{"id":11249,"date":"2011-10-13T06:14:17","date_gmt":"2011-10-13T06:14:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11249"},"modified":"2011-10-13T06:14:17","modified_gmt":"2011-10-13T06:14:17","slug":"n-gelykheidsprokie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11249","title":{"rendered":"&#8216;n Gelykheidsprokie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In die jaar 2049 is die Nasionale Demokratiese Rewolusie tot sy logiese&nbsp;uiteinde gevoer. Alle vorme van ongeregtigheid en ongelykheid is uitgewis.&nbsp;Daar was weliswaar die kaders van die Party se sentrale komitee wat hulself&nbsp;in toestande van obsene welvaart bevind het; dit was immers nodig vir hulle&nbsp;in die uitvoering van hul pligte, maar die res van die bevolking was gelyk.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelyk het onder andere beteken almal, buiten die binnekring van die Party,&nbsp;was eendragtig misrabel, verarm en agterlik, maar was ook veel meer as dit;&nbsp;die bevolking moes met \u00e1lles gelyk wees.<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Die hoofbeampte van die Gelykheidsministerie, die formidabele virago Siphiwe&nbsp;Vice, met haar wilde boskaas kroeshare, haakneus en donderdye, het dit as&nbsp;volg verduidelik, stotterend en steierend oor die langer woorde, terwyl sy&nbsp;met moeite probeer lees het vanaf &#8216;n stuk wat &#8216;n toespraakskrywer vir haar&nbsp;geskryf het: &#8220;Dit help nie ons het bloot ekonomiese en opvoedkundige&nbsp;gelykheid nie.  Ware gelykheid beteken gelykheid in terme van intelligensie,&nbsp;gelykheid van voorkoms en gelykheid van liggaamlike vermo\u00ebns, want&nbsp;onaantreklike, onatletiese en onintelligente mense mag hulself nie&nbsp;uitgesluit voel nie. Die besit van enige genetiese voordeel is &#8216;n misdaad&nbsp;teen gelykheid en die mensdom.&#8221;   Siphiwe Vice was die produk van kunsmatige&nbsp;inseminasie met &#8216;n kader-skenker se sperm en &#8216;n dosent-ma, &#8216;n ma wat kort n\u00e1&nbsp;Siphiwe se geboorte vrywillig triomfantelik selfmoord gepleeg het in &#8216;n&nbsp;heldedaad van protes teen haar eie witheid. Di\u00e9 bevrugting was dawerend&nbsp;suksesvol daarmee om &#8216;n individu te skep wat niemand van hetsy&nbsp;intelligensie, hetsy aantreklikheid kon beskuldig nie. Volmaakte&nbsp;kadermateriaal, dus.<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Omdat daar sulke onregverdigheid bestaan het, het die Gelykheidsministerie&nbsp;verskeie maatre\u00ebls afgekondig: Bogemiddeld-intelligente mense moes &#8216;n&nbsp;toestel dra, soortgelyk aan &#8216;n gehoorapparaat, wat elke paar sekondes &#8216;n&nbsp;oorverdowende geluid in die ore van die intelligentes losgelaat het, om&nbsp;hulle gedagtegang te versteur. Aantreklike mense moes groteske,&nbsp;Quasimodo-agtige maskers dra, wat hul gelaatstrekke versteek het agter &#8216;n&nbsp;rubbervel vol kunsmatige puisies, skrefies vir o\u00eb, &#8216;n lae voorkop en bakore.&nbsp;Buitengewoon sterk mense moes oral met gewigte aan hulle vasgegespe&nbsp;rondbeweeg, sodat minder atletieses nie minderwaardig sou voel nie. Kortom:&nbsp;Almal wat &#8216;n onregverdige genetiese erfenis gehad het, moes &#8216;n&nbsp;gelykheidsvoorgee afstaan aan minder begaafdes.<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Soos Siphiwe Vice se toespraakskrywer dit gestel het: &#8220;Ons dring aan nie net&nbsp;op gelyke geleenthede nie, maar op gelyke uitkomste. Geen mens mag as gevolg&nbsp;van sy blote voorkoms, intelligensie of fisieke vermo\u00ebns  teen minder&nbsp;begaafdes diskrimineer nie, al loop hy net verby minder begaafdes op straat.&#8221;<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Afrikanerpaartjie, die Vermase, een van die min oorblywende&nbsp;Afrikanergesinne wat nog dom genoeg was om nie na die supermoondheid, China,&nbsp;te emigreer het nie, het in di\u00e9 gelykheidsparadys &#8216;n seun gehad, Pieter.