{"id":11305,"date":"2011-10-21T05:13:58","date_gmt":"2011-10-21T05:13:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11305"},"modified":"2011-10-21T05:13:58","modified_gmt":"2011-10-21T05:13:58","slug":"et-eerste-was-uitklophou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11305","title":{"rendered":"ET: Doodshoue"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Eugene Terre&#8217;Blanche, AWB-leier, het waarskynlik op sy rug gel\u00ea toe hy &#8216;n kapwond aan sy kop opgedoen het, het &#8216;n patoloog Donderdag in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Ruweida Moorad het die wond in detail beskryf en ges\u00ea sy glo dit is die eerste wond wat Terre&#8217;Blanche in die aanval opgedoen het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is my opinie dat die besering aan die kop die eerste besering was, gevolg deur die gesig en toe die borskas en bobene. Di\u00e9 eerste tipe besering sou die oorledene bewusteloos maak.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kapwond het &#8216;n snyplek aan die brein veroorsaak. Terre&#8217;Blanche het veelvuldigde breuke aan ondermeer sy skedel en onderkaak opgedoen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terre&#8217;Blanche het ook kneus- en snyplekke aan verskeie dele van sy lyf, insluitend sy tong en lewer opgedoen. Al die beserings was aan die voorkant van sy liggaam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moorad het tydens die lykskouing geen beserings van &#8220;tipiese verdediging&#8221; gevind nie. D\u00edt dui daarop dat Terre&#8217;Blanche nie probeer het om sy aanvallers te\u00eb te sit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het saamgestem dat Terre&#8217;Blanche se beserings ooreenstem met di\u00e9 wat met &#8216;n panga toegedien is. Terre&#8217;Blanche is dood weens stomp geweld aan die kop, borskas en nek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Semen wat in foto&#8217;s op Eugene Terre&#8217;Blanche se lyk gesien is, is dalk afgevee voordat &#8216;n lykskouing gedoen is, het &#8216;n patoloog Donderdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dalk toe dit (die lyk) in &#8216;n lyksak vervoer is, het dit (die semen) afgevee. Ek weet regtigwaar nie,&#8221; het dr. Ruweida Moorad in die rondgaande hooggeregshof op Ventersdorp ges\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vog, glo semen, is gesien in foto&#8217;s wat op die misdaadtoneel van sy lyk geneem is. Die vog was nie sigbaar toe Moorad haar ondersoek uitgevoer het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moorad het ges\u00ea die lyk was gevries. Sy het op 6 April, drie dae n\u00e1 die moord op Terre&#8217;Blanche, &#8216;n lykskouing gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken waarskynlik dat twee belangrike items op die moordtoneel, naamlik die oorledene se onderklere en die beweerde semen, nie forensies getoets is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Polisielid, Bobby Sephiphi het Woensdag getuienis oor die di\u00e9 twee items gelewer wat nie vir ondersoek ingeneem is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terre&#8217;Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp, vermoedelik in &#8216;n dispuut oor lone, vermoor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die verhoor van twee plaaswerkers wat beskuldig word van die moord op die AWB-leier Eugene Terre&#8217;Blanche, is tot volgende jaar 30 Januarie uitgestel.&nbsp;<\/div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nikmedia.com.ua\/news\/view\/8982\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eugene Terre&#8217;Blanche, AWB-leier, het waarskynlik op sy rug gel\u00ea toe hy &#8216;n kapwond aan sy kop opgedoen het, het &#8216;n patoloog Donderdag in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. Dr. Ruweida Moorad het die wond in detail beskryf en ges\u00ea sy glo dit is die eerste wond wat Terre&#8217;Blanche in die aanval opgedoen het. &#8220;Dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11305\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ET: Doodshoue&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11305","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11305\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}