{"id":11336,"date":"2011-10-26T06:09:52","date_gmt":"2011-10-26T06:09:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11336"},"modified":"2011-10-26T06:09:52","modified_gmt":"2011-10-26T06:09:52","slug":"malema-botswana-en-wikileaks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11336","title":{"rendered":"Malema, Botswana en Wikileaks"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Botswana het die moontlikheid van &#8216;n Africombasis vier jaar gelede oorweeg, volgens WikiLeaks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 onthullings kan volgens die M&amp;G ammunisie vir die ANC-jeugliga wees in die dissiplin\u00eare verhoor teen die leier, Julius Malema en ander liga-amptenare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema word onder meer aangekla in verband met sy oproep vir regimeverandering in Botswana. Hy het ook president Ian Khama as &#8216;n &#8220;imperialistiese marionet&#8221; beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder, het ges\u00ea die liga het geweet van die geheime samesprekings tussen Botswana se voormalige minister van buitelandse sake en nou Adjunkpresident Mompati Sebogodi Merafhe en die VSA. &#8220;Merafhe het ook gevra vir wapens van die VSA. Botswana is &#8216;n bedreiging vir die kontinent en nou word ons aangekla omdat ons dit s\u00ea,&#8221; het Shivambu ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ontmoeting tussen die Amerikaners en Botswana het egter vier jaar gelede onder die voormalige president Festus Mogae, en nie Khama nie, plaasgevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema het in Augustus ges\u00ea hulle &#8220;weet Botswana is in gesprekke om &#8216;n milit\u00eare basis vir die imperialiste oop te maak&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Wikileaks is &#8216;n kabel deur die Amerikaanse ambassadeur in Botswana, Katherine Canavan, aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake in Washington in Oktober 2007 gestuur, waarin Canavan en senior amptenare van die ambassade met Merafhe moontlike plekke vir Africom op die vasteland bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Canavan het ges\u00ea Botswana, saam met ander onge\u00efdentifiseerde Afrika-lande, word oorweeg vir die huisvesting van Africom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens &#8216;n verslag van 2007 deur &#8216;n Amerikaanse dinkskrum, onder die titel &#8220;<em>&#8216;n Groot probleem met ons beeld daar: Die vooruitsigte van &#8216;n Afrika-hoofkwartier vir Africom<\/em>&#8220;, het Botswana planne om Africom te huisves onder druk van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskap laat vaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Botswana se regeringswoordvoerder Jeff Ramsay het intussen geweier om die Mail &amp; Guardian se vrae te beantwoord. Ramsay het die Jeugliga se bewerings in Augustus afgemaak as &#8220;volslae gemors&#8221;.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Regsverteenwoordigers van die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal na verwagting vandag hul laaste getuies roep wanneer sy tugverhoor vanoggend in Johannesburg hervat.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema en ander leiers van die liga staan tereg op aanklagte dat hulle onenigheid in die ANC gesaai het en ook die party in die skande gesteek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC-veteraan, Winnie Madikizela-Madela en &#8216;n lid van die nasionale uitvoerende komitee van die party, Tony Yengeni sal na verwagting getuienis lewer. Die minister van Huisvesting, Tokyo Sexwale het ook vroe\u00ebr gepleit dat die komitee Malema genadig moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorsitter van die tugkomitee, Derek Hanekom, s\u00ea die komitee is verbind tot &#8216;n regverdige verhoor. Indien Malema skuldig bevind word kan hy moontlik uit die party geskors word omdat hy reeds vroe\u00ebr aan &#8216;n soortgelyke oortreding skuldig bevind is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hanekom s\u00ea die tugkomitee sal kort na die afsluiting van argumente op 3 November uitspraak lewer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Botswana het die moontlikheid van &#8216;n Africombasis vier jaar gelede oorweeg, volgens WikiLeaks. Di\u00e9 onthullings kan volgens die M&amp;G ammunisie vir die ANC-jeugliga wees in die dissiplin\u00eare verhoor teen die leier, Julius Malema en ander liga-amptenare. Malema word onder meer aangekla in verband met sy oproep vir regimeverandering in Botswana. Hy het ook president Ian &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11336\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema, Botswana en Wikileaks&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11336","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11336","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11336"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11336\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11336"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11336"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11336"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}