&nbsp;Pieter was besonder intelligent, lank, gespierd en sterk. Nie net was hy &#8216;n&nbsp;atleet van formaat en &#8216;n briljante leerling op skool nie, wat selfs op&nbsp;sesjarige ouderdom reeds die eenvoudige telraamwiskunde kon doen wat op&nbsp;na-doktorale vlak aangebied is in die getransformeerde universiteite nie,&nbsp;maar was hy ook besonder aantreklik. Al die laasgenoemde was natuurlik &#8216;n&nbsp;onding wat geskrei het teen gelykheid, en kon dus nie geduld word nie.  Sy&nbsp;blote bestaan het aanstoot gegee, sy gesig het onaantreklikes maak voel na&nbsp;iets wat die kat ingedra het en die Vermase se bure het gevolglik gaan kla&nbsp;oor sy oormatige talente by die Gelykheidsministerie. Op die dag van sy&nbsp;vyftienjarige verjaardag het die Gelykheidspolisie by die Vermase se&nbsp;neerdrukkende woonstel opgedaag en Pieter kom verwyder.<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Sy ma en pa het kwalik agtergekom hulle kind was weg, omdat hulle te besig&nbsp;was om na die maandelikse Rugbyw\u00eareldbeker te kyk, waarin die nasionale&nbsp;span, die Hi\u00ebnas, telkens gewen het, omdat die buitelandse spanne met slegs&nbsp;vyf spelers moes deelneem. Transformasie onder die skeidsregters en van die&nbsp;re\u00ebls het dus hier ook gesorg dat buitelandse spanne wat fikser, sterker en&nbsp;takties beter was, nie kon wen nie. Die Vermase was telkens vasgenael en het&nbsp;nooit gewonder hoekom die toernooie altyd dieselfde gang gegaan het nie.<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Die dag n\u00e1dat Pieter weggeneem is, het Siphiwe Vice besluit om &#8216;n voorbeeld&nbsp;van hom te maak en hom op nasionale TV tereg te stel, &#8216;n gewoonte wat by die&nbsp;land se Chinese meesters oorgeneem is. In &#8216;n lang toespraak, wat telkens&nbsp;onderbreek was omdat sy hompe vetterige hoender vanaf &#8216;n oorlaaide tafel in&nbsp;haar bolwange gestop het en met whiskey afgesluk het, het sy onsamehangend&nbsp;te velde getrek teen kolonialisme, rassisme, voorkoms-isme,&nbsp;intelligensie-isme en al die legio ander misdade waaraan Pieter op grond van&nbsp;sy genetiese erfenis skuldig was. Hierna het Vice &#8216;n panga gebruik om die&nbsp;vasgebinde vyftienjarige wat misdade teen gelykheid gepleeg het,&nbsp;stelselmatig aan stukke te kap, terwyl sy drillerige danspassies uitgevoer&nbsp;het en soos &#8216;n viswyf rewolusion\u00eare haatslagspreuke gegil het, voordat sy in&nbsp;&#8216;n groteske hoop inmekaar gestort het en gelaaf moes word met nog Blue&nbsp;Label-whiskey.<\/div>\n<\/p>\n<p><div style=\"text-align: justify;\">Pieter se ma en pa was vaagweg bewus iets van effense belang was aan die&nbsp;gang op die TV, maar die gehoortoestelle in hulle ore het telkens hul aandag&nbsp;afgetrek, en spoedig het hulle belang verloor en oorgeskakel na nog &#8216;n&nbsp;rugbywedstryd op &#8216;n ander kanaal.<\/div>\n<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die jaar 2049 is die Nasionale Demokratiese Rewolusie tot sy logiese&nbsp;uiteinde gevoer. Alle vorme van ongeregtigheid en ongelykheid is uitgewis.&nbsp;Daar was weliswaar die kaders van die Party se sentrale komitee wat hulself&nbsp;in toestande van obsene welvaart bevind het; dit was immers nodig vir hulle&nbsp;in die uitvoering van hul pligte, maar die res van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-11249","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11249","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11249"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11249\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11249"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11249"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11249"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}