{"id":1127,"date":"2007-11-27T07:08:33","date_gmt":"2007-11-27T07:08:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1127"},"modified":"2007-11-27T07:08:33","modified_gmt":"2007-11-27T07:08:33","slug":"zimbabwe-die-multikulturele-utopie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1127","title":{"rendered":"Zimbabwe: die multikulturele utopie"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit mag vreemd klink, maar toe ek onlangs oor Hillary Clinton opgelees het, het haar lewensverhaal my aan Zimbabwe laat dink. Sy was &#329; goeie, konserwatiewe meisie van Park Ridge, Illinois, wat die pad byster geraak het en in &#329; liberale en multikulturele feeks ontaard het. Gedurende haar eerste jaar aan Wellesley-kollege, was sy voorsitster van die Jong Republikeine. By 1968 se Republikeinse Nasionale Kongres in Miami het sy egter as ondersteuner van Nelson Rockefeller se kandidatuur &#329; intense renons in Nixon ontwikkel en ook &ldquo;bedekte rassistiese boodskappe&rdquo; by die kongres bespeur.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die multikulturele gety het nie net vir die arme Hillary oorspoel nie, maar ook hele gebiede ter w&ecirc;reld. In Suid-Afrika het die &ldquo;stryd teen rassisme&rdquo; gelei tot een van die mees diskriminerende stelsels wat daar nog ooit gesien is &ndash; maar wat tans teen blankes gemik is. Die konserwatiewe, pro-Westerse regerings wat voorheen deur blankes oorheers is, is vervang met radikale, Afrikanistiese bewinde wat &#329; w&ecirc;reldwye derdew&ecirc;reldrevolusie teen die Weste voorstaan.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Zimbabwe is ekonomiese, opvoedkundige, vervoer- en gesondheidstelsels besig om vinnig in duie te stort soos wat die ekonomie na die steentydperk terugkeer. Skole het so te s&ecirc; tot stilstand gekom en volgens &#329; onlangse berig in die Londense <em>Daily Telegraph<\/em>, word dele van die Universiteit van Zimbabwe tans in bordele omskep. Soos een vroulike student dit gestel het: &ldquo;Wat sou u doen indien u &#329; skamele Z$2 miljoen (omtrent R14) per semester ontvang?&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir die meeste Amerikaners of Europe&euml;rs, behoort Zimbabwe tot &#329; vae versameling derdew&ecirc;reldlande wat nie maklik op &#329; kaart te vind is nie. En tog is Mugabe se fanaties anti-blanke stelsel bloot die meer ekstreme manifestasie van die internasionale multikulturele beweging.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Zimbabwe is vir multikulturalisme d&iacute;t wat Kuba vir kommunisme is: die suiwerste uitdrukking van die geloof. Die Marxistiese sekul&ecirc;re godsdiens het Kuba destyds in &#329; kranklike Sowjetsattelietstaat verander. So suiwer was Castro se siening van kommunisme dat nie eens die ineenstorting van die Berlynse muur en die bevryding van Oos-Europa Kuba kon beweeg nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Eurokrate van Brussel hou van 8 tot 9 Desember hul spitsberaad in Lissabon waar Mugabe een van die genooide gaste sal wees, tesame met &#329; spul ander diktators en massamoordenaars uit Afrika. Verbasend genoeg het die Britse eerste minister, Gordon Brown, beswaar teen Mugabe se teenwoordigheid aangeteken.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&#329; Mens wonder waarom. Dit was juis Brittanje wat ekonomiese en milit&ecirc;re sanksies teen die ou Republiek van Rhodesi&euml; ingestel het en wat graag wou sien dat Kameraad Bob die land regeer. Die historikus Thomas Pakenham het in 1992 die Britse konsensus in sy boek The Scramble for Africa uitgedruk: &ldquo;Oor die laaste tien jaar, het Zimbabwe voortdurend die skeptici se monde gesnoer&hellip; Die heersers van die nuwe staat, wat deur te&euml;spoed in die tronk of in ballingskap gelouter is, het hul minderhede, swart en wit, met onverwagte selfbeheersing gehanteer.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dikwels word daar ges&ecirc; dat Afrika geen mislukkings ken nie, slegs wisselende grade van sukses. Om jou staat te plunder, etniese suiwering teen jou blanke burgers toe te pas en om jou eie bevolking tot hongersnood en siekte te reduseer, verteenwoordig vooruitgang, solank as wat dit tot die ondergang van die Weste bydra.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoBodyText\">Vele mense het teen di&eacute; tyd al ges&ecirc; dat multikulturalisme net nog &#329; vorm van kommunisme is, maar onlangs het ek begin dink dat multikulturalisme dalk erger as kommunisme mag wees. N&aacute; alles het Oos-Europe&euml;rs daarin geslaag om hul bevolkings op te voed, om hulle in ballet en klassieke musiek op te lei en op &#329; manier, sy dit dan op ietwat perverse wyse, tot die uitbreiding van die beskawing bygedra. Daarenteen neig multikulturalisme na barbarisme soos ons tans in Zimbabwe en Suid-Afrika kan waarneem. Anders as kommunisme, wat darem vir ons Prokofi&euml;f en die strelende sosiaal-realistiese argitektuur van Nowa Huta in Krakow nagelaat het, is multikulturalisme suiwer vernietigend.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/parket-ukladka.com\/blog\/ukladka-vinilovoj-plitki-na-faneru\">\u0443\u043a\u043b\u0430\u0434\u043a\u0430 \u043a\u0432\u0430\u0440\u0446\u0432\u0438\u043d\u0438\u043b\u043e\u0432\u043e\u0439 \u043f\u043b\u0438\u0442\u043a\u0438 \u043d\u0430 \u0444\u0430\u043d\u0435\u0440\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Danksy &#329; 15 000-persentinflasiekoers, wat die huidige w&ecirc;reldrekord is, het die meeste mense op aarde nou al van Zimbabwe gehoor. Verlede week is die vorige leier van die oud-Rhodesi&euml;, Ian Smith, in Kaapstad dood. Smith is in die laat sewentigerjare deur Brittanje verraai sodat Robert Mugabe die welvarendste staat in Afrika suid van die Sahara &ndash; benewens Suid-Afrika &ndash; kon oorneem.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,1077],"class_list":["post-1127","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-zimbabwe-die-multikulturele-utopie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1127","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1127"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1127\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1127"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1127"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1127"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}