendered":"Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Die afgelope week of wat het daar \u2018n soort onderonsie of relletjie hom tussen Afrikaanse skrywers afgespeel rondom die voortbestaan van die skrywersvereniging Pretoria-PEN. Tydens \u2018n telefoongesprek tussen my en \u2018n ander skrywer het hy die beswaar geopper dat ek \u201cradikaal in die klassieke sin\u201d sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers in die sewentigerjare het \u2018n sielkundige van Rhodes, \u2018n Afrikaner, in die destydse lyfblad van die Progressiewe Party, <em>Deurbraak<\/em>, geskryf dat \u201cdie onvermo\u00eb om radikaal, of tot aan die wortel, te dink, een van die Afrikaner se swakhede is\u201d. In di\u00e9 opsig is die beswaarde skrywer \u2018n tipiese Afrikaner, wat eerder die stroom volg en \u2018n soort kleindorpse, kleinburgerlike vrees koester in die trant van: \u201cOee! Maar wat sal die mense s\u00ea?\u201d Nie verniet nie het Flaubert sy grootse roman, <em>Madame Bovary<\/em>, van die ondertitel voorsien: \u201cprovinsialistiese sedes\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Tweede faktor wat my vandeesweek by hierdie onderwerp uitgebring het, is die nuwe Twitter-rekening wat ek geopen het, <a href=\"http:\/\/twitter.com\/#!\/afr_filosowe\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">@afr_filosowe<\/a>. Teken gerus daarop in. Sedert ek in die laat negentigerjare al hoe meer oor die stand van Afrikaans as taal en die Afrikaner se politieke posisie in die land &#8211; wat so nou daarmee verweef is &#8211; begin besin het, het ek daarvan bewus geraak dat omtrent alles oor Afrikaans en Afrikanerskap reeds iewers in die verlede ges\u00ea is. Die hele opkoms van Afrikaans as kultuurtaal is gekenmerk deur \u2018n intense kollektiewe introspeksie, wat deur die groot geeste van die verlede soos JBM Hertzog, Van Wyk Louw, C.M. van den Heever, G.D. Scholtz en vele ander, gevoer is. Vanm\u00f4re val my oog op \u2018n boek in my rak uit die vroe\u00eb sewentigerjare deur die geskiedkundige F.A. van Jaarsveld, <em>Afrikaner quo vadis?<\/em>, \u2018n versameling kort essays wat aanvanklik as radiopraatjies bedoel was, maar waarvan slegs enkeles uitgesaai is. Terstond het ek drie aanhalings uit F.A. van Jaarsveld getwiet:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Afrikaner staan voor die gevaar van selfvervreemding, verlies aan selfrespek, minderwaardigheid &amp; vrywillige prysgawe. &#8211; FA vJaarsveld 1971\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cKennis van die verlede kom nie meer deur oorlewering nie, maar deur te lees, wat geestelike inspanning vereis. &#8211; FA van Jaarsveld\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Afrikaner het nie kultureel uitwaarts beweeg wat sy taalhandhawing, sy eiewaarde, selfvertroue &amp; persoonlikheid betref nie. &#8211; FA vJaarsveld\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie drie sinne, wat ek vir die doeleindes van Twitter se 140 karakters effens moes verkort, is presies veertig jaar gelede geskryf, maar is vandag nog ewe geldig, ondanks al die veranderinge wat intussen plaasgevind het. Die \u201cvrywillige prysgawe\u201d waarvan hy praat, het hom die afgelope twee dekades herhaaldelik afgespeel, vanaf Roelf Meyer se aanvaarding van die sogenaamde \u201cPretoria-minuut\u201d tot Agri-SA se instemming tot grondhervorming of die Afrikaanse universiteite se angsvallige transformasie tot multikulturele, hoofsaaklike Engelstalige instellings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde proses van kollektiewe introspeksie soos wat Afrikaanse skrywers en filosowe die afgelope eeu bedryf het, is waarskynlik in elke taal en kultuur ter w\u00eareld gevoer, soos wat mense tot selfbewussyn gekom het en nie meer Latyn nie, maar hul eie tale begin skryf en lees het. In die twintigste eeu het ons die verbrokkeling van die groot ryke ervaar, waardeur \u2018n hele swetterjoel politieke en kulturele nasionalismes vrygestel is. Letterkunde en nasionalisme gaan hand aan hand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers het ek seker al die volgende woorde van die Duitse filosoof Peter Sloterdijk aangehaal, uit die Nederlandse vertaling waaroor ek beskik: \u201cIn essentie was het burgerlijke humanisme niets anders dan de volmacht de jeugd de klassieken op te dringen en de universele geldigheid van nationale geschriften te postuleren. Daarmee zouden de burgerlijke naties zelf tot op zekere hoogte literaire en postale producten zijn &#8211; ficties van een door het lot bepaalde vriendschap met verre landgenoten en met lezers, verbonden in sympathie voor auteurs die tot gemeenschappelijk bezit worden gerekend.