{"id":11243,"date":"2011-10-12T12:46:55","date_gmt":"2011-10-12T12:46:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=11243"},"modified":"2011-10-12T12:46:55","modified_gmt":"2011-10-12T12:46:55","slug":"mnr-padveiligheid-is-glo-roekelose-dronkbestuurder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=11243","title":{"rendered":"Mnr Padveiligheid roekelose dronkbestuurder"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die man wat getaak is met die land se padveiligheidsveldtogte het na bewering &#8216;n regeringsvoertuig bestuur terwyl hy dronk was.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thabo Tsholetsane, uitvoerende bestuurder van die Road Traffic Management Corporation, veg die afgelope paar maande in die hof dat sy dissiplin\u00eare verhoor van die beweerde dronkbestuurvoorval, wat meer as twee jaar gelede gebeur het, afgestel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tsholetsane is haaks met die korporasie na &#8216;n voorval in April 2009 toe hy na bewering dronk was terwyl hy op &#8216;n veldtog was om padveiligheid te bevorder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gesig van Suid-Afrika se padveiligheid het in die Johannesburgse Arbeidshof gepleit om die verhoor teen hom teruggetrek te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tsholetsane beweer dat hy 29 maande n\u00e1 die voorval erg benadeel is en persoonlike en finansi\u00eble skade gely het en het die Arbeidshof genader net voordat sy dissiplin\u00eare verhoor verlede week sou begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy beweer ook dat hy nie dronk was op daardie dag in April 2009 nie, maar erg aangerand is deur drie mans by &#8216;n kroeg, wat hom in die hospitaal laat beland het, en hy was afgeboek vir drie maande. Die bakleiery, s\u00ea hy, het gebeur op pad terug van &#8216;n padveiligheidsveldtog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Augustus 2009, is hy in kennis gestel van sy skorsing en dissiplin\u00eare verhoor vir Desember.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhoor is toe laat vaar en Tsholetsane se skorsing is opgehef. Maar drie maande later, is Tsholetsane vertel dat die korporasie &#8216;n regsmening oor die vooruitsigte van die dissiplin\u00eare verhoor ingewin het. Die advies is in September verlede jaar gefinaliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy aansoek is deur die Arbeidshof van die rol geskrap en Tsholetsane is beveel om die koste van twee senior advokate te betaal. Sy prokureur, Willem Scholtz, het ges\u00ea dat hulle nou aansoek sal doen om die saak op die rol geplaas te kry.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die man wat getaak is met die land se padveiligheidsveldtogte het na bewering &#8216;n regeringsvoertuig bestuur terwyl hy dronk was. Thabo Tsholetsane, uitvoerende bestuurder van die Road Traffic Management Corporation, veg die afgelope paar maande in die hof dat sy dissiplin\u00eare verhoor van die beweerde dronkbestuurvoorval, wat meer as twee jaar gelede gebeur het, afgestel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=11243\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mnr Padveiligheid roekelose dronkbestuurder&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-11243","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11243","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=11243"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/11243\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=11243"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=11243"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=11243"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}