{"id":11281,"date":"2011-10-18T06:38:48","date_gmt":"2011-10-18T06:38:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11281"},"modified":"2011-10-18T06:38:48","modified_gmt":"2011-10-18T06:38:48","slug":"eu-sny-hulp-aan-sa-china-indie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11281","title":{"rendered":"EU sny hulp aan SA, China, Indi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld se grootste skenker, die Europese Unie het Donderdag besluit om steun vir opkomende magte soos China, Indi\u00eb en Suid-Afrika in te kort en om te fokus op die w\u00eareld se armste lande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Europese Kommissie het ingrypende veranderinge aan die verspreiding van die EU-hulp onthul, en die kommer van internasionale liefdadigheidsgroepe gaande gemaak dat die besluit ten koste van die behoeftigste mense sal kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hervorming is dan ook daarop gemik om te fokus op sleutel-groeisektore soos landbou en energie, maar nie-regeringsorganisasies soos Oxfam en ActionAid het ges\u00ea die EU-maatskappye sal voordeel trek, terwyl dit &#8216;n &#8220;twyfelagtige impak&#8221; vir die armes inhou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons probeer tred te hou met die veranderende realiteite in die w\u00eareld en die manier waarop ons veg teen armoede daarvolgens aan te pas,&#8221; s\u00ea EU-ontwikkelingskommissaris Andris Piebalgs ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis hoekom ek vandag voorstel dat ons ons hulpprioriteite herfokus om te verseker dat die lande op die regte spoor bly ter bereiking van volhoubare en inklusiewe groei, Ek wil seker maak dat elke euro di\u00e9 wat dit die nodigste het, bereik,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 27-state van die EU is die w\u00eareld se grootste skenker, wat vir 50 persent van die w\u00eareld steun met 53,8 miljard euro verlede jaar ingestaan het. Die Europese Kommissie, die EU se uitvoerende arm, bestuur 20 persent van die steun, of 11 miljard euro.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kommissie het in &#8216;n beleidsverklaring ges\u00ea dat hulle die &#8220;volume en deel van die EU-hulp aan die lande skenk wat die meeste nood ervaar en waar die EU &#8216;n werklike impak, insluitende op swak state, kan h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal beteken dat steun aan die w\u00eareld se opkomende magte verminder sal word. Tussen 2007-2013, is sowat 980 miljoen euro geoormerk aan Suid-Afrika, 470 miljoen euro vir Indi\u00eb, 170 miljoen euro vir China en 61 miljoen euro vir Brasili\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander middel-inkomste lande soos Argentini\u00eb sal ook &#8216;n daling in steun sien, het Piebalgs ges\u00ea, en bygevoeg dat &#8216;n volledige lys teen die einde van die jaar vrygestel sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kommissie wil sy aktiwiteite beperk tot landbou en energie, asook goeie bestuur, sosiale beskerming, gesondheid en onderwys.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die w\u00eareld se grootste skenker, die Europese Unie het Donderdag besluit om steun vir opkomende magte soos China, Indi\u00eb en Suid-Afrika in te kort en om te fokus op die w\u00eareld se armste lande. Die Europese Kommissie het ingrypende veranderinge aan die verspreiding van die EU-hulp onthul, en die kommer van internasionale liefdadigheidsgroepe gaande gemaak &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11281\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;EU sny hulp aan SA, China, Indi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-11281","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11281","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11281"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11281\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11281"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11281"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11281"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}