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sloterdijk verwys verder na milit\u00eare diensplig vir jong mans waaruit insgelyks \u2018n nasie of volk gevorm word. Terwyl albei geslagte op skool die liter\u00eare kanon moet bestudeer, word seuns of jong mans verder verplig om in die weermag in patriotisme en \u2018n nasionale bewussyn geskool te word. Dit kan beskou word as \u201cdie Romeinse model\u201d, want uit klassieke Rome het hierdie manier van doen na die hele Westerse w\u00eareld oorgespoel. Di\u00e9 opmerkings van Sloterdijk verskyn in \u2018n boek, <em>Regels voor het mensenpark<\/em>, wat oorspronklik \u2018n hele herrie in Duitsland en heftige repliek van die neo-Marxistiese filosoof J\u00fcrgen Habermas, veroorsaak het. Onder meer het Sloterdijk die stelling gemaak dat die mens \u201cgetem\u201d of tot orde gebring moet word, wat sekerlik indruis teen die linkse of Rousseau\u00efstiese tradisie wat wil h\u00ea dat die mens \u201cgoed gebore\u201d is, maar deur die beskawing bederf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is geneig om met Sloterdijk saam te stem, want die \u201cverwildering\u201d van die mens onder toestande van anargie en wetteloosheid, is \u2018n re\u00eble probleem. Golding se roman <em>Lord of the flies<\/em> wat in Afrikaans as <em>Ryk van vlie\u00eb<\/em> vertaal is, beeld verwildering in \u2018n natuurstaat baie goed uit. Ons lees elke dag van gruweldade wat in ons eie land gepleeg word deur menslike fauna wat lank nie meer \u201cgetem\u201d word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar terug by radikalisme, die <em>b\u00eate noire<\/em> van ons beswaarde skrywer. Die Marxisme in al sy vorme is \u2018n radikale leer wat nasionale revolusie &#8211; ook die nasionale demokratiese revolusie (NDR) van die ANC &#8211; en selfs w\u00eareldrevolusie ten doel het. In 1989 het die Marxisme in Oos-Europa \u2018n groot terugslag beleef, maar in enkele lande ter w\u00eareld, soos Kuba, Noord-Korea, China en les bes, Suid-Afrika, is dit nog springlewendig. Die Amerikaanse universiteite, veral die fakulteite van geesteswetenskappe, verkeer insgelyks in die greep van een of ander \u201ckulturele Marxisme\u201d na die sogenaamde Frankfurtskool van Marcuse, Horkheimer, Adorno en hul dissipel, Habermas. Weens die invloed van Engels en die VSA op Suid-Afrika, kan ons met vrymoedigheid konstateer dat die meeste Suid-Afrikaanse universiteite ook lank reeds deur die heersende ideologie van kulturele Marxisme en revolusie verower is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Marquez het \u2018n nie-onaardige novelle met die titel <em>Die liefde in \u2018n tyd van cholera <\/em>geskryf. In Suid-Afrika kan ons egter praat van \u201cLetterkunde in \u2018n tyd van revolusie\u201d. Die radikalisme van die proses wat ons oorgekom het, veroorsaak dat alle veronderstellings, selfs ons kollektiewe en persoonlike identiteit daardeur bevraagteken word. Ons het gesien hoe die bestaan van die Afrikaanse letterkunde en van die meesal Afrikanerskrywers wat dit geskep het, deur sowel die staat as linkse of neo-Marxistiese akademici betwyfel word. Aan die Universiteit van New York byvoorbeeld, is daar \u2018n professor van vergelykende letterkunde, Mark Sanders, wat in sy boek Complicities: The Intellectual and Apartheid (2002) \u2018n berekende aanval op Van Wyk Louw as \u201capartheidsintellektueel\u201d doen, waarin hy steun op prof. Gerrit Olivier van Wits se proefskrif oor Louw.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sekere Afrikaanse skrywers, noem hulle maar die \u201cverlooptes\u201d (soos Antjie Krog?), wat ondersteuners van die nasionale demokratiese revolusie is, het ook reeds die begrip \u201cAfrikaanse letterkunde\u201d gerepudieer. Al wat nou oorbly, is die Engelstalige \u201cSouth African literature\u201d wat homself sedert die tagtigerjare as \u201canti-apartheidsletterkunde\u201d gekonsipieer het en sy diachronie parallel met die ANC-geskiedenis afbaken, met as belangrike datums 1912 (stigting), 1955 (\u201cFreedom Charter\u201d), 1969 (Morogoro-konferensie) en 1994 (oorwinning).