{"id":11284,"date":"2011-10-18T18:21:55","date_gmt":"2011-10-18T18:21:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11284"},"modified":"2011-10-18T18:21:55","modified_gmt":"2011-10-18T18:21:55","slug":"opspraakwekkende-getuienis-in-et-verhoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11284","title":{"rendered":"Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Twee mense wat van die moord op Eugene Terre&#8217;Blanche beskuldig word, was daarop uit om hom te vermink, het kapt. Jacobus Rautenbach in die rondgaandehof op Ventersdorp ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle was vasberade om hom te vermink,&#8221; het Rautenbach ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle wou hom uitwis.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rautenbach het ges\u00ea die misdaad is polities gemotiveerd en hou verband met die sang van die lied &#8220;Skiet die Boer&#8221; deur Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga. Die lied is intussen verban.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy [Malema] was in Zimbabwe toe die moord plaasvind, maar hy het die lied gesing en opdragte gegee. Hy het dit in die media geadverteer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chris Mahlangu en &#8216;n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre&#8217;Blanche in April verlede jaar vermoor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Eugene Terre&#8217;Blanche se broek was oop voor hy aangeval is, volgens &#8216;n forensiese kenner wat ook getuig het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dikwels sal &#8216;n persoon met &#8216;n bietjie van &#8216;n maag sy gordel en die boonste knoop losmaak [wanneer hy l\u00ea],&#8221; het lt.kol. Ian van der Nest getuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wanneer die liggaam op kom, sal die broek oopmaak.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt dui daarop dat Terre&#8217;Blanche se broek voor die aanval oop was, omdat sy gordel en ritssluiter oop was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bloedkolle is ook op die linkerkant van sy penis gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chris Mahlangu en &#8216;n minderjarige word daarvan beskuldig dat hulle Terre&#8217;Blanche in April verlede jaar vermoor het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van der Nest het in detail getuig oor die bloedvlekke op die mure, gordyne en deur en wat d\u00edt oor die misdaad verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het getuig dat die bloed in &#8216;n opwaartse rigting teen die muur beweeg het \u2013 &#8216;n teken dat hy op sy bed gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As die persoon regop was, sou die bloed by sy maag afgerol het na die gebied van die denimbroek. Dit is nie gesien nie,&#8221; het Van der Nest aan die hof ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van der Nest het ges\u00ea as Terre&#8217;Blanche terugbaklei het, sou hy beserings aan sy arms gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As die oorledene in &#8216;n posisie van selfverdediging was, sou sy arms in &#8216;n uitwaartse rigting wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorwerp wat gebruik is om Terre&#8217;Blanche te slaan, is soos &#8216;n bofbalkolf teen &#8216;n 90\u00b0C-hoek geswaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die matras was deurweek van bloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Baie groot bloedvlekke kan gevisualiseer word,&#8221; het Van der Nest ges\u00ea met verwysing na bloedvlekke op die muur agter die slaapkamerdeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Di\u00e9 vlekke is baie groter as impakspatsels. Dit dui daarop dat uitermatige geweld gebruik is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vlekke direk oorkant die kamer se ingang was rond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die deur en die deurraam wys bloed wat in &#8216;n opwaartse rigting beweeg, wat beteken dat die bron daarvan onder die nek moet wees.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/zaxid.net\/viktor_shokin_zvilniv_prokurora_harkova_n1341826\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee mense wat van die moord op Eugene Terre&#8217;Blanche beskuldig word, was daarop uit om hom te vermink, het kapt. Jacobus Rautenbach in die rondgaandehof op Ventersdorp ges\u00ea. &#8220;Hulle was vasberade om hom te vermink,&#8221; het Rautenbach ges\u00ea. &#8220;Hulle wou hom uitwis.&#8221; Rautenbach het ges\u00ea die misdaad is polities gemotiveerd en hou verband met die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11284\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Opspraakwekkende getuienis in ET-verhoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-11284","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11284","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11284"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11284\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}