{"id":11346,"date":"2011-10-28T04:44:51","date_gmt":"2011-10-28T04:44:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11346"},"modified":"2011-10-28T04:44:51","modified_gmt":"2011-10-28T04:44:51","slug":"katgeveg-breek-uit-by-die-da","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11346","title":{"rendered":"Katgeveg breek uit by die DA"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlement\u00eare leierskapstryd in die party nadat &#8216;n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar ondersteuning te werf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dene Smuts, veteraan van die DA, en Zille het openlik vir mekaar tande gewys nadat Smuts in &#8216;n sterkbewoorde verklaring ge\u00efnsinueer het dat Zille die rassekaart speel deur nie meriete as maatstaf te gebruik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het &#8216;n laagvat op Smuts gedoen tydens die perskonferensie om Mazibuko se oorwinning aan te kondig. &#8220;Interne demokrasie in die DA is lewendig en gesond. Dene protesteer te veel &#8211; sy doen haar werk baie goed by die wetgewer [maar] in hierdie geval het sy te veel geprotesteer,&#8221; het Zille ges\u00ea nalv Smuts se verklaring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Engels lui dit: &#8220;Dene doth protest too much&#8221;, &#8216;n uiters onvriendelike verwysing na die skuldige en parano\u00efese lady Macbeth.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mazibuko het Athol Trollip, die DA se nou gewese nommer een in die parlement, glo die loef afgesteek met 50 stemme teen 30. Zille wou nie die stemtelling bekend maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat joernaliste vrae gevra het oor Mazibuko se groot oorwinning, was Zille op die verdediging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek is &#8216;n volle lid van die parlement\u00eare koukus en ek sal afstand doen van my verantwoordelikhede as ek nie leierskap gee en as ek nie noue bande met die leierskap van die koukus het nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mazibuko, wat die dienste van &#8216;n openbare betrekkinge maatskappy ingeroep om haar openbare veldtog &#8216;n hupstoot te gee, is verder ondersteun nadat Zille Trollip by &#8216;n DA-vergadering probeer dwing het om terug te staan in die leierskapstryd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trollip het geweier om dit te doen. Gerugte wil dit h\u00ea dat anti-Afrikaanse eposse van Trollip direk na die vergadering deur die Zille\/Mazibuko-faksie met opset gelek is om Trollip voor die stryd in die verleentheid te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mazibuko (31) is die eerste swart vrou om die Nasionale Vergadering se amptelike opposisieparty te lei. Mazibuko sal Watty Watson as hoofsweep aanwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar ondersteuners is voorts tot die meeste kernposte verkies. Wilmot James is die&nbsp;nuwe koukusvoorsitter en sy adjunk is Marti Wenger. Wenger, wat glo Russies praat en van Poolse afkoms is, is die sleutelpersoon in Midvaal waar die DA ook die stadsraad beheer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mazibuko sal die DA se oorsig op president Jacob Zuma en sy adjunk, Kgalema Motlanthe lei.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=45664#.WeUPwit1uVo\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlement\u00eare leierskapstryd in die party nadat &#8216;n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het. DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11346","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11346\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}