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die denke van die nasionale demokratiese revolusie, is alles wat Afrikaans is, selfs ons standaardtaal of die Akademie se Afrikaanse woordelys en spelre\u00ebls, \u2018n blote \u201ckonstruksie\u201d van regse en rassistiese Afrikanernasionaliste. Ek meen prof. Hein Willemse van die Afrikaanse departement aan die Universiteit van Pretoria en redakteur van die <em>Tydskrif vir letterkunde<\/em>, het reeds hierdie standpunt ingeneem, in sy bydrae tot <em>Perspektief en profiel<\/em>. Daarin vewerp hy die kanon van die Afrikaanse letterkunde as \u2018n apartheidskanon. Die enigste letterkunde van waarde is op die oog af di\u00e9 van die \u201cvoorheen benadeeldes\u201d wat hulle op allerlei maniere teen apartheid uitgespreek en sodoende \u2018n versetsletterkunde geskep het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So spreek die hoogleraars uit die leerstoele aan die \u201cvoorheen Afrikaanse universiteite\u201d! Onlangs het ek ook \u2018n gesprek met prof. Adam Habib gehad. Hy is tans die viserektor van \u201cJoe-djy\u201d, die voormalige RAU. Volgens hom sal daar nooit weer \u2018n Afrikaanse universiteit wees nie, maar sal Afrikaans \u201cas taal\u201d wel iewers aan sekere universiteite gedoseer mag word. Daarvoor moet ons seker ons hande in dankbaarheid saamslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag wat my interesseer, is egter: Hoe reageer ons op die nasionale demokratiese revolusie wat ons op alle gebiede oorspoel en wat ook reeds die Afrikaanse letterkunde as \u201capartheidsmaaksel\u201d tot \u201cdie asblik van die geskiedenis\u201d &#8211; om Trotski se gevleuelde woorde te gebruik &#8211; verdoem het? Enersyds kan ons poog om, meesal sonder instellings of befondsing deur die staat, iets van die ou stelsel en die ou Afrikaanse kanon in stand te hou. Noem dit die konserwatiewe benadering, van \u201cte red wat daar te redde is\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter ook \u2018n ander benadering en dit is om self revolusie te begin voer. \u2018n Tyd gelede het Carel Boshoff IV en ander so \u2018n voorstel gedoen deur te beweer: \u201cEen revolusie roep \u2018n ander op.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien alles wat ons in hiedie land opgebou het, hetsy stoflik, hetsy geestelik, \u201cdeur apartheid en kolonialisme besmet is\u201d, dan kan ons ons mos ewe seer beroep op die nuwe, die revolusion\u00eare? In di\u00e9 sin kan byvoorbeeld alles wat tussen 1948 en 1994 gepubliseer is as die \u201capartheidskanon\u201d beskou word, ook die werk van die Sestigers soos Brink, Breytenbach en ander. Want is Brink en Breytenbach nie ook gekanoniseer in Afrikaanse koerante wat apartheid of afsonderlike ontwikkeling geondersteun het, deur resensente en kritici wat insgelyks \u201caandadig\u201d (complicit om saam met Sanders te praat) aan apartheid was nie? Was Andr\u00e9 Brink nie ook jare lank die boekresensent van Rapport, \u2018n publikasie wat apartheid voorgestaan het nie? En soos ons weet, was apartheid \u2018n misdaad teen die mensdom volgens die lede van die Afro-kommunistiese blok wat die Konvensie teen apartheid by die Verenigde Nasies ingestem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook om intellektuele en estetiese redes, behoort ons \u2018n agterdog teen die bestaande Afrikaanse kanon te koester. Want lank voor 1994 is Afrikaanse boeke reeds in terme van \u2018n soort ANC-logika of in die naam van die nasionale demokratiese revolusie opgehemel deur diegene wat hulself as die selfaangestelde \u201cvoorhoede van die revolusie\u201d gesien het. Tot onlangs het daar \u2018n universit\u00eare snobisme geheers waardeur die dosente aan universiteite wat skrywers was, hulself bokant die gewone siele in ander beroepe gesien het. Kollegas het mekaar se boeke gekeur of aangeprys in \u2018n bloedskandelike bedryf waaronder gehalte en goeie smaak gely het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rol wat die Broederbond gespeel het om aanstellings by die Akademie en aan die Afrikaanse universiteite te be\u00efnvloed, het ook gesorg dat \u201cbaantjies vir boeties\u201d dikwels gegeld het. Die verraad wat soveel Afrikaners in die onlangse verlede gepleeg het, ook om die Afrikaanse universiteite holderstebolder onder die ANC-regering se beheer te plaas, veroorsaak dat daar heelwat oorvleueling tussen \u201crevolusion\u00eare\u201d en \u201cbehoudendes\u201d was wat ter wille van eie belang eintlik