{"id":11264,"date":"2011-10-16T06:57:45","date_gmt":"2011-10-16T06:57:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11264"},"modified":"2011-10-16T06:57:45","modified_gmt":"2011-10-16T06:57:45","slug":"voortrekkers-verlaat-natal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11264","title":{"rendered":"Voortrekkers verlaat Natal"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Monument aan Johanna Smit en die Voortrekkervroue\" alt=\"Johanna Smit-monument\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/10\/smit_johanna_monument.jpg\" width=\"251\" \/>Toe die Kaapse goewerneur verneem dat Smith hulp vra, het hy &#8216;n mag  onder kol. Josias Cloete per skip gestuur om die bele\u00ebrde garnisoen te  ontset. Cloete was lid van &#8216;n gesiene Kaapse familie. Die Natallers kon  nie verhinder dat hy land nie en het teruggeval na Pietermaritzburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cloete het aan die Zoeloes die reg gegee om beeste en perde van die  trekkers af te neem en teen betaling na hom te bring. In di\u00e9 proses het  Zoeloes verskeie trekkers vermoor. Hoewel party trekkers bereid was om  hulle te verset, het die Volksraad hulle aan die Britse gesag onderwerp,  onder meer weens die dreigende Zoeloegevaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat &#8216;n jaar later het Napier die toestemming waarop hy so lank  gewag het, gekry om Natal te annekseer. Hy het Henry Cloete, &#8216;n broer  van kol. Josias Cloete, as kommissaris gestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot was veral  die protes van die vroue, wat soveel moes opoffer vir die vryheid. Onder  leiding van Johanna Smit, suster van Gerrit Maritz en eggenote van  Erasmus Smit, het &#8216;n afvaardiging van 400 &#8216;n onderhoud met Cloete gevra.  Eers het Johanna Smit &#8216;n uiteensetting gegee van wat in die verlede met  hulle en hul volk gebeur het. Daarna het Johanna Mar\u00e9 &#8216;n smeekskrif  aangebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl sy besig was om dit aan hom voor te lees, het Cloete besluit  om die saal te verlaat. Die vroue het hom voorgekeer en mev. Smit het  verklaar: &#8220;Ons het goed en bloed gegee om onder die gehate vlag uit te  kom, en al moet ons kaalvoet en blootshoof oor die Drakensberg loop, ons  sal nie onder di\u00e9 vlag berus nie.&#8221; Nog &#8216;n vrou het ges\u00ea: &#8220;Ons voete is  deurgeloop en ons is moeg van die swerwerslewe en ontbering. Maar ons is  bereid om nog verder te loop. Ons is bereid om kaalvoet oor die berge  te gaan, die vryheid of die dood tegemoet.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds van 1842 af het die trekkers Natal begin verlaat. Pretorius en  sy ou kommandante Landman en De Lange het hulle probeer aanpas by die  nuwe omstandighede. Pretorius het in &#8216;n poging om Afrikaners en Engelse  op sosiale gebied bymekaar te bring, een aand &#8216;n deftige bal en dinee  aangebied met die keurigste geregte: lensiesop, skaapvleis, wildsvleis  met spek gestop, hoender, kalkoen, bobotie, sosaties, groenboontjies,  aartappelkoekies, blomkool, slaai en koue tong, ham en klein  toebroodjies, wyn en brandewyn, en as nagereg wafels. Ds. Lindley het  die tafelgebed gedoen, en Pretorius se toespraak by &#8216;n heildronk is sin  vir sin getolk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die lewe het ondraaglik geword. Straffeloos is vee geroof soos  aan die oosgrens. Herhaaldelik het Pretorius klagtes van veediefstal,  brandstigting en onveiligheid voor die bevelvoerende offisier in Port  Natal gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het in 1847 na Grahamstad gery om met die goewerneur, sir Henry  Pottinger, mooi te praat, maar di\u00e9 wou hom nie eens ontvang nie. Die  toestand was toe al so erg dat Pretorius se gesin van hul plaas gevlug  het. &#8216;n Swart dorp is daarnaby aangel\u00ea. Toe hy sy mense in Desember 1847  bereik, was hulle saam met ander vlugtelinge in &#8216;n laer langs die  Tugela. Maar waarheen kon hulle vlug? In die gebied tussen die Vaal en  Oranje was daar spanning tussen wit mense en Griekwas.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe die Kaapse goewerneur verneem dat Smith hulp vra, het hy &#8216;n mag onder kol. Josias Cloete per skip gestuur om die bele\u00ebrde garnisoen te ontset. Cloete was lid van &#8216;n gesiene Kaapse familie. Die Natallers kon nie verhinder dat hy land nie en het teruggeval na Pietermaritzburg. Cloete het aan die Zoeloes die reg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11263,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[],"class_list":["post-11264","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c116-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11264","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11264"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11264\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11263"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11264"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11264"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11264"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}