{"id":11262,"date":"2011-10-16T06:14:38","date_gmt":"2011-10-16T06:14:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11262"},"modified":"2011-10-16T06:14:38","modified_gmt":"2011-10-16T06:14:38","slug":"verraai-u-volk-stem-gerus-da","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11262","title":{"rendered":"Verraai u volk &#8211; stem gerus DA!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" \/>Afrikaners  beskik oor \u2018n hero\u00efese geskiedenis &#8211; of n\u00ed\u00e9. Want vir elke volksheld  tydens die Groot Trek of Vryheidsoorlo\u00eb was daar dalk \u2018n papbroek en  volksverraaier wat wou weghardloop of lustig met die vyand saamgewerk  het, dikwels vir eie gewin. In ANC-Suid-Afrika word Afrikanerverraaiers  as\u2019t ware op die hande gedra. Hulle is die nuwe helde waaroor ons  monopolistiese media swymel en wat medaljes by bekroningsgeleenthede  ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  ook die gewone man op straat wat nooit die orde van Mapungubwe &#8211; of  watter ander naam die ANC se medaljes ook al dra &#8211; gaan ontvang nie, kan  baie doen om Afrikanerverraad te bevorder. Hy of sy kan byvoorbeeld vir  die DA stem, soos vele Afrikaners reeds doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U  kan \u2018n vriend of kollega in die rug steek, elkeen om u bedrieg. Maar \u2018n  stem vir die DA is eintlik die grootste bydrae wat u kan lewer om die  Afrikaner se gewisse ondergang te bewerkstellig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  sy eenvoudigste ontneem elke stem vir die DA die Vryheidsfront van  befondsing deur die staat en die parlement\u00eare stelsel. Die Vryheidsfront  is die laaste oorblywende Afrikaner- politieke party wat aan die  formele politiek deelneem. As u dus \u2018n goeie hensopper wil wees, moet u  sorg dat di\u00e9 party in die 2014-verkiesing geheel en al verdwyn en met  oorgawe DA stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luister  vir die propagandameesters van die Nasperskoerante soos Beeld, Die  Burger en Rapport en beskou die uitwissing van die laaste bietjie  Afrikanerinvloed in die politiek as \u2018n nasionale prioriteit. Die  Vryheidsfront is die laaste politieke party wat die Afrikanersaak in die  parlement stel. Daarom behoort hy te verdwyn en slegs die DA en enkele  swart partye in die opposisie oor te bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke  goeie Afrikanerverraaier in die tradisie van Piet de Wet, Kortbroek van  Schalkwyk, Beyers Naud\u00e9, Braam Fischer en wie nog behoort die Black  Sash-vrou, mev. Helen Zille, met oorgawe te steun. Sy het reeds  Afrikanername van die Kaapse strate verwyder en kan nog baie meer doen  om ons erfenis uit Suid-Afrika te laat verdwyn. Haar swart prot\u00e9g\u00e9,  Lindiwe Mazibuko, verdien insgelyks u steun en dis verblydend dat \u2018n  lesersopname op een van die Nasperswebwerwe onlangs bevind het dat meer  as die helfte van lesers meen sy \u201cis \u2018n goeie idee\u201d!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lindiwe  Mazibuko is \u2018n natuurlike leier vir Afrikaners. Sy is jonk, swart en  vroulik, alles dinge wat in haar guns tel. Sy ondersteun ook radikale  grondhervorming en die ANC se Freedom Charter. Met haar as die DA se  parlement\u00eare leier, gaan dit amper beter wees om vir die DA te stem as  om ANC te stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom  ons wees eerlik, liewe Afrikanerverraaier. Hoe gouer die Afrikaner die  doodskoot in Suid-Afrika kan kry, hoe beter. Terwyl die Vryheidsfront  kliphard teen grondhervorming baklei en luidkeels teen plaasmoorde en  ander geweld beswaar maak, wil die DA ons mense van hul grond verdwyder  en bly die party tjoepstil oor plaasmoorde. U stem vir die DA kan die  Vryheidsfront permanent uit die parlement verwyder en sodoende \u2018n groot  bydrae tot nasiebou lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vryheidsfront is boonop die enigste politieke party wat  mediaverklarings in Afrikaans uitreik. Is dit nie \u2018n onding wat  uitgeroei moet word nie? Elke politieke party in die land behoort slegs  verklarings in Engels uit te reik en in Engels met die publiek te  kommunikeer. Soos die ANC byvoorbeeld. Of die DA. Of Cope.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke  stoere DA-ondersteuner behoort te weet dat die voortbestaan van die  Vryheidsfront \u2018n bedreiging vir die soomlose transformasie van  Suid-Afrika tot \u2018n Engelstalige Afrikaland soos Zambi\u00eb, Zimbabwe of  Kenia inhou. Die staat finansier die politieke partye en solank as wat  daar enkele miljoen rand per jaar aan \u2018n groepie Afrikaner-politici en  -aktiviste in die Vryheidsfront vloei, mag die Afrikaner dalk weer  opstaan om sy voortbestaan en sy regte in die land en internasionaal op  te eis. Dit mag nie gebeur nie. Die meesterplan van Lord Milner en mev.  Helen Zille to eradicate the last vestiges of Afrikanerism from South Africa moet verwesenlik word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Vryheidsfront is die enigste party in die parlement wat beswaar maak  wanneer die afskaffing van Afrikaans op skool en op universiteit ter  sprake kom. Al die voortreflike Engelsgesinde Afrikanerverraaiers daar  buite kan nie toelaat dat so iets langer geduld word nie. Al stem soveel  Afrikaners reeds DA, is dit nog nie honderd persent nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  u dus regtig \u2018n groot bydrae tot Afrikanerondergang wil maak, praat  gerus met u vriende om die braaivleisvuur. Oorreed hulle om DA te stem  en te sorg dat die laaste Afrikanerstemmetjie in die parlement finaal  stilgemaak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie  net sal dit \u2018n goeie ding wees as Afrikaners uit die politiek verdwyn  nie, maar ons volk verdien om deur jong, swart radikale en \u2018n paar  bejaarde Engelse liberale gelei te word. Ons land moet net soos elke  ander Afrikaland word, sonder Afrikanerlandbouers, -ingenieurs,  -wetenskaplikes, -administrateurs, -onderwysers, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Korrupsie? Misdaad? Ho\u00eb belastings? Tolpaaie? Watwou! Trek net u kruisie by die DA-blokkie, soos die meeste mense reeds maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder Afrikaners en veral Afrikaners in die politiek, kan die land net verbeter.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaners beskik oor \u2018n hero\u00efese geskiedenis &#8211; of n\u00ed\u00e9. Want vir elke volksheld tydens die Groot Trek of Vryheidsoorlo\u00eb was daar dalk \u2018n papbroek en volksverraaier wat wou weghardloop of lustig met die vyand saamgewerk het, dikwels vir eie gewin. In ANC-Suid-Afrika word Afrikanerverraaiers as\u2019t ware op die hande gedra. Hulle is die nuwe helde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-11262","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11262"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11262\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11262"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}