bereid was om alle beginsels en maatstawwe oorboord te gooi. Transformasie en regstellende aksie het vir die res gesorg sodat ons vandag kwalik meer kan peil trek op enige liter\u00eare uitsprake of oordele wat vanuit akademiese geledere gevel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat \u2018n skrywer in Brittanje of die VSA of Frankryk geag word omdat hy een of ander veldtog teen sy eie mense gevoer het en sodoende gesorg het dat die onverkwiklike stereotipes oor Afrikaners en Afrikaans nog verder versterk word, is in my boek ook nie veel werd nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis egter nie te s\u00ea dat ons saam met die NDR-sikofante die baba met die badwater moet uitsmyt nie. In vele van die debatte en polemieke wat daar oor die afgelope eeu of wat in Afrikaans rondom taal en letterkunde gevoer is, bestaan daar riglyne vir hoe ons met letterkunde behoort om te gaan. Daar is ook al die Europese teorie\u00eb rondom kuns en letterkunde wat ons gerus in groter diepte kan bestudeer en waaruit ons kan put om Afrikaanse skrywers na waarde te skat. Vele van die probleme wat ons tans ervaar, is reeds deur skrywers in ander lande meegemaak waar daar revolusies plaasgevind het of waar taaldiskriminasie deur die owerheid toegepas is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot skrywers, soos die Rus Wladimir Nabokof byvoorbeeld, is dikwels oor \u2018n lang tyd deur hul eie regerings, kritici en amptelike skrywersverenigings verwerp, maar het agterna kultusfigure onder \u2018n jonger geslag geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers het Van Wyk Louw ook ges\u00ea dat \u201cpolemiek&#8230; die lewensbloed van die literatuur is\u201d. Oor sekere dinge, soos die Akademie se spelre\u00ebls byvoorbeeld, behoort daar konsensus te wees. Maar die soort gefabriseerde konsensus wat daar tans oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis bestaan of oor die meer onlangse kanon van \u201canti-apartheidskrywers\u201d behoort grondig gekritiseer te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarby behoort \u2018n register van Afrikaanse publikasies iewers op die internet bygehou te word, wat nie net boeke van groot of erkende uitgewers insluit nie, maar ook van kleiner uitgewers, selfgepubliseerde werke, e-boeke en internetpublikasies. Die nasionale demokratiese revolusie wat ons getref het, val ook saam met \u2018n tegnologiese revolusie wat insgelyks die boek soos ons hom ken radikaal gaan verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons kan in sak en as gaan sit oor Afrikanerdekadensie en die enorme kulturele verliese wat ons die afgelope tien, twintig jaar gely het. Of ons kan weer opstaan met die karige middele waaroor ons beskik en \u2018n skeppende en liter\u00eare revolusie in Afrikaans laat plaasvind. Soos ons voorgangers al soveel kere onder ewe moeilike omstandighede reggekry het.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display: none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope week of wat het daar \u2018n soort onderonsie of relletjie hom tussen Afrikaanse skrywers afgespeel rondom die voortbestaan van die skrywersvereniging Pretoria-PEN. Tydens \u2018n telefoongesprek tussen my en \u2018n ander skrywer het hy die beswaar geopper dat ek \u201cradikaal in die klassieke sin\u201d sou wees. Iewers in die sewentigerjare het \u2018n sielkundige van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11352\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":46750,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[167,7457,24757,4736,4940,19469,8058],"class_list":["post-11352","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaans","tag-antjie-krog","tag-f-a-van-jaarsveld","tag-letterkunde","tag-nasionale-demokratiese-revolusie","tag-peter-sloterdijk","tag-roelf-meyer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11352","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11352"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11352\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46751,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11352\/revisions\/46751"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46750"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11352"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11352"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11352"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}