{"id":11307,"date":"2011-10-21T05:34:34","date_gmt":"2011-10-21T05:34:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11307"},"modified":"2011-10-21T05:34:34","modified_gmt":"2011-10-21T05:34:34","slug":"duurste-bank-word-duurder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11307","title":{"rendered":"Duurste bank word duurder"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van di\u00e9 bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. D\u00edt is enkele bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se tweede bankkosteverslag wat vandag deur die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy) bekendgestel is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag vergelyk die bankkoste van verskillende persoonlike bankrekeninge van die vyf groot handelsbanke, naamlik Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec, met mekaar. &#8220;Wanneer die goedkoopste rekeninge van die vyf banke wat in die SNI se verslag ondersoek is vergelyk word, is Capitec se Global One-rekening die goedkoopste. Di\u00e9 rekening se gemiddelde bankkoste oor agt verskillende gebruiksprofiele beloop R67,35 per maand en is sedert 2010 glad nie verhoog nie,&#8221; verduidelik Paul Joubert, senior navorser van die SNI. &#8220;Daarteenoor is Absa se goedkoopste opsie sy Silver Package-rekening. Di\u00e9 rekening se gemiddelde maandelikse bankkoste is egter meer as dubbeld as di\u00e9 van die Capitec-rekening en het boonop tussen 2010 en 2011 met 8%, van R140,90 tot R152,15, gestyg.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens die verslag is Standard Bank en Absa steeds oor die algemeen die duurste van die vyf banke in die studie, en Capitec en FNB die goedkoopste. Capitec het oorhoofs die goedkoopste transmissierekening, maar indien \u0149 kli\u00ebnt \u0149 oortrokke fasiliteit, tjekboek en kredietkaart direk aan die rekening gekoppel wil h\u00ea, het FNB oor die algemeen die goedkoopste lopende rekeninge. Nedbank is die derde goedkoopste bank.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bankkoste van verskeie kombinasies van maandelikse transaksies is op verskillende bestedingsvlakke bereken. Die ondersoek het net gefokus op die kernaspekte van transaksionele rekeninge om vergelykings so billik as moontlik te maak. Daar is ook net gefokus op persoonlike rekeninge. Besigheidsrekeninge is dus nie by die vergelykings ingesluit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Solidariteit se bankkosteverslag het verlede jaar tot \u0149 baie groter bewustheid oor die koste van bankdienste onder verbruikers gelei,&#8221; verduidelik Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. &#8220;Verbruikers doen nou meer moeite om ingelig te wees en is bereid om hulle persoonlike rekeninge te skuif om beter waarde vir geld te kry. Die invalshoeke in banke se onlangse bemarkingsveldtogte wat spesifiek op ingeligte verbruikers gemik is, wys dat banke nie meer op tradisionele lojaliteit kan staatmaak nie, maar moet meeding vir verbruikers wat daarop ingestel is om beter waarde vir hulle geld te kry.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SNI maan in die verslag dat verbruikers nie eenvoudig moet aanvaar dat die rekening wat \u0149 bank vir hulle aanbeveel, die goedkoopste opsie is nie. &#8220;By Absa, Standard Bank en Nedbank is die transmissierekeninge, wat as goedkoop bemark word, selde werklik die goedkoopste opsies,&#8221; verduidelik Hermann.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Hermann is die SNI se bankkosteverslag \u0149 goeie riglyn vir mense wat hulle bankkoste wil evalueer, maar elke individu se bankgewoontes is uniek. &#8220;Mense moet dus besluite neem op grond van hulle eie gebruiksprofiele,&#8221; s\u00ea Hermann.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Solidariteit Beweging het na aanleiding van die bekendstelling van die bankkosteverslag verlede jaar \u0149 aparte ondersoek oor die bankkoste van die groot handelsbanke se maatskappyrekeninge gedoen. Die Beweging het op grond van die ondersoek 35 van sy bankrekeninge van Absa na FNB geskuif.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van di\u00e9 bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. D\u00edt is enkele bevindings &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11307\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duurste bank word duurder&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11307","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11307","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11307"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11307\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11307"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11307"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11307"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}